Vir Weggie

Weglêkind het vir my die e-mail gestuur wat ek glo MOET antwoord en terugstuur … toe dog ek, hier gaan anyways niks aan op my blog nie, so ek antwoord sommer hier, en dan kan julle ook saamspeel. Dis tog interessant om meer oor mekaar uit te vind …

WAT IS JOU DOOPNAME? Sjoe, gelukkig ‘n maklike een om te antwoord  – net Adél. (Jy kan maar sê ‘pass’ op die ene, maar probeeer bietjie dapper wees?)

IS JY VERNOEM NA ENIGE IEMAND? Blykbaar was daar toe ek gebore is, ‘n vervolgverhaal op die radio waarin die heldin se naam Adél was.

HOU JY VAN JOU EIE HANDSKRIF? Ja. Maar dit verander ook soos my mood.

WAT IS JOU GUNSTELING MIDDAGETE? Slaai met blare, komkommer, tamatie en kaas

AS JY IEMAND ANDERS WAS, SOU JY JOU VRIEND WOU WEES? Ja, ek dink so. Ek is seker nie rerig so evil soos wat Frank dink nie….

HET JY N DAGBOEK? Nee – some things are better left unsaid! Die naaste wat ek aan ‘n dagboek kom, is seker hierdie blog en FB. Ek het wel ‘n dagboek waarin ek afsprake aanteken

HET JY NOG JOU MANGELS? Nee. Dis uitgehaal toe ek 20 was, en dit was horribaal seer.

SAL JY BUNGEE JUMP? Nee, ek dinki so nie. Maar ek wil wel valskerm spring voor ek doodgaan.  Ek en Seun wou dit die jaar doen, maar hy is mos weer aan die travel, so dit sal nog so bietjie moet wag.

WAT IS JOU GUNSTELING ONTBYT? As ek nie diet nie? Mmmm – spek, eiers, tamatie, kaas en toast. Daar moet appelkooskonfyt oppi toast wees, die eier moet sunnyside up wees, en die kaas daaroor gerasper. Maar dit MOET wit brood wees, bruin toast is jukkie!

MAAK JY JOU SKOENVETERS LOS AS JY JOU SKOENE UITTREK? Nee.  Enigste skoene wat ek het met veters, is tekkies. En dis so vasgemaak dat ek dit aan en uittrek sonner om los te maak.

DINK JY JY IS STERK? Emosioneel, ja. Liggaamlik, nie vreeslik nie. Maar ek kan self ‘n mayonnaise bottel se prop afdraai!

WAT IS JOU GUNSTELING NAGEREG? Death by chocolate

SKOEN GROOTTE? 6 vir my linkervoet, en 5 vir my regtervoet. Maar ek kan nie twee  pare skoene koop elke keer nie, so 6.

ROOI OF PIENK? Hoer-rooi, dankie!

WIE / WAT MIS JY DIE MEESTE? My ma. Ek is spyt sy het nooit my kind leer ken nie.

WAT IS DIE LAASTE DING WAT JY GEëET HET? ‘n Stukkie kaas snacktime

WAT DOEN JY OP DIE OOMBLIK? Duh! Ek beantwoord hierdie vrae!  Maar ek is ook  besig op FB, gooi af en toe ‘n comment inni Kroeg, en beantwoord die foon wat heeltyd lui.

AS JY N INKLEURKRYT WAS, WATTER KLEUR SOU JY WOU WEES? Groen of course!

WAT IS JOU GUNSTELING REUK? Daar is ‘n paar – die grond na ‘n reënbui, vars gesnyde gras, koffie vroegoggend, en sommige mans se aftershave ruik absoluut hemels

WIE WAS DIE LAASTE PERSOON MET WIE JY GEPRAAT HET? ‘n Voornemende student op die foon. En  Pleintjie inni  Kroeg, en ‘n pel op skype – almal amper gelyk


WAT IS DIT WAT JY EERSTE OPMERK VAN IEMAND? Oë en glimlag. En moenie lag nie, maar ek kyk ook hoe lyk mense se tone … weird, ek weet, maar ek kan myself nie keer nie!

GUNSTELING DRANKIE? Dis tussen bier en Jägermeister, maar ek drink eintlik enigiets

WATSE KLEUR IS JOU OE? Groen

DRA JY KONTAKLENSE? Nee, en die worse het my bril opgevreet waarmee ek moet bestuur en TV kyk. Dis hoekom ek nie TV kyk nie, en iemand anders stuut om my shopping te gaan doen. Maar ek is nie blind as a bat nie hoor!

SCARY FLIEKS OF GELUKKIGE EINDES? Albei – maar as ek rerig moet kies, hoe meer bloed, hoe lekkerder.

DRUKKIES OF SOENTJIES? Ek is ‘n drukkie mens – ek moet altyd erens aan iemand vat as ek met hulle praat – selfs vreemdelinge …

WAT IS JOU GUNSTELING ROOMYS? Nie gek oor roomys nie, maar Blueberry cheesecake is nie te onaardig nie. En ‘n Magnum so af en toe.

WAT IS EEN VAN JOU VRESE? Dat my voet erens sal haak wanneer ek van my hoogste skoene aanhet, en ek neerslaan voor ‘n spul mense … wel, ek sal tien teen een harder as hulle lag, maar ek wil dit nie graag beproef nie.

WATSE BOEK IS JY BESIG OM TE LEES? Away to Explore se  orientation manual

WAT IS OP JOU MOUSE PAD? Ek hetti mousepads nie


WAT HET JY OP TV GEKYK GISTERAAND? Niks – het gechat inni Kroeg

WAT IS JOU GUNSTELING DAG VAN DIE WEEK? Saterdag – dan kan ek laaaat slaap en heeldag niks doen

ROLLING STONES OF BEATLES? Beatles

HET JY ENIGE SPESIALE TALENTE? Tel vreeslik baie geduld?

WAAR IS JY GEBORE? Ladybrand inni Vrystaat.

AAN WATTER KANT VAN DIE BED SLAAP JY? Linkerkant

OK, julle beurt! Copy sommer die hele post inni comments, en vervang net die antwoorde. 😉

Advertisements

24 Responses so far »

  1. 1

    Skoenlappr said,

    WAT IS JOU DOOPNAME? Adéle (my ma wou my glo Samantha noem … wdf??)

    IS JY VERNOEM NA ENIGE IEMAND? nee

    HOU JY VAN JOU EIE HANDSKRIF? Ek is linkshandig, en skryf nogal nie te onaardig nie.

    WAT IS JOU GUNSTELING MIDDAGETE? Ek vrek oor kaas en tamatie snackwiches, maar sal sushi vir brekfis, lunch en aandete eet.

    AS JY IEMAND ANDERS WAS, SOU JY JOU VRIEND WOU WEES? Ja, ek is ‘n great vriend.

    HET JY N DAGBOEK? Nee, nie meer nie. Die goed wat ek inskryf ontstel my na die tyd as ek dit lees! LOL!

    HET JY NOG JOU MANGELS? Nee. Dis uitgehaal toe ek 2 was.

    SAL JY BUNGEE JUMP? nee, ek dink nie so nie.

    WAT IS JOU GUNSTELING ONTBYT? Ek hou van gebakte eiers op toast (bacon krap my maag om), maar sushi sal ook suffice vir brekfis.

    MAAK JY JOU SKOENVETERS LOS AS JY JOU SKOENE UITTREK? Nee, ek maak dit nie los as ek dit uittrek nie, maar maak dit wel los as ek dit weer aantrek.

    DINK JY JY IS STERK? Ek dink ek is sterker as wat ek dink. Maak dit sin??

    WAT IS JOU GUNSTELING NAGEREG? chocolate roomys

    SKOEN GROOTTE? nr 4

    ROOI OF PIENK? nie eintlik een van die 2 nie, maar miskien dan pienk

    WIE / WAT MIS JY DIE MEESTE? Ek mis my vorige relationship, want hy was my beste vriend, hy het my laat lag en ek kon enige iets met hom gesels, en hy was ‘n ware gentleman in alle opsigte.

    WAT IS DIE LAASTE DING WAT JY GEëET HET? ‘n stukkie Lindt dark choc

    WAT DOEN JY OP DIE OOMBLIK? Ek moet eintlik werk, maar antwoord gou die questionnaire.

    AS JY N INKLEURKRYT WAS, WATTER KLEUR SOU JY WOU WEES? Blou

    WAT IS JOU GUNSTELING REUK? Ek hou ook van mans wat lekker ruik, my kinders as hulle soggens by my inkruip, daai lekker kinder-slaap-donsige-reuk.

    WIE WAS DIE LAASTE PERSOON MET WIE JY GEPRAAT HET? my lady-boss

    WAT IS DIT WAT JY EERSTE OPMERK VAN IEMAND? Oë, hande en naels. En by mans is mooi voorarms vir my sexy.

    GUNSTELING DRANKIE? Ek hou van ‘n glasie Sauvignon Blanc, en dan Spiced Gold en Appletizer

    WATSE KLEUR IS JOU OE? Blou

    DRA JY KONTAKLENSE? Nee

    SCARY FLIEKS OF GELUKKIGE EINDES? Ek verpes horrors. Ek hou van gelukkige eindes … seker die hopeless romantic in my.

    DRUKKIES OF SOENTJIES? Drukkies

    WAT IS JOU GUNSTELING ROOMYS? Jy kan my in die middel van die nag, in die middel van die winter wakker maak om chocolate roomys te eet!! vrek daaroor!

    WAT IS EEN VAN JOU VRESE? Dat ek nie by my kinders is as hulle seerkry of bang is nie.

    WATSE BOEK IS JY BESIG OM TE LEES? (being the hopeless romantic) ek lees een van Ela Spence se romans … weet nie die naam nie, Sybil Steyn dink ek is die naam.

    WAT IS OP JOU MOUSE PAD? het nie mouse pad

    WAT HET JY OP TV GEKYK GISTERAAND? Heroes

    WAT IS JOU GUNSTELING DAG VAN DIE WEEK? Vrydag, dan kan mens lekker langbeen agteroor gaan sit met ‘n glasie, en die naweek inwag.

    ROLLING STONES OF BEATLES? Beatles

    HET JY ENIGE SPESIALE TALENTE? ek het ‘n skerp humorsin … is dit ‘n talent?

    WAAR IS JY GEBORE? Kaapstad

    AAN WATTER KANT VAN DIE BED SLAAP JY? Linkerkant, of course

  2. 2

    Savanha said,

    WAT IS JOU DOOPNAME? La-Rochelle

    IS JY VERNOEM NA ENIGE IEMAND? Nie wat ek van weet nie

    HOU JY VAN JOU EIE HANDSKRIF? Ja

    WAT IS JOU GUNSTELING MIDDAGETE? Enige slaai en kaas en beskuitjies

    AS JY IEMAND ANDERS WAS, SOU JY JOU VRIEND WOU WEES? Party keer

    HET JY N DAGBOEK? Nee, net vir werk

    HET JY NOG JOU MANGELS? Nee. Dis uitgehaal toe ek 10 was

    SAL JY BUNGEE JUMP? Nee vir freaking seker nie!

    WAT IS JOU GUNSTELING ONTBYT? Bacon en eiers en ‘n glas melk

    MAAK JY JOU SKOENVETERS LOS AS JY JOU SKOENE UITTREK? Nee.

    DINK JY JY IS STERK? Nee, miskien as ek ‘n Savanha in het?

    WAT IS JOU GUNSTELING NAGEREG? Chocholate Mouse

    SKOEN GROOTTE? 7

    ROOI OF PIENK? Rooi

    WIE / WAT MIS JY DIE MEESTE? My kinders

    WAT IS DIE LAASTE DING WAT JY GEëET HET? Hoender Kerrie (van gisteraand)

    WAT DOEN JY OP DIE OOMBLIK? Rook en atwoord hier

    AS JY N INKLEURKRYT WAS, WATTER KLEUR SOU JY WOU WEES? Oranje

    WAT IS JOU GUNSTELING REUK? Die gras na reën, ‘n baba en Wish Parfuum

    WIE WAS DIE LAASTE PERSOON MET WIE JY GEPRAAT HET? Makelaar

    WAT IS DIT WAT JY EERSTE OPMERK VAN IEMAND? Hande en voete

    GUNSTELING DRANKIE? Savanha Dry, Savanaha Dry en nog Savanaha Dry!

    WATSE KLEUR IS JOU OE? Groen

    DRA JY KONTAKLENSE? Nee

    SCARY FLIEKS OF GELUKKIGE EINDES? Nie een nie

    DRUKKIES OF SOENTJIES? Drukkies, nie die soenerige tipe nie.

    WAT IS JOU GUNSTELING ROOMYS? Bar One Roomys

    WAT IS EEN VAN JOU VRESE? Donderweer

    WATSE BOEK IS JY BESIG OM TE LEES? Niks op die oomblik nie

    WAT IS OP JOU MOUSE PAD? Niks

    WAT HET JY OP TV GEKYK GISTERAAND? Crime and Investigation

    WAT IS JOU GUNSTELING DAG VAN DIE WEEK? Saterdag, dan kan ek chill

    ROLLING STONES OF BEATLES? Beatles

    HET JY ENIGE SPESIALE TALENTE? Uhm….. nie wat ek van weet nie behalwe blykbaar om k@k te soek met my man

    WAAR IS JY GEBORE? Kaapstad

    AAN WATTER KANT VAN DIE BED SLAAP JY? Linkerkant

  3. 3

    Weglekind said,

    Thanks Dellie. Nou weet ek ook iets meer van jou 😀

  4. 4

    Alta said,

    Myne sal ek dan op my blog gaan doen Weggie. Nou weet ek ook bietjie meer van Dellie en Sav en Skoenlapper en nou kan ek meer in detail begin stalk. Watch out!! 👿

  5. 7

    Griffel said,

    WAT IS JOU DOOPNAME?Francois

    IS JY VERNOEM NA ENIGE IEMAND?Ja , my Pa se oom

    HOU JY VAN JOU EIE HANDSKRIF? Ja dis OK

    WAT IS JOU GUNSTELING MIDDAGETE?Steak , egg and chipps

    AS JY IEMAND ANDERS WAS, SOU JY JOU VRIEND WOU WEES?Ek glo so

    HET JY N DAGBOEK? Nee fok eks ‘n man ons onthou alles.

    HET JY NOG JOU MANGELS? Nee.

    SAL JY BUNGEE JUMP? Never.

    WAT IS JOU GUNSTELING ONTBYT? Wimpy Farmhouse en regular coffee

    MAAK JY JOU SKOENVETERS LOS AS JY JOU SKOENE UITTREK? Nee

    DINK JY JY IS STERK? Nie so sterk soos Harry nie.

    WAT IS JOU GUNSTELING NAGEREG? My Ma se kondensmelk ding

    SKOEN GROOTTE? 10

    ROOI OF PIENK? Rooi en Wit

    WIE / WAT MIS JY DIE MEESTE? Die dae toe my Pa vir my gesorg het.

    WAT IS DIE LAASTE DING WAT JY GEëET HET?Spur se Buffalo wings

    WAT DOEN JY OP DIE OOMBLIK?Lees almal se geteem en teef op die blogs.

    AS JY N INKLEURKRYT WAS, WATTER KLEUR SOU JY WOU WEES? Blou

    WAT IS JOU GUNSTELING REUK?Boerewors wat op kole braai.

    WIE WAS DIE LAASTE PERSOON MET WIE JY GEPRAAT HET?My Vrou

    WAT IS DIT WAT JY EERSTE OPMERK VAN IEMAND? Geen clue nie.

    GUNSTELING DRANKIE? Millers Bier

    WATSE KLEUR IS JOU OE?Blou

    DRA JY KONTAKLENSE? Nee

    SCARY FLIEKS OF GELUKKIGE EINDES?Ek movie nie. as die lions speel is dit gewoonlik scary.

    DRUKKIES OF SOENTJIES? Nope.

    WAT IS JOU GUNSTELING ROOMYS? Vanilla

    WAT IS EEN VAN JOU VRESE? Dat Earl Rose vir die Bokke sal speel.

    WATSE BOEK IS JY BESIG OM TE LEES? Een van Jeremy Clarkson

    WAT IS OP JOU MOUSE PAD? Niks

    WAT HET JY OP TV GEKYK GISTERAAND? Sky News

    WAT IS JOU GUNSTELING DAG VAN DIE WEEK? Saterdag. (Sport)

    ROLLING STONES OF BEATLES? Elvis

    HET JY ENIGE SPESIALE TALENTE? Ja

    WAAR IS JY GEBORE? Boksburg

    AAN WATTER KANT VAN DIE BED SLAAP JY? Regterkant

  6. 9

    vissieindiewater said,

    WAT IS JOU DOOPNAME? Vissie
    IS JY VERNOEM NA ENIGE IEMAND? Nee, by-naam
    HOU JY VAN JOU EIE HANDSKRIF? Ja.
    WAT IS JOU GUNSTELING MIDDAGETE? Aartapple slaai, ja ek kan die hele bak eet

    AS JY IEMAND ANDERS WAS, SOU JY JOU VRIEND WOU WEES? Ja, ek is vriendelike en probeer om almal gelukkig te hou.
    HET JY N DAGBOEK? Net vir werk
    HET JY NOG JOU MANGELS? Nee.
    SAL JY BUNGEE JUMP? Nee, Ek het my nek gebreek, en is afgeraai.
    WAT IS JOU GUNSTELING ONTBYT? Flapjaks met kaas en stroop
    MAAK JY JOU SKOENVETERS LOS AS JY JOU SKOENE UITTREK? Nee. Mors van tyd. Druk hulle in

    DINK JY JY IS STERK? Nee maar kan ver hardloop
    WAT IS JOU GUNSTELING NAGEREG? Ek hou net van Malva poeding
    SKOEN GROOTTE? Dit was eers 5, na my kinders nou ‘n 6.

    ROOI OF PIENK? Kar Rooi, Bikini pienk

    WIE / WAT MIS JY DIE MEESTE? Dubai vriendin
    WAT IS DIE LAASTE DING WAT JY GEëET HET? ‘Chicken Stir fry

    WAT DOEN JY OP DIE OOMBLIK? Niks nie.

    AS JY N INKLEURKRYT WAS, WATTER KLEUR SOU JY WOU WEES? Blou
    WAT IS JOU GUNSTELING REUK? Net na dit gereen het. Koffie in die oggend

    WIE WAS DIE LAASTE PERSOON MET WIE JY GEPRAAT HET? My man

    WAT IS DIT WAT JY EERSTE OPMERK VAN IEMAND? Hande en dimples
    GUNSTELING DRANKIE? Wyn
    WATSE KLEUR IS JOU OE? Blou
    DRA JY KONTAKLENSE? Nee,

    SCARY FLIEKS OF GELUKKIGE EINDES? Gelukkig eindes asb tog net
    DRUKKIES OF SOENTJIES? Lang soene asb

    WAT IS JOU GUNSTELING ROOMYS? Nie rerig nie, maar as ek lus is vanilla

    WAT IS EEN VAN JOU VRESE? Iemand steel my kinders
    WATSE BOEK IS JY BESIG OM TE LEES? Dana Snynan, op die toneel

    WAT IS OP JOU MOUSE PAD? gebuik nie een nie

    WAT HET JY OP TV GEKYK GISTERAAND? Animal Planet, ek is verslaaf

    WAT IS JOU GUNSTELING DAG VAN DIE WEEK? Vrydag, omdat Saterdag volgende is
    ROLLING STONES OF BEATLES? Beatles

    HET JY ENIGE SPESIALE TALENTE? Hardloop en verf

    WAAR IS JY GEBORE? PTA.

    AAN WATTER KANT VAN DIE BED SLAAP JY? Linkerkant

  7. 10

    Gatvol said,

    WAT IS JOU DOOPNAME? Dieselfde as Pluim se doopnaam 😉
    IS JY VERNOEM NA ENIGE IEMAND? Ja my verbitterde suurgat oorlede ouma
    HOU JY VAN JOU EIE HANDSKRIF? Ja.
    WAT IS JOU GUNSTELING MIDDAGETE? brood brood brood
    AS JY IEMAND ANDERS WAS, SOU JY JOU VRIEND WOU WEES? WTF? dis ‘n baie weird vraag.
    HET JY N DAGBOEK? Nee so nee ek onthou geen verjaarsdae nie.
    HET JY NOG JOU MANGELS? Ja
    SAL JY BUNGEE JUMP? Ja. Verkieslik saam met iemand.
    WAT IS JOU GUNSTELING ONTBYT? Tomato cocktail
    MAAK JY JOU SKOENVETERS LOS AS JY JOU SKOENE UITTREK?Ek dra nie skoene met veters nie.
    DINK JY JY IS STERK? Medium
    WAT IS JOU GUNSTELING NAGEREG? Irish Coffee

    SKOEN GROOTTE?5
    ROOI OF PIENK? Enige iets behalwe pienk. Maar ek weet ook nie van die rooi nie.
    WIE / WAT MIS JY DIE MEESTE?Ek sou graag weer my kinders klein wou he. Al is dit ook net vir ‘n week.
    WAT IS DIE LAASTE DING WAT JY GEëET HET? Vis en tjips.

    WAT DOEN JY OP DIE OOMBLIK? Kyk tv, speel talisban op laptop en antwoord jou vrae 😉
    AS JY N INKLEURKRYT WAS, WATTER KLEUR SOU JY WOU WEES? Ek weet nie.
    WAT IS JOU GUNSTELING REUK? mmm miskien die reuk van koffie. en die reuk van petrol.
    WIE WAS DIE LAASTE PERSOON MET WIE JY GEPRAAT HET? ‘My dogter het kom goodnight se

    WAT IS DIT WAT JY EERSTE OPMERK VAN IEMAND? Oge en mond
    GUNSTELING DRANKIE?rooies
    WATSE KLEUR IS JOU OE? Vuil skottelgoed water
    DRA JY KONTAKLENSE? nope
    SCARY FLIEKS OF GELUKKIGE EINDES? mmm wel, scary en gelukkig
    DRUKKIES OF SOENTJIES? drukkies
    WAT IS JOU GUNSTELING ROOMYS? Enige iets behalwe rum en raisin
    WAT IS EEN VAN JOU VRESE? Dat ek anner mense seermaak met my siniese geaardheid.
    WATSE BOEK IS JY BESIG OM TE LEES?Ek lees nie meer nie
    WAT IS OP JOU MOUSE PAD? Ek hetti mousepads nie

    WAT HET JY OP TV GEKYK GISTERAAND? gewoonlik crime kanaal

    WAT IS JOU GUNSTELING DAG VAN DIE WEEK? ek weet regtig nie
    ROLLING STONES OF BEATLES?nie beatles nie
    HET JY ENIGE SPESIALE TALENTE? ek kan my neus se punt met my tong raak

    WAAR IS JY GEBORE? Swellendam

    AAN WATTER KANT VAN DIE BED SLAAP JY? Linkerkant

  8. 12

    Alta said,

    Wat issit met al die vroue wat aan die linkerkant van die bed slaap????

  9. 13

    koeksister said,

    WAT IS JOU DOOPNAME? Laetitia

    IS JY VERNOEM NA ENIGE IEMAND? My hollandse ouma, een van haar name was Titia, my pa het my naam toe uitgedink en voila!, as ek ‘n seun sou gewees sou my Christoff gewees het, ughh

    HOU JY VAN JOU EIE HANDSKRIF? Partykeer

    WAT IS JOU GUNSTELING MIDDAGETE? Pasta

    AS JY IEMAND ANDERS WAS, SOU JY JOU VRIEND WOU WEES? Sure, ek is so loyal soos ‘n hondjie

    HET JY N DAGBOEK? O, nee. As ek my gedagtes moet vaspen!

    HET JY NOG JOU MANGELS? Nee, uitgehaal toe ek 5 vas, ek het ‘n pop by my ouma gekry en maltabella pap gevreet en my pa vol coke gespoeg toe ek die volgende dag ‘n slukkie daarvan vat

    SAL JY BUNGEE JUMP? Het al gespring by Gouritzmond, nog Bloukrans doen, kan nie wag nie !!!!!!!

    WAT IS JOU GUNSTELING ONTBYT? Snap, crackle en pop

    MAAK JY JOU SKOENVETERS LOS AS JY JOU SKOENE UITTREK? Nee, te veel moeite.

    DINK JY JY IS STERK? Miskien ‘n bietjie, raak al hoe sterker as ek whisky drink

    WAT IS JOU GUNSTELING NAGEREG? ‘n Yskastert wat my ma altyd maak

    SKOEN GROOTTE? 7

    ROOI OF PIENK? Rooi

    WIE / WAT MIS JY DIE MEESTE? My jeug

    WAT IS DIE LAASTE DING WAT JY GEëET HET? Rice Crispies

    WAT DOEN JY OP DIE OOMBLIK? Ek’s veronderstel om te werk.

    AS JY N INKLEURKRYT WAS, WATTER KLEUR SOU JY WOU WEES? Definitief groen

    WAT IS JOU GUNSTELING REUK? Reën, modder, nat teerpad, lavender, jasmyn, babapoeier

    WIE WAS DIE LAASTE PERSOON MET WIE JY GEPRAAT HET? My dogter

    WAT IS DIT WAT JY EERSTE OPMERK VAN IEMAND? Hande

    GUNSTELING DRANKIE? Whisky

    WATSE KLEUR IS JOU OE? mengsel van geel, groen en bruin, regte katoë

    DRA JY KONTAKLENSE? Nee

    SCARY FLIEKS OF GELUKKIGE EINDES? Happy endings

    DRUKKIES OF SOENTJIES? Drukkies, drukkies en sogmaal drukkies.

    WAT IS JOU GUNSTELING ROOMYS? Sjokolade

    WAT IS EEN VAN JOU VRESE? ‘n motorongeluk

    WATSE BOEK IS JY BESIG OM TE LEES? Ek is tussen boeke

    WAT IS OP JOU MOUSE PAD? My muis natuurlik!

    WAT HET JY OP TV GEKYK GISTERAAND? Transformers

    WAT IS JOU GUNSTELING DAG VAN DIE WEEK? Sondag

    ROLLING STONES OF BEATLES? O heng dis moeilik, kan ek nie altwee kies nie? Oke, Rolling Stones

    HET JY ENIGE SPESIALE TALENTE? Kunstig

    WAAR IS JY GEBORE? Somerset-Wes

    AAN WATTER KANT VAN DIE BED SLAAP JY? Solank dit net nie aan die kant van die kamerdeur is nie, ek slaap altyd in die verste hoekie,

  10. 14

    Plein said,

    WAT IS JOU DOOPNAME? Jeanette

    IS JY VERNOEM NA ENIGE IEMAND? Ja, albei my ouma’s en my ma. Geen kans uit daai een nie

    HOU JY VAN JOU EIE HANDSKRIF? Ja

    WAT IS JOU GUNSTELING MIDDAGETE? Spinasie

    AS JY IEMAND ANDERS WAS, SOU JY JOU VRIEND WOU WEES? Ek dink so

    HET JY N DAGBOEK? Net een om afsprake te onthou

    HET JY NOG JOU MANGELS? Nee

    SAL JY BUNGEE JUMP? Het al en sal VERSEKER weer. ASAP

    WAT IS JOU GUNSTELING ONTBYT? Milo pap sonder melk

    MAAK JY JOU SKOENVETERS LOS AS JY JOU SKOENE UITTREK? Ja

    DINK JY JY IS STERK? Verseker

    WAT IS JOU GUNSTELING NAGEREG? Roomys

    SKOEN GROOTTE? Ek gaan nie se nie

    ROOI OF PIENK? Pienk

    WIE / WAT MIS JY DIE MEESTE? My ouers en boeties in die VSA

    WAT IS DIE LAASTE DING WAT JY GEëET HET? Kougom

    WAT DOEN JY OP DIE OOMBLIK? Ek maak klaar om saam al die Kroegvliee te gaan kuier

    AS JY N INKLEURKRYT WAS, WATTER KLEUR SOU JY WOU WEES? Geel

    WAT IS JOU GUNSTELING REUK? Reen, my dogtertjie as sy uit die bad kom

    WIE WAS DIE LAASTE PERSOON MET WIE JY GEPRAAT HET? My baas

    WAT IS DIT WAT JY EERSTE OPMERK VAN IEMAND? Oe

    GUNSTELING DRANKIE? Rooiwyn/Amstel

    WATSE KLEUR IS JOU OE? Groen

    DRA JY KONTAKLENSE? Nee

    SCARY FLIEKS OF GELUKKIGE EINDES? Scary flieks

    DRUKKIES OF SOENTJIES? Eks nie mal oor een van die twee nie, maar drukkies as ek moet kies. Maar net vir special mense

    WAT IS JOU GUNSTELING ROOMYS? Sjokolade

    WAT IS EEN VAN JOU VRESE? Dat my kind vermis moet raak. Waar begin mens soek

    WATSE BOEK IS JY BESIG OM TE LEES? Stone Cold – David Baldacci en tussen deur besig met Dear undercover Economist

    WAT IS OP JOU MOUSE PAD? Het nie een nie

    WAT HET JY OP TV GEKYK GISTERAAND? TV was nie eers aangesit nie, heeltemal te moeg

    WAT IS JOU GUNSTELING DAG VAN DIE WEEK? Dinsdae en Saterdae

    ROLLING STONES OF BEATLES? Rolling stones

    HET JY ENIGE SPESIALE TALENTE? Ja

    WAAR IS JY GEBORE? Myndorpie wat ek nie gaan noem nie. Almal sal hulle dood lag

    AAN WATTER KANT VAN DIE BED SLAAP JY? Hang af hoe jy daarna kyk. Staan jy voor die bed of is jy op die bed. Dan verskil links van regs. Ek slaap in die middel, het mos die hele bed vir myself. Vir wat dan op een kant slaap

  11. 16

    demoerin said,

    Fokkit… en daar is myne weg ❓ 😯

  12. 17

    demoerin said,

    Sal nog 1 keer probeer…..

    WAT IS JOU DOOPNAME? Ewart

    IS JY VERNOEM NA ENIGE IEMAND? My een oupa was Edward, my ma het die naam so bietjie gepanelbeat

    HOU JY VAN JOU EIE HANDSKRIF? Ja.

    WAT IS JOU GUNSTELING MIDDAGETE? Pie, Chips en Gravy van Olivia’s

    AS JY IEMAND ANDERS WAS, SOU JY JOU VRIEND WOU WEES? Natuurlik

    HET JY N DAGBOEK? Vir Werk

    HET JY NOG JOU MANGELS? Ek het nog alles behalwe my galblaas.

    SAL JY BUNGEE JUMP? Het al. Sal weer.

    WAT IS JOU GUNSTELING ONTBYT? As jy my wil spoil. French Toast met crispy bacon en kaas en maple syrup.Mmmmm

    MAAK JY JOU SKOENVETERS LOS AS JY JOU SKOENE UITTREK? Ja.

    DINK JY JY IS STERK? Hang af hoeveel ek gedrink het…. en hoe groot die ander persoon is.

    WAT IS JOU GUNSTELING NAGEREG? Floating Island by Casa Linga. Tweede Beste….. Malva met wit sjokolade vla

    SKOEN GROOTTE? 8

    ROOI OF PIENK? Nie een nie…. miskien rooi as iemand anders bloei.

    WIE / WAT MIS JY DIE MEESTE? Christine. En vakansie.

    WAT IS DIE LAASTE DING WAT JY GEëET HET? Pyotts Mini Cheddars

    WAT DOEN JY OP DIE OOMBLIK? Antwoord die vragies en wonder hoekom lyk dit nou of daar so baie is?

    AS JY N INKLEURKRYT WAS, WATTER KLEUR SOU JY WOU WEES? Swart

    WAT IS JOU GUNSTELING REUK? Koffie…. en kos.

    WIE WAS DIE LAASTE PERSOON MET WIE JY GEPRAAT HET? Celeste. Werkskollega.

    WAT IS DIT WAT JY EERSTE OPMERK VAN IEMAND? Of hulle vriendelike gesigte het.

    GUNSTELING DRANKIE? Enigiets wat in ‘n blik of bottel of glas kom wat nie brandewyn is nie.

    WATSE KLEUR IS JOU OE? Blou

    DRA JY KONTAKLENSE? Ja. Ek is bietjie swaar op die brille.

    SCARY FLIEKS OF GELUKKIGE EINDES? Skop, skiet, bliksem en boomklim met emmers vol bloed.

    DRUKKIES OF SOENTJIES? Wat is opsie 3?

    WAT IS JOU GUNSTELING ROOMYS? Caramel Italian Kisses.

    WAT IS EEN VAN JOU VRESE? Ek is ‘n dapper muis…. commitment

    WATSE BOEK IS JY BESIG OM TE LEES? Leon Uris se Mitla Pass, en nog ‘n paar ander.

    WAT IS OP JOU MOUSE PAD? Ek hetti mousepads nie. Ditto

    WAT HET JY OP TV GEKYK GISTERAAND? Niks.

    WAT IS JOU GUNSTELING DAG VAN DIE WEEK? Naweek.

    ROLLING STONES OF BEATLES? Stones

    HET JY ENIGE SPESIALE TALENTE? Ek kan tot 10 tel.

    WAAR IS JY GEBORE? Roodepoort

    AAN WATTER KANT VAN DIE BED SLAAP JY? Ek begin aan die regterkant, maar word nie noodwendig daar wakker nie.

  13. 18

    Smurfi said,

    WAT IS JOU DOOPNAME? 😉

    IS JY VERNOEM NA ENIGE IEMAND? ja , my ma.

    HOU JY VAN JOU EIE HANDSKRIF? soms (as ek hard probeer om netjies te skryf)

    WAT IS JOU GUNSTELING MIDDAGETE? Eet nie eintlik middag ete nie, soms net ‘n vrug.

    AS JY IEMAND ANDERS WAS, SOU JY JOU VRIEND WOU WEES? moontlik

    HET JY N DAGBOEK? Nee, geen persoonlike dagboek nie

    HET JY NOG JOU MANGELS? Nee, die doker het hulle gevat.

    SAL JY BUNGEE JUMP? Nee! sal uitpass as ek net daar moet af kyk!!

    WAT IS JOU GUNSTELING ONTBYT? eet ook selde ontbyt, gryp ook maar ‘n vrug soos ‘n piesang so in die verby gaan.

    MAAK JY JOU SKOENVETERS LOS AS JY JOU SKOENE UITTREK? as ek tekkies aantrek ja.

    DINK JY JY IS STERK? beslis nie fisiesekrag nie, maar geestelik, ja baie

    WAT IS JOU GUNSTELING NAGEREG? Crème Caramel pudding

    SKOEN GROOTTE? 6

    ROOI OF PIENK? as ek moet kies eerder dan Pienk

    WIE / WAT MIS JY DIE MEESTE? Eintlik ‘n hele klompie vir wie ek baie lief was wat al oorlede is, sommiges so bitter jonk.

    WAT IS DIE LAASTE DING WAT JY GEëET HET? Spur se Cherdermelt chicken chnitsel met mushroom sous

    WAT DOEN JY OP DIE OOMBLIK? antwoord gou al die vrae

    AS JY N INKLEURKRYT WAS, WATTER KLEUR SOU JY WOU WEES? Blou

    WAT IS JOU GUNSTELING REUK? vars gemaalde koffie, en die reuk van die natuur net na dit gereën het.

    WIE WAS DIE LAASTE PERSOON MET WIE JY GEPRAAT HET? My Man

    WAT IS DIT WAT JY EERSTE OPMERK VAN IEMAND? Oë, ..Die vensters van die siel .. en (mans se hande, mooi sterk hande.)

    GUNSTELING DRANKIE? Drink nie regtig soos in alkoholiese drankies nie. Cafè Latte, soms saam met ete wyn.

    WATSE KLEUR IS JOU OE? Blou

    DRA JY KONTAKLENSE? Nee

    SCARY FLIEKS OF GELUKKIGE EINDES? Ek is nie regtig ‘n gaan fliek persoon nie. maar kyk eerder egte lewens drama, of uiterse goeie comedy (nie slapstick nie)

    DRUKKIES OF SOENTJIES? Drukkies vir kennise, maar soentjies is beperk tot my man, en my kinders.

    WAT IS JOU GUNSTELING ROOMYS? Woolies se Caramel chip, en so ander een met neute in met die naam “Tin Roof”

    WAT IS EEN VAN JOU VRESE? Nie regtig nie.

    WATSE BOEK IS JY BESIG OM TE LEES? “Gebarste Mure”

    WAT IS OP JOU MOUSE PAD? ‘n sonneblom

    WAT HET JY OP TV GEKYK GISTERAAND? History Channel en Crime Channel

    WAT IS JOU GUNSTELING DAG VAN DIE WEEK? Saterdag.

    ROLLING STONES OF BEATLES? eerder Elvis (nie mal oor die twee genoemdes nie.)

    HET JY ENIGE SPESIALE TALENTE? Ja, skilder. (en k*k praat)

    WAAR IS JY GEBORE? Klerksdorp

    AAN WATTER KANT VAN DIE BED SLAAP JY? Linkerkant (altyd links van die regering)

  14. 21

    Smurfi said,

    Kies maar enigeen makie sakie 😆 Winky of Smiley, julle name is miskien veilig maar nie almal s’n nie. Daar is ‘n paar siek mense daar buite, wat nie mense se name kan uitlos nie. Ek het geen probleem om my naam te skryf nie dit is nou maar een siek persoon wat die oorsaak is van so iets.

    • 22

      Fokkertjie said,

      Kan een mens nou so skaam wees vir haar eie naam?

      Genade Ida wat gaan Generaal Steve dink as hy weet jy is so skaam vir jou eie naampie? 😆 Kom nou ou girl jy is mos nie bang nie, afterall jy het mos die generaal en sy weermag om jou te beskern teen die donker karakters op die net 😉

      Of miskien ou Pensie, btw, wat het van die grootbek geword? Hy was so maand of drie gelede vol van homself en toe verdwyn die poepol soos mis voor die son. Poef, weg soos dit ‘n slapgat betaam.

  15. 23

    Sharpshoot said,

    WAT IS JOU DOOPNAME? Sharp, net Sharp – my ander Doopname is omtrent ‘n post op hul eie werd!

    IS JY VERNOEM NA ENIGE IEMAND? Ja, my oupa.

    HOU JY VAN JOU EIE HANDSKRIF? Ek moet seker maar – ek gebruik dit elke dag!

    WAT IS JOU GUNSTELING MIDDAGETE? In ‘n ideale wêreld: Caraffa T-bone, Rare, en hulle Veggies.

    AS JY IEMAND ANDERS WAS, SOU JY JOU VRIEND WOU WEES? Nee ek weet nie – ek sou miskien gedink het ek is ‘n judgemental asshole! 😉

    HET JY N DAGBOEK? Net vir werksafsprake – maar ek gebruik die ding omtrent nooit – en as ek wel aantekeninge maak vergeet ek weer daarvan – so eintlik nee.

    HET JY NOG JOU MANGELS? Nee. Ek onthou net die Dr. het gesê ek moet jellie en NikNaks eet – ek het nog nie opgehou nie!

    SAL JY BUNGEE JUMP? Ek het my 5-4-3-2-1 BUNGEEEE van Bloukrans af gedoen – en ek sal dit verseker weer en weer doen!

    WAT IS JOU GUNSTELING ONTBYT? Sunnyside-up eggs, bacon, worsie, patty met relish, chips en toast – ok, ok – die Bugatti’s Breakfast basies!

    MAAK JY JOU SKOENVETERS LOS AS JY JOU SKOENE UITTREK? Gewoonlik – daar is niks dinge wat ek so haat soos skoene wat se veters vas is as mens dit wil aantrek nie.

    DINK JY JY IS STERK? Nee bogemiddeld nie. Ek kan wel ‘n redelike sterk reuk produseer na ‘n aand van Garlic en Rum…

    WAT IS JOU GUNSTELING NAGEREG? Tiramisu (van Caraffa) of Creme Bruleé (van Caraffa) of moeder se Malva poeding!

    SKOEN GROOTTE? 12 soms 13.

    ROOI OF PIENK? As ek moet kies eerder rooi.

    WIE / WAT MIS JY DIE MEESTE? My eerste GSD Josh. Natuurlik ook vriende en familie wat nou in ver lande bly.

    WAT IS DIE LAASTE DING WAT JY GEEëT HET? Tjops, wors, aartappel met suurroom en garlic en slaai.

    WAT DOEN JY OP DIE OOMBLIK? Ek fight die slaappille se uitwerking. Hulle is besig om te wen…

    AS JY N INKLEURKRYT WAS, WATTER KLEUR SOU JY WOU WEES? Groen.

    WAT IS JOU GUNSTELING REUK? Reën (cliché!?), gesnyde gras, teer, en Dune en Pure Poison as ‘n mooie dame dit dra.

    WIE WAS DIE LAASTE PERSOON MET WIE JY GEPRAAT HET? Die buurvrou.

    WAT IS DIT WAT JY EERSTE OPMERK VAN IEMAND? Die mond (tande etc)

    GUNSTELING DRANKIE? Ek like natuurlik Jägermeister, Amstel en Captain Morgan & Coke. EN J&B en Lime, Energade, ‘n YSKOUE Savannah op ‘n warm dag en ‘n lekker rooi wyntjie. En dis al vir nou. 😉

    WATSE KLEUR IS JOU OE? Groen

    DRA JY KONTAKLENSE? Nee.

    SCARY FLIEKS OF GELUKKIGE EINDES? Ek sê altyd scary – maar bekak myself gewoonlik eerste in die cinema – go figure!

    DRUKKIES OF SOENTJIES? Drukkies.

    WAT IS JOU GUNSTELING ROOMYS? Volroom Vanilla

    WAT IS EEN VAN JOU VRESE? Haaie en Krokkodille.

    WATSE BOEK IS JY BESIG OM TE LEES? Animal Behaviour Kursus se stuff.

    WAT IS OP JOU MOUSE PAD? Het nie een nie.

    WAT HET JY OP TV GEKYK GISTERAAND? Tennis en Krieket hoogtepunte

    WAT IS JOU GUNSTELING DAG VAN DIE WEEK? Saterdag – honde dag.

    ROLLING STONES OF BEATLES? Eish, seker maar die Beatles – maar special mention van die band Live word ook hier gemaak.

    HET JY ENIGE SPESIALE TALENTE? Ek kan met die dik lyf steeds ‘n wawiel doen – I shit you NOT!

    WAAR IS JY GEBORE? Net hier in Snor City.

    AAN WATTER KANT VAN DIE BED SLAAP JY? Middel

  16. 24

    Eben said,

    WAT IS JOU DOOPNAME? Eben
    IS JY VERNOEM NA ENIGE IEMAND? Nee
    HOU JY VAN JOU EIE HANDSKRIF? Ek skrywe links en nee dis onnet
    WAT IS JOU GUNSTELING MIDDAGETE? Slaai, komkommer en Kaas
    AS JY IEMAND ANDERS WAS, SOU JY JOU VRIEND WOU WEES? Ja en dink ek het ‘n goeie geaardheid en is daar vir my vriende
    HET JY N DAGBOEK? Nee daar is nie genoeg spasie om te skrywe.
    HET JY NOG JOU MANGELS? Ja
    SAL JY BUNGEE JUMP? Daar is nie genoeg whiskey in die wêreld dat ek dit sal doen.
    WAT IS JOU GUNSTELING ONTBYT? Beacon, sagte eiers, toast
    MAAK JY JOU SKOENVETERS LOS AS JY JOU SKOENE UITTREK? Ja
    DINK JY JY IS STERK? Nee
    WAT IS JOU GUNSTELING NAGEREG? Triffel
    SKOEN GROOTTE? 9 – 10
    ROOI OF PIENK? Pienk
    WIE / WAT MIS JY DIE MEESTE? My pa wat oorlede is
    WAT IS DIE LAASTE DING WAT JY GEEëT HET? Slaai
    WAT DOEN JY OP DIE OOMBLIK? Tik hier
    AS JY N INKLEURKRYT WAS, WATTER KLEUR SOU JY WOU WEES? Groen.
    WAT IS JOU GUNSTELING REUK? Reen en gesnyde gras
    WIE WAS DIE LAASTE PERSOON MET WIE JY GEPRAAT HET? my seun
    WAT IS DIT WAT JY EERSTE OPMERK VAN IEMAND? Mond en tande
    GUNSTELING DRANKIE? Whiskey en water
    WATSE KLEUR IS JOU OE? Blou
    DRA JY KONTAKLENSE? Nee.
    SCARY FLIEKS OF GELUKKIGE EINDES? Gelukkige einde
    DRUKKIES OF SOENTJIES? Beide
    WAT IS JOU GUNSTELING ROOMYS? Strawberry
    WAT IS EEN VAN JOU VRESE? Motor ongeluk of brand
    WATSE BOEK IS JY BESIG OM TE LEES? Weg
    WAT IS OP JOU MOUSE PAD? Het nie een nie.
    WAT HET JY OP TV GEKYK GISTERAAND? Sport hoogte punte
    WAT IS JOU GUNSTELING DAG VAN DIE WEEK? Saterdag
    ROLLING STONES OF BEATLES? Rolling Stones
    HET JY ENIGE SPESIALE TALENTE? Kan grappies vertel en dit laat uitrek
    WAAR IS JY GEBORE? Brits
    AAN WATTER KANT VAN DIE BED SLAAP JY? Naaste aan die deur


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: