Die Kroniekels van KroegPloegania – bonus

Dag 2 – 19 Maart 2010 – Sharpie kry ‘n rekord

Dit het alles so begin … terwyl ons in die Dopshop was Vrydag, het Koekie daai blou bottel goed gesoek. Ons het nou al gehoor van die jellytot drinksessie, maar nog nie rerig geweet hoe dit werk nie. Ek dog mens gooi ‘n hele pakkie jellytots inni bottel en dan … uhm … ek hetti eintlik verder as dit gedink nie. Maar blykbaar Plein ook nie, want toe kom ons op met hierdie briljante idee: as ons ons eie pakkie jellytots kry, en so paar erens wegsteek, dan kan ons dit mos ongemerk in ons monde pop en maak of ons groot gesluk het. Ons het mos nou ookie geweet hoe potent is daai blou drink nie, sien.

Die probleem was nou net dat Sav toe alreeds Spar toe is om jellytots te gaan koop – so sy sal natuurlik v my of Plein bestorm as sy ons sien. Ons besluit toe dat Sharpie dit moet gaan koop. Hy wil nog weet hoekom toe Sav terugkom, en ek net vinnig in sy oor fluister dat ek later sal verduidelik en dat dit ‘n geheim is. Met so ‘n wuif van die kop na die toonbank se kant toe, sê hy vir my: “Hou net my bier dop daar asseblief.”

Ek sien nerens v Koekie en Sav nie, en neem aan dat hulle ook alreeds kar toe is. Wat ek nie geweet het nie, was dat die twee halfjacks in hulle cleavages gedruk het, en dit toe skelm in die walk in fridges aan die agterkant van die winkel gaan drink het. Toe Sharpie terugkom, staan die res van ons al v hom en wag. Hy vat sy bier en ons gaan kar toe.  Het net ingeklim, en hy reverse … toe gebeur dit!

Skielik is dit net blou ligte en sirenes. “O fok,” sê Sharpie, “klou Delshie, Sharpie gaan jaaaag!” En met skreeuende bande klim hy sommer op die pavement en jaag oor die parkeerarea soos ‘n hell driver. Ek stamp my kop teen die windscreen en breek amper my neus.

Die polisie se spesiale taakmag – ETALD ( Eenheid Teen Amstel Lite Diewe ) kom met 4 Hummers, 2 Isuzu’s (met staal canopies en sulke klein venstertjies) en 3 Mercedes Benz S – klas (ongemerkte voertuie) aangejaag. Blou ligte EN sirens – hierdie was immers die elite teen misdaad eenheid – en druk ons van die pad af. Sharpie sukkel om die 4×4 se low range te engage en ry bo-oor die een sekuriteitswag en kom tot stilstand bo-op ‘n ander een se linker voet toe hy die ding stol.

Hulle is nie impressed nie. Deure word oopgepluk en Sharpie word hardhandig aan die kraag gesleepdra tot terug in die Dopshop. Die publiek maak sommer sulke paadjies oop as ons nader kom.

“Jy het nie betaal vir jou bier nie, jou skermunkel!” gil die een ETALD lid inni fyn stemmetjie.

Koekie en Sav was nog besig om hulle halfjacks in die fridges te down toe daar net ewe skielik swart gekleede ninjas van die dak en vensters begin afseil. Hulle gooi rookbomme en skree aanhoudend: “Lê op die grond!!! Voete in die lug!!” Dit was eintlik vreesaanjaend maar gelukkig was Koekie en Sav al klaar goed onder die prop en het dus hulle holle oopgeskeur vir die konsternasie.

Toe hulle uit die yskas uitkom sien hulle die manne het vir arme Sharpie aan die arm beet. Hy word teen die toonbank gedruk, sy bene word oop gespalk en hy word van kop tot tone gesearch. Ek het lekker in my mou gelag want dit het gelyk of Sharpie dit heavy like eintlik… hahaha. Handboeie en voetboeie word uitgepluk en Koekie dog “blixem, dit gaan nou lekker raak hier”. Vier ander elite ouens storm nader, gooi vir Sharpie oppi grond en druk hul kniee in sy rug. Sav skrik so groot sy hol die Dopshop uit om vir Tokke en Tjallas nader te roep. Plein spring op die een “elite” ou se rug en byt sy oor so hard jy hoor hoe kraak die beentjies. Koekie gryp toe maar nog ‘n halfjack en hardloop om vir Muffie te gaan roep. En toe ontdek ek die spermpies oppi counter …..

Hoe meer Sharpie v die mense probeer verduidelik hy HET betaal, hoe meer klap hulle hom teen sy kop en skree “Jy lieg!”. Een van die Ninja’s kry sy beursie beet en gooi alles uit, opsoek na die strokie wat moet bewys hy het betaal. Fokkoli. Daar val net strokies van The Pink Flamingo en Teazers uit.

’n Spesiale CCTV ontleder word ingevlieg van Mtubatuba af. Hy kry GEEN video bewyse dat Sharpie betaal het nie, want Tokke try heeltyd die ding gebruik om video games te speel. Ons het toe al so bietjie bored geraak en buite op die pavement gaan sit en dice speel met die boy’s (lol) en bier drink.

Die mense in R/baai vat nie kak nie, ‘n landros word opgekommandeer om dadelik die saak te kom beslis. Maar dit is Vrydagmiddag, en die ou wil gaan rugby kyk. Hy set bail op R 1,500.00 – wat hy dadelik verhoog toe ons fondinsameling hou by die ander kliente – en ons kon ongelukkig nie bykom nie. Party ouens het chips en sweets ook inni hoed gegooi, en daar was ‘n oop bier ook. En ‘n halwe hamburger. Dit het my laat vermoed dat Chops dalk ook inni Dopshop was. Wassit jy Choppies?

So daar vat hulle toe vir Sharpie weg. Hande agter die rug geboei, swart sak oor sy kop…. Drie ure later kontak hulle v Boeta, en sê as hy net ‘n IOU teken, kan Sharpie bail kry. Of hulle gaan hom liewers laat gaan – hy beinvloed die kriminele en beplan ‘n jailbreak. Daar is net een voorwaarde – hy moet gemuilband word vir die volgende drie ure, en hy mag niks van sy gesteelde Amstel Lites drink nie …

12 Responses so far »

  1. 1

    muffia said,

    Bliksem – ek het geweet dit was erg – maar so erg – norrefeit ( * wink * ) – bwahahahaaa

  2. 2

    Gatvol said,

    Arme Sharpie 🙂 Dit lyk my hy het maar nooit ‘n kans gestaan teen julle vroumense nie! 😉

  3. 3

    Koekie said,

    Whahahaha!!!

    Ek moet net noem, ek het nie eintlik ‘n cleavage nie, ek het my halfjack in Sav se cleavage gedruk.. lol!

    Daai spermpies was moer lekker!

  4. 6

    Chopper said,

    Whahahahahahahahahaha!

  5. 7

    Alta said,

    Fokkit, arme Sharpie, bwaahahahaahahahaha!

  6. 8

    Savanha said,

    Oooooo daai sperms was beautifull!!!😆

  7. 9

    twattie said,

    Arme, arme Sharpie!
    Amper was hy iemand se biets ini tjoekie – ‘n tjoekiekoekie!

  8. 11

    Skoenlappr said,

    LMIMM … ek lees “hy het nou moerse connections inni onderbroekwêreld”

    LOL!!! eeekkk!!!

    skryf hy nou sy naam met ‘n uitveër??

  9. 12

    Kadoes said,

    LOL LOL – ek het nou my hol geskeur. Wat ‘n storie!! Shame Sharpie – jy’t omtrent afgetjop (wink wink)


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: