Woord Speletjie

Dis weer Vrydag en speeltyd!

Die ene werk so: ek gee 5 random woorde, en ‘n onderwerp. Jy maak twee sinne waarin jy al 5 die woorde gebruik, en jy moet die onderwerp aanraak. Jy kan soveel keer soos wat jy wil saamspeel, op al drie onderwerpe.

Soos byvoorbeeld:

  • 5 woorde: Jack, stem, koring, grys en stadig
  • Onderwerp: Verskoning om uit die tronk te kom

Kom ons probeer!

  • 5 woorde: pelikaan, eier, elmboog, grass en mielie
  • Onderwerp: Eksamen

Nog ene

  • 5 Woorde: Tosser, Mense, website, melkman en webcam
  • Onderwerp: Karwas

So gee die onderwerp, en dan jou twee sinne. Dink buite die boxie!😆

Lekker naweek! Kom maak ‘n draai inni Kroeg vir ‘n loopsopie. {_}P

37 Responses so far »

  1. 1

    duppie said,

    nr 1 – verskoning om uit die tronk te kom

    Dis Jack wat die stem so kak sing soos daai grys rasta – te stadig en sonder enige flippen idee hoe dit klink. Enige iemand sal dan ge-koring raak en per ongeluk die ou timmer voor hom, en in die selle beland – sorry!

  2. 2

    Sharpshoot said,

    Verskoning:
    “Ek is jammer oor die grys koring Jack! Hoe moes ek weet dit sou jou stem stadig maar seker weg laat raak!?” : Skree-vra Elsie.

    Eksamen:
    Terwyl ek sit en leer op die gras gooi ‘n pelikaan sy eier op my elmboog. Maar hy het nie geweet hoe goed ek met ‘n mielie kan mik nie!

    Karwas:
    Die Tosser het my op sy website BELOWE dat hy en die melkman sal my als van karwas op die webcam wys! Sommige mense lieg net altyd!

  3. 4

    duppie said,

    Nr 2 – Eksamen:

    Met my een elmboog op die tafel en my ander hand op my mielie wonder ek hoe om die biologie vraestel te antwoord . Skielik tref dit my: die donnerse pelikaan se eier le in die gras versteek!

  4. 6

    duppie said,

    Nr 3 – karwas

    Die kaalgat karwasser girls vermaak die mense op die website “nude girls” dmv lewendige webcam. Huidiglik is hulle besig om die tosser jan die melkman se delivery bicycle te was.

  5. 7

    Plein said,

    Melkman Jan is die tosser wat die webcam gebruik het om sy website se nuwe Kaskar Karwas bekend te stel

  6. 8

    Plein said,

    Kom ons probeer weer, aangesien ek nie die reels gelees het nie.

    Onderwerp: Eksamen

    Tydens die afle van die kaskar bestuurseksamen moes ek mielies koes, ‘n pelikaan agtervolg, ‘n eier op die bonnet bak. Dan was daar ook die pleog van Jack se grys koring lande

  7. 11

    Chopper said,

    Die melkman is ‘n regte tosser. Terwyl die mense Saterdae karwas of braai,spandeer hy ure by die website waar die girl met die webcam haar klere uittrek en kap hy ‘n dratie.

  8. 12

    demoerin said,

    Eksamen:

    Juffrou is bietjie bekommerd waar sy die toetse sit en merk. want alhoewel sy die kinders aanmoedig om kreatief te dink, kan Jannie se eerste sin van sy gedig getiteld, “Pelikaan” net gevaar beteken:

    Net ‘n elmboog geplant in ‘n eier
    Is beter as die gras se kielie van ‘n mielie….

  9. 13

    demoerin said,

    Verskoning om uit die tronk te kom:

    “Vra maar vir ou Jack, dit is waar.” ” My stem is so stadig en grof oor ek al grys is, dit het niks met die koring-bier te doen nie.”

  10. 14

    demoerin said,

    Karwas:

    Te danke aan die webcam kamera by die karwas geinstalleer, kan al die dorp se mans wat weg is vir besigheid, inlog op die website, en saam met die ander mense van die dorp, hulself verwonder oor die feit oor hoeveel van die dorp se kinders die tosser van ‘n melkman as pa moet hê.

  11. 15

    Dellie said,

    Whahahaha! Baie creative sover!😆

  12. 16

    tweelingkind said,

    Ek het my nuwe karwas besigheid begin, min wetende dat ek so baie mense sal instroom. Maar die handsome melkman is my favourite customer veral as hy sy webcam saambring en ons genotvolle tydjies op sy website wil sit. Maar daar is n regte tosser ook wat wil join in die fun, maar sonder n webcam…wdf?

  13. 17

    Vlam said,

    Verskoning om uit die tronk te kom:

    Jack pleit in ‘n huilerige stem by die tronkhoof dat die koring van die kaf geskei moet word. Hy is in elk geval te oud, grys en stadig om kllippe te kap saam met die jong gevangenes.

  14. 18

    koeksister said,

    Verskoning om uit die tronk te kom:

    Jack skuifel-skuifel nader in sy grys oorpak sodat hy sy koring kan inskep en net voordat ‘n verblindende pyn agter sy rug inskiet hoor hy die skor stem in sy oor sê: “‘ Oog vir ‘n oog…….”

  15. 19

    tweelingkind said,

    Dis eksamen, almal sit doodstil en konsentreer in die lokaal. Jannie raak verveeld en dagdroom – sien homself as n pelikaan wat n groot eier lê op die gras. Maar die gras is nat en kielie sy mielie. Toe Jannie uit sy dagdroom wakker skrik, lê hy op die vloer in die eksamenlokaal en krap, krap sy mielie met sy elmboog en almal lag.

  16. 20

    koeksister said,

    Eksamen

    Terwyl ons in die klas sit en meneer ons toetse merk, gooi ek vir Pelikaan wat rustig op sy elmboog leun met ‘n eier, omdat die donner aspris op my mielie getrap het terwyl ons op die gras gestoei het.

  17. 21

    Smurf said,

    Verskoning om uit die tronk te kom:

    Grys ou Jack eet te koring stadig dit tas sy stem aan, en verstop sy hol.
    ………………………………………………………….
    Eksamen:

    Ek leun op my elmboog, wat se K*k vraag is dit die! .. Hoekom lê die Pelikaan ‘n eier in die gras terwyl hy ‘n mielie vreet? ; seker omdat hy kan! 😉
    …………………………………………………………..

    Karwas:

    Mense het die klein tosser van ‘n melkman lekker uitgevang waar hy porn kyk op ‘n website met ‘n webcam, terwyl sy vrou die kar moet was!

  18. 23

    koeksister said,

    Terwyl ek en die melkman kafoefel by die karwas, het die tosser van die karwas ‘n webcam opgestel en nou is ons kiekies op die website vir al die mense om te sien.

  19. 27

    Dellie said,

    eksamen

    tydens die pelikaan se vuurwapenlisensie eksamen, skiet hy ‘n mielie moertoe. agterna het hy sy elmboog te hoog gelig, en toe op die gras wakker geword met eier op sy gesig.

  20. 29

    Vlam said,

    ROFL! Nee, julle is heeltemal te pittig! 😆

  21. 30

    Morticia said,

    * 5 woorde: Jack, stem, koring, grys en stadig
    * Onderwerp: Verskoning om uit die tronk te kom

    In die aansoek om parool staan: Die bewaarders suip heeldag en heelnag Jack, hulle is hoeter getoeter op die job en stadig maar seker stem hulle my totaal negatief teenoor hierdie plek – my gemoed is grys en ek moet my stem nou hieroor laat hoor want ek moet uit hierdie koring plek uitkom want diegene wat die wet hier moet toepas hier is voltyds gekoring.

  22. 31

    Morticia said,

    * 5 woorde: pelikaan, eier, elmboog, grass en mielie

    * Onderwerp: Eksamen

    Meneer Pelikaan vra vir Mevrou Pelikaan dat sy moet ophou om bedags so elmboog te lig, maar sy vervies haarself en trek hom aan sy mielie en skop hom op sy eier waarna hy neerval op die gras met `n gekreun en gesteun.

  23. 32

    Morticia said,

    * 5 Woorde: Tosser, Mense, website, melkman en webcam

    * Onderwerp: Karwas

    Die melkman van Colighny gaan hom toekak as die mense van die dorp uitvind wat vang hy aan met sy webcam, die meeste weet nog nie eens dat hy sy eie gay website het nie – behalwe die dominee – maar `n tosser plek as Colighny kry mens nie, en `n moffie moet maar sy eie vermaak reël as dit moet!

  24. 33

    koeksister said,

    Uitstekend Morticia,😆

  25. 34

    Dellie said,

    Karwas

    Ek gaan nou saam mense wie ek ken, die melkman kak voer via sy webcam. Die tosser het mos gedink hy kan ‘n website opsit oor hoe pelikane die kar was. 😆

  26. 36

    Retha said,

    Die moeilikheid as mens moet leer vir die eksamen, dink die pelikaan, is dat alles- insluitende die groen gras en die mielies daar buite- ewe skielik interessanter is as wat mens moet memoriseer. Ek moet die anatomie van die elmboog bestudeer, nie die spikkels op my eiers nie.
    ——————

    Jack was so gekoring toe hy die misdaad sien gebeur het, dat hy stemme gehoor en gesigte gesien het. Dis waarom hy getuig het ek, wat al hopeloos te oud en grys en stadig vir sulke dinge is, het dit gedoen.

  27. 37

    Koekie said,

    •5 Woorde: Tosser, Mense, website, melkman en webcam
    •Onderwerp: Karwas

    “Oom Tosser was baie bekend in Paternoster. Mense was stom geslaan toe die “melkman-video” op ‘n website verskyn. Dominee se vrou en die melkman tussen die borrels by Apie se karwas… Alles vasgevang op Oom Tosser se webcam!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: