Etiket vir Kroegvlieë

Ek was in die gelukkige posisie om gister saam met ‘n internet maaikie te kon gaan sushi eet. Gesels mekaar al lank raak, en toe besluit ons dis tyd, want ons bly in elk geval nie so ver van mekaar af nie!

Dit was heerlik, sy is ‘n lieflike mens, en ons was sommer dadelik gemaklik met mekaar – dis hoe ek gevoel het anyway! Ons het lekker geëet, lekker gesels …

Maar my maters inni Kroeg was effens bekommerd oor my kennis van etiket … en hierdie was hulle raad voor die tyd … 😆

is fensie as jy witwyn drink – nie bier uit die blik uit nie – lol

mens mag ok nie burp as jy sushi eet nie hoor

…. en jy vra vir ‘n doggy bag – jy krap nie die goed in jou handsak in nie ok !

en los die messe en glase en goed hoor Dellie

En jy steel nie die soutpot of peper grinder nie

Ook nie die stoel of tafel nie

…. en jy sê “verskoon my” as jy moet draai loop – nie “houvas my skyf ek gaan pis nie” – ok

En jy sit gevoude bene, Dellie, nie oopketel nie

Met broek sit jy nogsteeds mooi

En moet nie die waiter vra om sy bob te sien nie

En jy gebruik nie die P-woord nie

Jy mag wel die waiter mock

En maak tog seker jy trek meer as net jou leaf aan hoor

En as die mense by ander tafels nie hulle kos opeet nie, moet nie se jy wil dit hê nie

Daar is net een groot no-no – moenie die bord uitlek as iemand kyk nie

Dellie, en onthou om nie jou voete op die tafel te sit nie

… en moenie jou vingers te sensueel aflek as jy klaar geëet het nie Dellie

dellie, en onthou, sushi is rou, so moenie die waiter uitkak as dit nie gaar is soos vis&tjips nie

jip – moenie vra vir meduim to well done nie

… en die wyn kom nie in boxe nie – moenie daarop insist nie

Whahahahaa – thanx julle! Dit het toe darem sonner voorval afgeloop! 😆 Behalwe vir twee dames wat gedink het ons bly hopeloos te lank weg. Een bel actually die restaurant – en sê die arme waiter aan om my te kom vertel ons het nou lank genoeg gekuier, en moet nou terugkom Kroeg toe. 😆 Daai arme waiter was so verward … en dit was skreeusnaaks!

Advertisements

34 Responses so far »

  1. 1

    Phibbie said,

    bwhahahahahhahahahhahahahahhaha true true true

  2. 2

    Plein said,

    Wahahahahahahahahahahahahahaah, dit was funny

  3. 3

    Plein said,

    Dellie – twee dames??? Ek dog dis die drie manne gewees??? *dood onskuldig*

  4. 6

    Chopper said,

    Ek weet van niks. *onskuldig*

  5. 8

    twattie said,

    Ek weet rêrig êrig kepêrig van niks,nannies!!

  6. 9

    Smurf said,

    Ek kon my indink dit kon skreeu snaaks gewees het.

  7. 10

    Sharpshoot said,

    Is dit net ek of sneeu dit op jou blog Delsch!?

  8. 12

    demoerin said,

    O julle is ‘n klomp narre 😆

  9. 13

    muffia said,

    cool – ek kan glo julle het dit geniet – ons is actually bietjie jealous gewees – genuine !

  10. 14

    Alta said,

    bwaahahahahhahahahha, Dellie, ek hoop jy onthou al die etikette!

  11. 15

    Retha said,

    Bwhaaa, Dellie! (Klink of jou vriende maar versigtig moet wees om jou iewers heen te vat, LOL!)

  12. 16

    Vlam said,

    😆 “Jy mag maar die waiter mock”

    Wanneer gaan drink ons eendag ‘n dop? He? 🙄

  13. 18

    bergslaai said,

    Wat moet ek doen om ‘n drankie te kry?

  14. 20

    duppie said,

    Kry mens slapchips saam met sushi – en hoekom is dit so koud hier?
    o dit sneeu!

  15. 22

    parkes1 said,

    Ons het elke Desember sneeu op ons blogs, dis nou om Kersfees te vier julle

  16. 23

    Retha said,

    Dellie, bly jy ook in Welkom soos ek?

    • 24

      Dellie said,

      Ja Retha! Ekt nie geweet jy is ook in Welkom nie!? Jy kon saam kom sushi het! Ek gaan jou kontak volgende keer! 😉 Weet jy van nog mense in ons valley?

      • 25

        Retha said,

        Ek ken nie nog internet-mense in welkom nie. Sal graag met jou wil kennis maak.

        As ek saam kom sushi het, sou jou maats my ook bietjie etiket tips gegee het?

  17. 26

    George said,

    Ek sien ek kan nog hier as George comment, in die Kroeg is ek Smarties, sal my nicks moet uitsort, effe dom met die goed. Oulike blog, lees maklik.

  18. 28

    ekisanna said,

    Dankie Dellie, nou weet ek ook sommer hoe om my te gedra. Volgende Sushi keer gaan ek definitief vra dat dit medium rare moet wees, net om my mense se reaksie te sien!

  19. 30

    boervrou said,

    Lyk my jou pelle het nie veel vertroue in jou nie, of… hulle ken jou al lank!!! (grap net)

    Nou probleem: die kroeg se my mail adres en password pas nie???? Nou sit ek maar droe bek 😦

  20. 33

    smurfi said,

    Dellie, Hoe laaik jy Smurf se nuwe look? is ek sexy genoeg om ook in die kroeg te kom gesels?? … was by die “Glam Guru gewees! 😆


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: