Die Kroniekels van KroegPloegania 3

Dag 3 – 20 Maart 2010 – Ons word seerotte!

Saterdagoggend was ons almal ook weer op net na 7. Dwaal rond in ons nighties, drink koffie, en sit en praat kak en giggel al klaar weer oppi deck terwyl die son opkom. Geez, maar daai plek is warm vroeg oggend hoor! Sommer vinnig is almal aan die sweet, en kies koers showers toe.


Dit was my beurt om brekfis te maak, en nadat almal hier teen 11 uur ek dink? geëet het, het ons net gechill en rugby gekyk so effens. O ja, ons het ook so bietjie gaan swem en toe het Tokke die Lala Harpie boot gesoek …

Teen so half drie is ons toe metti spoed Spar en Dopshop toe … die voorraad moes opgevul word! Ons het besluit om sommer wors te braai oppi boot, en hotdogs te maak. Halfpad oppad Spar toe, onthou ons toe dat ons nie messe, margarien, tamatiesous of mosterd gevat het nie. Netti braaitang en bak v die wors … hehehehehe! So die res sou gekoop moes word …

So stop Sharpie by die garage sodat hy en Boeta die diesel v die boot kan kry. Ek en Plein stap toe sommer solank Spar toe v die voorraad wat ons nodig het. Terwyl ons besig is om die buns in sakkies te laai, storm Koekie en Sav op ons af met ‘n baie luide “My goeie fok, maar dis nou lekker om julle hier raak te loop!” en ons gil “hello” oor en weer, omhels mekaar en gaan tekere asof ons mekaar jare laas gesien het. Iemand wat besig was om deur ‘n tydskrif te blaai laat val dit, die tannie langs ons gooi haar buns mis in die sakkie, en ons skree soos ons lag. So verdwyn elkeen inni anner rigting op ‘n jagtog na wat ons nodig het, en as ons mekaar raakloop tussen die rakke, gebeur dieselle ding weer van voor af. Arme Tjallas kom erens ommi draai, heel onskillig, en ek en Plein oorval hom behoorlik. Die uitdrukking op sy gesig was priceless.

In die Dopshop die keer het ek soos ‘n wafferse fotograaf rondgehol en sekergemaak ek neem almal af wat betaal terwyl hulle betaal – sodat die Sharpie episode nie weer herhaal word nie, sien? Daai storie is nog oppad … net bietjie geduld, daar is so ‘n paar legal issues wat eers gesort moet word.

Kyk - ons HET betaal!

Toe is ons reg v die boottrippie! Ons was effens skrikkerig vir naarword, en Braam die skipper het ook gewaarsku dat die see effens rof is. Sharpie was net bang hy val oorboord en word haaikos. Maar hy het toe vinnig ontdek dat daar eintlik seewater in sy are vloei, en soos ‘n wafferse sailor omtrent die hele tyd gestaan.

Kla-gelag lê vir ons en wag

I'm on top the world!

Dames en here, neem asb julle sitplekke in, ons gaan nou opstyg

Kyk wyd haaie, ons is oppad!

Tokke en Tjallas was besonders stil … en toe ons mooi kyk, sien ons dat Tokke al so ‘n groen skynsel deur sy hare het. Tjallas was ook maar bleek om die kiewe, maar die res van ons was regte seerotte – mens sou sweer ons  vaar elke dag metti boot werk toe.

Sy kopvel was regtig groenerig ...

Nadat Tokke die visse bietjie gevoer het, het hy beter begin lyk en toe word daar ernstig gekonsentreer op visvang. Tjallas het vir ons hierdie beautiful vis gevang – ‘n Queen Mackerel.

Here fishy, fishy, fishy

Is dit nie beautiful nie?

Ons was so min of meer 7 km uit op die see, as ek reg onthou? Daar was ook ‘n paar groot skepe op die see, en ons het die sailors mooi gegroet …😳 lmga!

Niemand noem my chicken nie ...

Tatta sailors

Ek het ongelukkig my bloubul pet geoffer v die haaie – en Sav het ook ietsie geoffer … en Koekie haar splinternuwe lighter.  So as iemand ‘n haai of ‘n Queen Mackerel vang met ‘n boubul pet, ‘n lighter en iets lacy, dit was ons s’n!

♫ We are sailing ♪

Die trippie was rerig awesome. Ek het my ‘Titanic’ moment ook gehad … heel voor gaan sit vir omtrent 20 minute, skat ek. En dit was beautiful … doodstil, met die wind in my ore en die reuk van die see in my neus – ‘n tydjie vir bietjie reflection.

Tandarts stoel?

Oppad terug het Braam ons stadig deur die hawe ook geneem, en ons was so aan die gesels dat ons nie eers opgemerk het dat ‘n groot skip op ons afpyl nie. Amper het ons die koerante gehaal om die verkeerde redes!

Mnr Pitt het ook sy lewenslange droom verwesenlik deur vir ons ‘n leeuloop te doen oppie boot … maar daai foto’s kan julle ongelukkig nie sien nie … sorry!

Ek en Braam, ons skipper

Teen 8uur se koers, was ons terug op land. En toe gaan die party voort. Erens op ‘n stadium het ek vroegoggend my duimnael verloor – nogals diep in die lewe ingeskeur en ek bly dit oral stamp. Ek vra toe v Boeta vir pleisters … en toe is die ark oop! Mens sou sweer dis juwele of iets soos wat die girls die pleisters beetkry en hulleself beplak oral. Pleintjie plak toe een op haar voorkop … en hou dit mooi toe, sodat sy op iets wat Sav sê kan antwoord: “Staan daar doos op my voorkop?”

SOOD?

Wel, duidelik toe nie! Whahahahahaha!

15 Responses so far »

  1. 1

    Chopper said,

    Hahahaha! Klink julle het permanent pret gehad.

    Ek wag vir die storie oor Sharpie, sonner details weggelaat, want ek’t gedag hierdie betaalfotos was van Sharpie. Duidelik weer iets nie gekop nie.

  2. 4

    Savanha said,

    Waaaar is daai foto waar die sailors gegroet is!!??😆

  3. 7

    koeksister said,

    Jinne, ek is so groen soos jou blog van jaloesie, dit klink of julle ‘n great tydjie gehad het, kan nie wag vir die res nie🙂

  4. 8

    Kadoes said,

    Is daar nog foto’s waar julle die sailors gegroet het ??

    Klink na vet pret sover …..

  5. 9

    Skoenlappr said,

    Dellie, jou ou sluwe slet!! LOL!! om so jou pramme vir die verbygaande boot se mense te wys!
    LMIMM!!

  6. 10

    Anoniem said,

    Whooo-Hooo! Was groot pret gewees, kan sommer sien

  7. 11

    Vygie said,

    Ai dit lyk so lekker Dellie

  8. 12

    Plein said,

    Wahahahahaha, flip ek lag sommer weer lekker asof dit ‘n week terug is. Sav se reaksie op SOOD was priceless. Daai gesig van haar. Wahahahahahahaha

  9. 13

    BB said,

    Ok Cupcake – ek was nou al elke dag 1 of 2 keer ini kroeg – waar de dinder is julle ammal??
    Oits!!! NEVA weer noem ek jou ‘n chicken!!😯 PROMISE!!😆

    • 14

      Dellie said,

      Hehehehe Beeps! Daai was darem ‘n eerste v my ook hoor! En gelukkig gaan ek daai mense nooit ooit weer raakloop nie.😳

      Jong, ons groupchat deesdae op Skype – dit werk makliker as die Kroeg.😉


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: