Vrede vir julle

En so kom nog ‘n jaar op ‘n einde. Hoe vinnig gaan die tyd nie verby nie!

Ekke is nie goed met speeches en sulke goed nie, en om iemand uit te sonder is vir my onmoontlik. Dus, aan almal van julle wat ‘n spesiale plekkie in my hart het, julle weet wie julle is:

Sommige dae was dit vir my moeilik om die lewe in die oë te kyk – maar somehow het ons al so close geraak, dat jy kon aanvoel iets is nie lekker nie. Dankie dat jy die moeite gedoen het om my te mail, te bel, of op skype te kontak. Dankie vir jou oor, jou skouer, jou raad en sommer net daar wees. Dankie dat jy nooit oordeel nie, en dankie vir die teregwysings.

Dankie dat jy my sommige situasies en dinge uit ‘n ander oogpunt laat sien het en so my horisonne verbreed het. Dankie dat jou onselfsugtigheid my weer in mense se goedheid kan laat glo. Dankie dat jy my verdedig het toe ek dit nie self kon doen nie. Dankie dat jy glo in my, en weet dat my bedoelings opreg is.

Dankie vir al die ure en ure se lekker lag tot my maag pyn en die trane loop, die pret met die foto’s en die woordspeletjies. Dankie dat jy vir my jou getinte bril geleen het, sodat ek die silwer randjie kon vind. Vir die vertroue wat jy in my het, vir die vertroue wat ek in jou kan hê.  Dankie dat ek my masker kan afhaal by jou en net wees wie ek is.

It’s time to say, “Good-bye.”
Our year has come to an end.
I’ve made more cherished memories
And many more new friends.
I’ve watched you learn and grow
And change from day to day.
I hope that all the things we’ve done
Have helped in some small way.
So it’s with happy memories
I send you out the door,
With great hope and expectations
For what next year holds in store.

Mag julle ‘n besonderse geseënde Kersfees beleef! Ons kuier weer ernstig volgende jaar!

Vir die wat met Jan Tuisbly se karretjie ry, die Kroeg sal oop wees as julle wil kom kuier. Onthou net, moenie drink en bestuur nie, en moet ook nie bestuur nadat jy gedrink het nie.

Kom veilig terug asseblief? 😉

Advertisements

25 Responses so far »

  1. 1

    betsieboop said,

    Delsch — jy is tog so ongelooflik kosbare en unieke mens. Dankie vir JOU geduldige ore en skouers al dra jy aan jou eie seer het jy altyd tyd en raad vir ander.

    love u longtime Dellie

    bets het BAIE by jou geleer — dankie daarvoor

  2. 2

    Chopper said,

    Dankie vir jou ook, Dellie, en mag jy baie lekker feestyd hê.

  3. 3

    Sharpshoot said,

    Prost Delschie, Prost!

  4. 4

    Phibbie said,

    Jy moet ‘n ongelooflike geseende tyd he. Tyd bring dink….try daai vermy. HIehiehiehiehie. strongs!

  5. 5

    Savanha said,

    Dankie vir jou ook my maatjie, hoop jy het ‘n wonderlike kersgety vol vreugde en liefde! 😉

  6. 6

    Smurfi said,

    Dellie ek wens jou net alles wat mooi is toe.

  7. 7

    Vlam said,

    Ai, hierdie ooraktiewe traankliere van my…

    Dellie, geseende feestyd vir jou. En volgende jaar, 2010, dan ry jy hom behoorlik bloots! Heehaa!! 😉

  8. 8

    Xena Phoenix said,

    Geseende Kersfees.

    Mag die Christuskind se vreugde en vrede jou deur 2010 dra.

  9. 9

    parkes1 said,

    Dellie hoop jy het n heerlike kersfees en ek sal verseker nou en dan by die kroeg kom inloer, En mag die nuwejaar net geluk en voorspoed vir jou inhou!!!
    En baie dankie vir jou vriendskap!!!

  10. 10

    sharon-cathryn said,

    dells – dit was n ongelooflike voorreg om juis vir jou te ontmoet. jys positief, vol pret en jys een vd mense wat dadelik met jou klein voetjies in my hart ingestap het. EN OUENS…. EN GIRLS… DELLS IS IEMAND WAT JY KAN AANTREK EN UITVAT!!!!!! SY KEN ETIKET 😉
    ons sushi-uiteet was great!!! volgende keer maak ons weer so en ek hoop meer kan saam met ons dit doen.

    vir jou en jou gesin – n baie mooi feesgety – vol liefde en samesyn. dankie vir jou vriendskap dells en dankie vir die voorreg om so n mooi mens soos jy te ken.

    aan al die ander vriende… julle is n great klomp mense – julle is uniek en julle sal die spreekwoordelike 7 sakke sout opeet saam met almal. mwah…. have a great Christmas and peeps – drive safely and see you all again next year

    love you all
    xxx

  11. 11

    Tweelingkind said,

    (((Dellie))) Dankie, en al daai selle goed vir jou ook. JY is die een wat ons ook n skouer gegee het, jy is n besonderse mens en dis n voorreg om jou te ‘ken’. Lekker vakansietyd vir jou en moenie die (_) (_) (_) vergeet nie! ♥ ♥ ♥

  12. 12

    Jade22 said,

    Dellie, ek weet ek het nog nie hier kommentaar gelewer nie maar ek lees gereeld. Ek wil net sê, ek het jou leer ken die afgelope 2jaar en dit is altyd lekker om met jou te gesels. Jy is ‘n vriendin duisend en glad nie op die bek geval nie. Dit is juis die eienskap van jou wat dit lekker maak. Jy kan ernstig wees, maar ook prettig. Baie dankie vir ‘n goeie jaar daam met jou, Mag jy en jou familie geseënd wees en kom laat ons die nuwe jaar saam betree.

    Net soos jy oor jou virende voel so voel ons oor jou. Moenie verander nie en weet jy is belangrik in ons lewens.

    Geseënde Kersfees Dellie en dankie.

  13. 13

    demoerin said,

    Geseënde feestyd vir jou en jou familie ook….. ek werk…. so ek sal bietjie geselskap in die kroeg kom opsoek.

  14. 14

    duppie said,

    Hi juffie – jy moet ook ‘n skitterende fees seisoen beleef!!!

  15. 15

    Weglekind said,

    Dellie al wat ek kan se is ditto….. Jy is ‘n great vriendin. Hoop jy en jou gesin het ‘n wonderlike Kerstys en ‘n FAB Nuwe jaar.

  16. 16

    Koekie said,

    Ola Dellie!

    Almal hierbo het alles al gesê wat ek wou.. Jy is een uit ‘n duisend Delschie! ‘n Hart van goud.

    Lekker kersfees vir jou ook Dellie maar ek gaan beslis nog ‘n dop kom drink inni kroeg voor krismis so ek sal al die krismis wense los tot dan.

    ((Dellie))
    xx

  17. 17

    twattie said,

    Jip, almal het die mooi en slim woorde klaar gebruik, maar ek sê dankie uit hartjie vir jou en almal wat my maaikies is. Julle maak my dag soveel meer draaglik.
    Dellie, jy’s onmisbaar, jy bring soveel mense bymekaar uit – dis amazing!
    Ek wens vir julle ‘n ware Christus fees.
    Liefde en huggs.

  18. 18

    Toast said,

    Heppie heppie…… :soen:

  19. 19

    Antie Koekie said,

    Dellie my ding, los jy ons klomp Jan-tuis-blyers sommer net so? Hoe moet ons cope? En daar waar jy en geliefdes gaan, is daar dan nie ‘n opwen PC nie? A nee a, ek dog ek kom vlge week koffie drink by jou!!!!
    Maar, dankie vir al jou mooi skrywes; rus lekker uit en kom vol inspirasie terug, OK?
    Sal jou vaaand in die “kroeg” sien, was mos nog nie daar nie.
    Dankie dat jy, jy is—— one in a freakin million!

  20. 20

    Alta said,

    Ek se ok DITTO dellie. Happy holidays ne! 😉

  21. 22

    Biker Bess said,

    ‘n Geseënde Kersfees vir jou, jou gesin, Muffia en gesin!
    Mag jul ‘n wonderlike tyd hê!
    Alhoewel ek nou nie baie hier skrywe nie, “rooflees” ek wel. Nie altyd iets te sê nie.
    Aan al die ander mense wat hier kuier, ‘n Geseënde Kersfees ook vir julle.
    Tot ons mekaar weer raakloop, Jesus vrede vir julle!

  22. 23

    Eben said,

    Ai my liewe vriendin. Jy weet van almal was ek seker die minste hier. Ek dink terug na die ‘begin’ jare toe ons almal so uniek bymekaar was. Ons was so klein groepie gewees, jy, Boendoe, Botter, Annie, ens ens …. toe word almal groter en groter en op die pad soveel veranderinge. Ek kan onthou hoe ons gesels het in daardie staduim toe en on Tanzania en Mozambique gewerk het …. al die raad en skouer. Onthou jy nog Botter se babatjie … hoe ons so opgewonde was soos sy, en vandag is sy steeds ons eie klein Bottertjie! Boeddoe se gesukkel met visums …. geduld geduld wat sy elke keer aan die dag moes lê. Kan jy onthou … Boedoe se boerbokke? …Tamaties ….. hakke? gie gie !!

    Vandag het ou Eben leterlik nie meer tyd om saam te gesels nie. Daar is soveel om te doen by die werk …. klein jakkalsies ens! Maar wat wonderlik is, dat ons nog kontak met mekaar het, al is dit via F/B.

    Ek wens vir jou en die manne in jou lewe ook ‘n wonderlike, mooi en veugdevolle feestyd toe. Mag dit wat julle beplan genotvol wees. Tonne groete en lovies …..

  23. 24

    koeksister said,

    (((Dellie)))) ek wens al die beste vir jou en joune!

  24. 25

    BB said,

    Cupcake – amper het ek nou huistoe gegaan 😯 sonder om jou te kom groet!! Geseënde Kersfees girl! Dankie vir jou lewensvreugde en consistent kindness en gentle spirit dwarsdeur die jaar. Have a wonderful festive season and a grrrrrrrrrreat 2010!!!! xx


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: