Die Kroniekels van KroegPloegania 5

Dag 5 – 22 Maart 2010 – Homeward bound and lost in translation

Ons WOU 6 uur al gery het. Maar wat ‘n stryd wassit nie om v Sharpie wakker te kry nie. As daai man slaap, kan ‘n bom langs hom afgaan, hy sal net omdraai en verder slaap. Vrydag oggend 5 uur se koers het sy sel afgegaan (wekker) en seker maklik v 10 minute die een deuntjie na die anner gespeel … sonner dat hy roer. Ek dink ons het darem eventually hier teen half sewe in die pad geval.

Op Vryheid het ons gaan brekfis by die Wimpy, want toe is ons dun en slaperig – kort ernstig koffie. En wonder bo wonder lyk dit toe of die GPS tannie ons op die korter pad het as waarmee ons gekom het.

Wel, ons was te gou bly … oppad Newcastle of Memel of iets van daai aard toe, seg die antie mos: “Now, keep left.” Niks van fokken DRAAI links nie, net hou links. Maar nee, mnr Pitt Navigator besluit dit beteken “Kap links”. En Tjallas kap links.  Ons beland oppi grondpad. Erens voor inni pad sien ons ‘n hele trop beeste – hulle loop die hele pad vol. Nee donner, besluit ons, erens het ons iets gemis. Draai om, kap sommer ‘n regs by die eerste pad. Ook ‘n grondpad. En daar wil die GPS antie in haar broek kak. “Turn around as soon as possible.”  En volgens die GPS is ons in Moerlandspan – nie eers satelites sal ons hier kan track nie.

Ons draai toe maar om, en durf die trop beeste aan. Moerse goed, en in goeie kondisie. So entjie agter hulle, kom ‘n kleinerige seuntjie metti perd aangery. Tjallas stop en vra of die pad weer ‘n teerpad word. “Nee, ek weet nie, Oom.”

Nou ja. Daar sit ons toe.

Watter kant toe nou?

Dis nie dalk die grens met Zimbabwe nie?

Sien iemand 'n anner pad somewhere?

Ek pleit rigtingloos

Terug in die kar, reken die GPS antie toe ons is nog op die regte spoor. Ons moet net aanhou met die pad. Ons reken toe wel, terwyl ons hier in die ongerepte natuur is, kan ons dit netsowel enjoy …

Ladies and gentleman - on your right you will see a black beast. Somewhere in the grass.

Nee, ons pp nie!

Toe jaag ons laat die stof so staan ...

... by Pramberg verby

oor berge en dale

Doer ver is die highway - waar ons veronderstel is om te wees

Daar's 'n moerse drif daar voor!

Ons het eintlik Sharpie se 4 x 4 nodig v die ene

We made it! Teerpad!

Die res van die terugtog het sonder voorval verloop – behalwe vir die feit dat die grondpad eintlik makliker was om te ry as die teerpad met slaggate …

Ons was in Parys teen … uhm … 20 voor 2  ek dink? En toe is ons …

... moeg geploeg ...

Dankie vir die lift julle! En die trippie daarheen, en terug, was great. Julle is rerig my tipe mense – soos Ebie al laaaaank terug gesê het … ganse van dieselle dam.  Hierdie is die begin van ‘n fokken BEAURIFULL friendship!

En daarmee maaikies, kom ons dan aan die einde van die Kroniekels van KroegPloegania. Hoop julle kon darem ‘n idee kry van hoeveel pret ons gehad het. Ons maak sommer gou weer so.

Advertisements

14 Responses so far »

  1. 1

    twattie said,

    *Klap handjies virrie mooi storie* Jeeeee!!

  2. 2

    Savanha said,

    Whahahahahahahaha hoe lekker lag ek nou weer!! Ai die memories! 😆

  3. 3

    Suz said,

    Julle sal maar weer ‘n kroegploeg moet hou. Sodat ons weer so lekker kan lees en lag.

  4. 4

    Koekie said,

    Whahaha!! Nice Dellie!

    Thanks vir jou ook Dellie, jou teenwoordigheid het ons trippie beslis lekkerder gemaak – veral as jy daai gunston laggie uitpak of donkie lag soos Tokke sê.

    Ek het gesien ons volgende trippie is dalk Kaap toe?? Whooo-hooe!! Die Kaap gaan nooit w dieselfde wees nie.

  5. 7

    Gatvol said,

    Bietjie verdwaal is ook ok as jy tussen pelle is. 😉 Jammer dis nou die einde van die storie – dit het so lekker gelees!

  6. 8

    Alta said,

    Ek is baie bly julle het dit geniet en soveel fun gehad! Ek is natuurlik nogsteeds groen! 😦

  7. 9

    Flintie said,

    Ek lees ook so in stilte saam, voel soos die weggooi kjindtjie van die internet. Delsie, jy het nou wragtig plakboek en blog so in een gesmelt dat ek nie meer dink dis ‘n ander hobby nie. Bly julle het dit geniet en dis die LAASTE dat julle sonder my afgaan, gehoor?

    Elke roadtrip MOET ‘n moffie saam hê, dis die reëls vriendin.

  8. 11

    Gigi said,

    Is ekke nou lekker suurgat waar ek hier sit, snuif sommer voetpoeier en drink hin Temic cocktail!

    Bly julle het dit so geniet, maar is groen van jaloesie Dels! En jy het alles puik oorgedra, amper gevoel of ek saam was!

  9. 12

    Skoenlappr said,

    Lappr se kop ruk verstom orent!!! “Kaap toe??”

  10. 13

    Charms said,

    Dit klink asof julle ‘n fantastiese “ruskansie” gehad het 🙂

  11. 14

    demoerin said,

    😆 Lyk of dit vet pret was….
    En ek tog ek hette rowwe tyd gehad ❓


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: