Knit one, slip one

Ja ja ja – ek het beginne brei … weereens. Nou kyk, my rekord v brei is so iets … ek het amper 21 jaar terug booties gebrei v Pere … en die allerfraaiste wit truitjie. Daai ene was baie ekonomies, want elke keer as dit gewas is, het dit so bietjie groter geword – hy het dit gedra tot hy 3 was!😯😆

Toe hoor ek nou dat dit terapie is om te brei. Ek het my ‘creative’ side so effens langs die pad verloor die afgelope paar maande … maar ek het dit nou weer gevind. Lê toe allie tyd agter die kroeg se toonbank, dit moet nou net bietjie afgestof en blink gevryf word. Ek gaan weer mooi goedjies maak en verf en al daai dinge. En weer so bietjie kak praat hier op my blog. My muse is nogsteeds daar oppi eiland v verlore sokkies – hou vir plonkie.com geselskap seker. En daar is net ‘n dail-up connection, so ons gesprekke time-out so effens, veral as iemand anners gou wil huistoe bel.

Vir almal wat worry oor my – thanx v die emails en oproepe.  Ek  is OK, ek cope en vat maar elke dag soos dit kom en deal daarmee.  Knit one en slip one, soms. Fanks v die pickups wat julle doen – ek waardeer dit meer as wat julle ooit sal besef. Dis nou een ding wat ek geleer het in hierdie afgelope paar maande …. julle is REAL! Maak nie saak wat enigeen sê oor online friends nie – ek weet wat ek het in julle.😉

En julle ken my mos – ek kruip nie v te lank inni gutters rond nie,  want volgens Flintie fok dit net my skoene op !!! En ek loooove my skoene, so niks van daai v my nie. En Maandae kan ook maar gooi – ek kannit handle!

Hierdie is mos my jaar,  het ek besluit – ek gaan ook ‘n tattoo kry, klein op my enkel – daai 69 wat so omgeval het (is mos my sterreteken)  … en ek gaan valskerm spring, en innibos toe, en ‘n tarantula kry assi pet. Life begins at 40, seg die slim mense – so ek ganit aan die horings gryp en bloots ry. Bring it on, baby!

Anyways – terug na die brei kwessie … hier issi begin – en ja, julle mag maar lag!

loergat!

Check daai loergat! LMGA – maar ek gaan nie van voor af begin nie, anners gaan dit noooit klaarkom nie. Was erg genoeg om net die steke op te kry sonner om iets te verloor langs die pad …

Ek werk hard aan Vriffie se serpie – dit moet ten minste klaar wees teen KroegPloeg tyd … 24 slapies as ek reg tel? Maar ek het nou al 8 wat moet klaarkom, loergate en tossels included! So ek dink ek moet dalk dikker naalde en wol kry!

Amper vergeet ek! Dit is hoe dinge op die stadium verloop inni Dopskoppers Fantasy League. Hierdie is die top 10 …

Julle is welkom om nog te join as julle wil. Dis nog early days😉 En dis rerig vet pret. Volg hierdie link, registreer jou span, en join ons league deur die code in te sit by ‘join a league’ 18928022834707

32 Responses so far »

  1. 3

    Gatvol said,

    Wonderlik!! Hou ons op hoogte! 😉

  2. 4

    muffia said,

    … enne onthou – myne i Shark kleure nê !!

  3. 6

    Flintie said,

    Ai Vriendin, hoe laat jy my darem nou smile. Is mooi as jy jouse selwers so optel en afstof. Kyk, loergat of te knot (of is dit not?) Whatever, hou net daai skoene skoon, want dis po$s duur en ons almal weet dit. Keep on smiling, love ya girlfriend!!!

  4. 8

    Sharpshoot said,

    Kan ek ook een kry asseblief?

  5. 12

    Alta said,

    Brei?? Net ou tannies brei Dellie? 😆 😆

  6. 15

    demoerin said,

    Mense van 40 brei mos nie❓😯
    Live begins at 40… Knitting begins at 80😆
    Toemaar, ons weet jy het dalk die terapie nodig… onthou net, nie alles in die gutters is noodwendig sleg nie😉

  7. 18

    Charms said,

    Jy gaan vir ewig vat met daai tannestokkies….. en die kroeg is ook maar terapie nè. Het jy al agtergekom hoeveel kennis die barman het na ‘n paar drankies.

  8. 20

    savanha said,

    Ek wag in spanning vir my serpie! en daai tattoo!!😆

  9. 23

    Skoenlappr said,

    Dellie … enige iets kreatief is terapie … lapverf, mosaic werk, brei, shooters traai drink sonner jou hande …
    LOL!

    Ek weet sommer jy sal hierdeur kom. Kom julle my nog haal viri Kroegploeg? (hou julle dit nou op ‘n plaas? hehe)

  10. 25

    brei..LOL…ek spot altyd met brei maar ek dink ook dit is koel.

  11. 27

    BB said,

    Ek kan nie brei om my lewe te red nie!! Ag, brei vir my ‘n bikinitjie, toe man Cupcake? Soos ons hulle ini 80’s gedra het. Sulke driehoekies? One size fits mos all…:mrgreen: Sal jy? Asseblief??😕

    • 28

      Dellie said,

      Whahahahaa driehoekies Beeps? Jinne, dit behoort ‘n uitdaging te wees … solank jy net weet, ek brei NET in blou!:mrgreen:

      Belowe niks nie, maar ek sal try hoor!😆

  12. 29

    Verdwaalde Gulpie said,

    Tolletjie brei is makliker, maar jy kannie ‘n serp daarmee brei nie. Hekel is vir baie baie ou mense, brei is vir verveelde mense, kom kuier in my losie dan hou ek jou fiks. Spinning classes en paaldans is nou deesdae die in ding.

    Ek speel sulke lekker tecno (pingeling tjing tjong) agtergrond musiek.

    Ek wil ook bellydance daar begin, maar ek soek nog die regte belly om te kom audisie vir instrukriese. Stel jy dalk belang Dellie?

  13. 30

    Koekie said,

    Whahaha Dellie, ek like jou nuwe stokperdjie.🙂

    Ek weet hoe moeilik dit is om te brei. Sav het my probeer leer toe my oudste gebore is maar ag wat n fokkoppie!! Ek dink ek het net tot by die eerste drie rye van sy booties gekom toe gee ek op…. hahaha. Vra maar vir Sav. So, ek wil net vir almal laat weet brei is nie vir sussies nie. lol.

    Ek wil ook n serpie hê asb Delschie.😀 Myne moet ook asb heeltemal blou wees met twee wit horings aan elke pant. Dankie Dellie😉

    O ja, dankie vir die update van die spanne. Ek like nr 1 en 2 heavy!! hie-hie

  14. 31

    Verdwaalde Gulpie said,

    Wat het van Dellie geword? Weet iemand? Dis oral stil.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: