Wat het ek gedoen??

Is julle lus om weer bietjie te speel? Stof die spinnerakke van die vakansie af, gaan maak ‘n koppie sterk koffie of kry ‘n redbull, sluk ‘n  bio-plus, snuif thinners, whatever floats your boat – kry net die torre aan die gang  …

Hier is die prentjie:

Jy ry by ‘n polisie vangwa verby … en wie sit agterin, geboei? EKKE!

Wat het ek gedoen om hier te beland?

Maak jou eie storie op daaroor – en dit hoef glad nie sin te maak nie, solank dit prettig is. Daar kan maar bloed ook betrokke wees, infact, anything goes, as usual. Julle weet mos. Gaan mal!


glitter-graphics.com

Advertisements

9 Responses so far »

  1. 1

    muffia said,

    Ek stop met ‘n moerse spoed – om seker te maak jy is aan die vangwa vasgeboei – en nie aan die ander persoon wat so bang lyk nie – maar dan – met ‘n skok – besef ek daai ou is heeltemal paranoid – uit sy id boek uitgeskrik – en ek wonder : “but why ?”

  2. 2

    Sharpshoot said,

    EK hou aan ry – gaan gou my Kamera haal – hierdie gaan ‘n lekker foto op die kroeg muur wees!

    Nou dat ek daaraan moet dink wat jy gedoen het – Jy word sekerlik aangekla van hinderlaaglê: Die details van die klag is dat jy laag op die kroeg se toonbank gelê het en niemand gehinder het nie – so laag dat jy nie eers iemand BEDIEN het nie – en dit is ‘n strafbare saak in Kroegland! Sorry for you – ek sal maar die hofsaak met die kamera bywoon! Rondte op my!

  3. 3

    Plein said,

    Daar is net een manier hoe jy daar kon beland het….

    Dit het laat op ‘n Woensdag aand in die Kroeg gebeur. Soos gewoonlik het jy bontgestaan om almal se voorkeur vloeistof te bedien. Iemand het iets genoem van een van julle trippies doen. Saam-saam is julle uit die Kroeg. Opgesom het die volgende gebeur: Onderwatergutterseks in die burgermeester se swembad, ‘n feather boa is gebruik om ‘n onbekende persoon op te hang, en ‘n kaskar is gehijack as wegkom kar. Dis sover wat die polisie kon agterkom, verdere ondersoek sal verdere klagtes laat byvoeg. Die een ding is verseker, jy was nie alleen in hierdie dade nie…………..

    • 4

      demoerin said,

      …….en toe, tot almal se verbasing hou jy aan om oor en oor ‘n Suid-Siberiese Slet te blameer, niemand glo jou natuurlik nie. Selfs as jy verduidelik dat dit die slet se feather boa moet wees, en dat jy nog nooit ‘n feather boa besit het nie…. ook nie ‘n boa constricter nie(maar dis ‘n ander storie virre ander dag).
      Jy sukkel egter om te verduidelik hoekom jy in jou birthday-suit is, en jou klere nog langs die burgermeester se swembad in ‘n hopie lê

  4. 5

    Twattie said,

    Jy’s under cover – jy’t die geheime organisasie ge-infiltreer wat verantwoordelik is vir die geheimsinnige BOB verdwynings in Orania se ouetehuis. As jy nie crack onder die druk van Stinkasem Strydom se ondervraging onder in die polisie se hoofkantoor basement nie, sal jou kop deur wees – hulle sal jou aanvaar en vertrou in die organisasie. Hel, jy sal na hierdie bust gewilder wees as oranje Crocks in Bloem!

  5. 6

    BB said,

    Ek sal dadelik dink jy’t die een of ander oorgretige hupse jong mannetjie toegetakel toe dié gedink het anties wat lékker kuier in ‘n cocktail lounge is noodwendig hardup vir jong, jukkerige en dom laaities…
    Want toe jy nog so pens-en-potjies oppie toonbank salsa, knyp hy jou ini boudjies en maak sy bek oop gooi sy kop agteroor en skree “gooi hom antie!!!”. Toe spin jy die takiela se doppie af draai die bottel gat oorkop en druk die nek in sy keel af…
    en toe is jou vriendinne boosaardig dewetter in vir hom, want al julle takiela is nou klaar. Toe draai hulle HOM gatoorkop en skud hom leeg
    Toe bl!kemmer jy hom en daar breek ‘n mooooeeerse kroeggeveg uit…
    Toe die SAPS daar instorm,sit daar alreeds 12 jongetjies by die deur en huil want hulle soek hulle ma’s…
    en toe die polisieman jou wil buite toe vat, klap jy hom dat : A C E M L O teen sy voorkop geimprint is…

    En toe stap jy self uit – klim in die vangwa en klap die deur toe en skree virrie girls : “Bring vir my ‘n Jägermeister saam!”…

  6. 7

    Dellie said,

    Whahahahahhaa! Fokkit, maar julle dink ek is willer as die wildtuin, né? But I like! Moet seker wees vandat ek my halo verloor het en horinkies enni stert opgetel het …. 👿 😆 😆

  7. 9

    Alta said,

    Ek natuurlik het toe ek jou in die vangwa sien, dadelik die drank die skuld gegee! Fokkit Dellie, drank en braafheid werk nie saam nie. Ek vermoed die cops wou jou net kom stil maak want jy sien ek dink jy het vreeslik lawaai en toe jaag jy hulle kaalgat weg van jou possie af en dis hoekom jy agter moes inklim. Een ding is seker, jy jaag nie cops naak rond nie!!!!! Ek het darem sommer net daar en dan by Game gestop en peanuts en n kettie gekoop! Honger sal jy wragtig nie ly nie! 😉


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: