Top Vyf

OK, hier is die top vyf name wat julle gekies het:

Dopskoppers

Kroegvlieë

SharpShootingJägerBombers

Takielianers

Dop Droppers

Die slag mag jy net v een stem, asseblief.  Ek gee tyd tot more middag 1 uur, dan sal ek die wenner uitsoek en gaan registreer! Dankie v die saamspeel.

Advertisements

40 Responses so far »

  1. 2

    Phibbie said,

    Dopskoppers

  2. 3

    twattie said,

    Dopskoppers

  3. 4

    Suz said,

    Dop Droppers

  4. 5

    Gatvol said,

    Kroegvliee

  5. 6

    Savanha said,

    Dopskoppers

  6. 7

    Betsieboop said,

    Dopskoppers

    ps: ek is diep seergemaak dat die PestoJager nie hier feature nie ! :mrgreen:

  7. 9

    Griffel said,

    Dopskoppers….sal dit dan wees 😉

  8. 10

    Koekie said,

    Dopskoppers

  9. 11

    Gatvol said,

    Kroegvliee
    Dis hoekom demokrasie nie altyd werk nie 😦

  10. 14

    duppie said,

    dopskoppers

  11. 15

    Sharpshoot said,

    Net ‘n woord of 2 ten gunste van SSJBs, maar eers ‘n woordjie of twee oor die ander name op die kortlys:

    *Dopskoppers: wil ons regtig bekend staan as die span wat doppe skop? Even OM skop?! Veral met die dat ons uit die Kroeg speel?
    *Kroegvliee: Kyk, dis nie sleg om ‘n kroegvlieg te wees nie – maar weereens, klink dit na iets waaraan jy wil deelneem, in aggenome dat dit ‘n sport league is? Ek dink met ‘n naam soos die gaan baie alkies join, maar ‘n wrede ontnugtering kry. En niks is erger as ‘n babbelas, nugter alkie nie. NIKS NIE!

    *Takielianers: Honestly, takiela en I-taais?! SAAM? Nuh-uh, hou verby! Ek is dan eerder ‘n Meksiwein of ‘n Glühwikaan!

    *Dopdroppers: Hoe gaan daai se-ding van ‘laat hy val waar hy wil, maar net nie op die grond nie’! Ek drop g’n nikse dop nie, spank you very much! Ek weet nie wat is erger nie; dop omskop of dop laat val nie!

    En dan vir *SharpShootingJägerBombers: Laat staan nou alle praatjies van vanity en dies meer, en dink wat die naam insinieer en kan inspireer:
    -Sharp: Skerp, wakker, gevaarlik en wel ‘Sharp’.
    -Shooting: kan op SA sinspeel, of weereens gevaar, even pret, maar ook op sport (shooting a goal/ shooting pool/ skyfskiet) en dan ook verwysend na die Kroeg, as in: ‘Skiet jou vir ‘n dop’.
    -Jäger: nektar van die par(r)adys – trek even ander blogs aan! Oor Jäger self mens seker boeke skryf, maar kom ons se net dis lekker. Baie-BAIE lekker – soos ons!
    -Bombers: Verwoestend, puin – as in ons speel tot die einde, tot die laaste fluitjie blaas en die Bulle weer Koning Bulk/Snork en die ander spanne ‘n puinhoop is! Even ‘n hoop pyn is.

    So, al wat ek eintlik wil se is dat ek vir die naam, SharpShootingJägerBombers stem.
    En as dit nie vir julle werk nie, dan stem ek vir PestoJäger – want ek like Pesto, en ek like Jäger meer. (En omdat Bets dit voorgestel het)!

    Ek is seker Delsch sal jul toelaat om julle votes te change!
    😉

    • 16

      Dellie said,

      😆 OK, welgedaan Skerpste – hierdie hele relaas van jou het my oortuig … ek change onmiddelik my vote na …

      SharpShootingJägerBombers !!!

      En gee die res toestemming ommit ook te doen! (Blame asb my evil twin wat nog wakker is, as julle moet)

      Btw – goeie more! 😆 En nou het ek ‘n 3some wat wag tussen my, my kussing en duvet … sweet wet dreams!

      • 17

        Koekie said,

        Ag nee Dellie, is jy ernstig? Het Sharpie se relaas jou regtig oortuig??

        “Gaan registeer jou rugby span by die “SharpShootingJagerBombers”… whahaha dit klink nie vars nie!!

  12. 18

    demoerin said,

    Demokrasie is regtig kak… ek meen, wat is nou mooier as Takielianers ❓ 😆

  13. 19

    Koekie said,

    Sorry maar SharpshootingJagerBombers laat my glad nie aan rugby dink nie. As ek dit hoor dink ek net aan Sharpie. Sorry Sharpie!

    Dop (omdat ons ‘n kroeg is) Skoppers (gaan oor rugby).

    Julle kan nie nou alles wil change nie. En uhm Sharpie, jou uitlegging van die naam maak ook nie lekker sin nie. Shooting?? Gaan oor pool/goal skop ens… waar het die manne al ‘n goal geshoot in rugby??? Nee wat.

    Dan gaan ek eerder met D(r)ink-Scrum.. (geen verduideliking nodig nie).

    xx

  14. 20

    Griffel said,

    SE MOER!!

    Majority rules… en dis klaar….

    EERSTENS…Jou eerste stem is jou laaste stem, jy kannie uit die stemlokaal loop, huistoe gaan en dan besluit jy wil jou stem verander nie. Sou jy dit wel kan doen is daai stem dan “spoilt” en sodoende tel hy nie. SO , Dellie indien jy nogsteeds jou stem wil verander, dan kan hy nie tel nie. Besluit maar self!!!

    TWEEDENS…Jäger is kak vannie duiwel. As jy daai goed drink sal jy jou hond se doggy bag by die restaurant ook vergeet. As jy dan nog voorgee om ‘n hondeliefhebber te wees, is dit net ‘n bewys dat daai goed kak is. SO enige mens met ‘n greintjie liefde vir honde sal nie daai kak naam kies vir ‘n fantasy league span nie. Besluit maar self!!

    DERDENS…laat die afkorting SSJB my te veel dink aan SSSB…. Need I say more??

    Viva DOPSKOPPERS!!!!

    • 21

      Sharpshoot said,

      In SA kan mens met ‘n R100.00, mooi netjies in jou ID Boekie versteek – ENIGIETS regkry.
      En enige iemand wat sê Jäger is van die Duiwel is heel duidelik nie ‘n stem werd nie – dus dit cancel jou stem ook uit. (Om nie te praat van mense wat die Lions ondersteun nie)
      En dan – as jy jou Veearts (julle ken hulle seker as Diere-Mechanics) gaan vra, sal hy/sy jou sê dat ek eintlik my honde ‘n MOERSE guns gedoen het om die Doggy-bag daar te los – want gaar bene is nie so goed vir honde nie – wat my weereens terugbring na die Jägermeister; As dit nie vir die Jägermeister was nie het ek wragtig daai doggybag netso vir die honde gegooi – en dan kon hulle gedooi het, so Jägermeister is nie net LEKKER nie, maar ook ‘n LEWENSREDDER! Fok mens, die Jäger het my dan heelhuids by die huis gekry – want ek sweer self het ek daai aand nie bestuur nie.

      Maar toegegee, jou laaste argument het my wel in my spore gestuit! Ek kan nie daarteen stry nie. As dit dan die Raad behaag, verander ek graag dan die SharpShootingJägerBombers na SharpBombingJägerShooters oftewel SBJS toe.

      By voorbaat dank aan my Delschie!

      En o-ja – dis haar blog en hier kan sy maak nes sy wil VRIFFELtjie!

      En as jy dit nie like nie, en ek haal aan: “As jy dit nie laaik nie, fokof. Verstaan ons mekaar?”

      😉

      PROOOOOOSSSSSSSSST!

      • 22

        Griffel said,

        Luister snotneus en luister nou sommer fokken mooi.

        Dis nie wat ek like of nie like nie dis waaroor die majority gestem het. Dit wil half vir my voorkom of al die Jägermeister kak wat jy so suip nie net jou huistoe vat nie maar sommer vertroeltel ook, jou siek moer.

        En buitendien jy was so gesuip van al die Jägermeister dat jy nie eers kon onthou dat die kos wat oor was , was alles gesondheids kos. Daar was GEEN bene van enige aard eens in die kos gewees nie. (Al bene wat ek kan onthou was vas aan ‘n rooi-g-string-draende-loop-soos-‘n-model dame.)

        Maar skynbaar as mens SSSB closet supporters is dan sing ‘n klomp manne vir mekaar liefling en sien nie die regte lieflinge in die lewe raak nie.

        So….

        Viva…..DOPSKOPPERS!!!
        Viva…..DEMOCRACY!!!

        Oops amper vergeet ek……… 😆

        • 23

          Sharpshoot said,

          Luister hier ou man… Jy kan nou maar vloek en skree en soos ‘n blou-pop met ‘n wit hoedjie aangaan soos jy wil – relax net eers!

          Jy like anyway nooit niks nie – so chillax.

          As daai manne wil sing, laat hulle sing – majority rules en al daai…. en solank daai gesingery die bekers hou waar hulle is – who cares? Ek dink nie eers ‘n gesingery gaan daai welpies van jou deurtrek (rooi of pienk) nie!

          Nou wonder ek hoe julle daar anderkant eet – as daai ribs en chicken wings nie bene in gehad het nie het daai Amstel my regtig gevang …. of dit was net jy wat so geeet het dat dit lyk of jy die vleis van die bene af eet – net om met my kop te smokkel – was JY dalk in St. Anderton!?!?

  15. 24

    Dellie said,

    Sorry Skerpste … ek’t probeer! 😆

  16. 25

    Fokk said,

    Dopskoppers

  17. 26

    Savanha said,

    Ek stem saam met “jou eerste stem is jou laaste stem” 😉 Ek voel ook SharpshootingJagerBommers sê vir my niks van Rugby nie (no offence)!! Ek hou by my stem van Dopskoppers!

  18. 27

    Verdwaalde Gulpie said,

    Fok net om anders te wees. Shame die naam kry nie ondersteuning nie.

    Takielianers

  19. 28

    Gatvol said,

    Watse soort barbaar skop sy dop rond? Nee sies.

  20. 30

    Suz said,

    Dellie ek stem saam met die ander, geen een mag sy stem verander nie, een soos dit vir my lyk is Dopskoppers die wenner, alhoewel ek meer van Dop Droppers gehou het.

  21. 31

    Fokk said,

    Ok, ek change my mind!!!

    Takielianers

  22. 33

    BB said,

    By gebrek aan kunssinnigheid sal ek dan ook nou maar Dopskoppers kies.
    Dankie.
    Die Uwe
    :mrgreen:

  23. 34

    Skoenlappr said,

    Nie een van die name doen dit vir my nie, of maak ‘n lasting impression op my nie.

    sorry maters.

  24. 35

    parkes1 said,

    Dopskoppers sal ek maar ook kies

  25. 36

    Suz said,

    Jammer Sharpie maar ek hou nog steeds nie van jou keuse nie.

    En ek laaik Dellie se blog, so ek gaan nie fokoff nie.

  26. 37

    Gatvol said,

    Ek voel Sharpshoot se passie moet spesiale erkenning kry. Dis nie die kwantiteit stemme nie maar die kwaliteit. 😉

  27. 39

    Alta said,

    Ai tog, plaas ek ok maar vir Jagers gestem het want dopskoppers klink nou af!!!!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: