Vergifnis ….

Dis ‘n groot woord – daai vergifnis ene … Soms voel mens asof jy nooit iemand sal kan vergewe wat jou hart vertrap het nie. Jy is kwaad en seer en sommer moerig met die hele wêreld – want hoe durf hy? En jy probeer verstaan, maar dit gaan moeilik … dis asof iets in jou pad staan om net daai eeeen ou stappie te vat …

Maar dan – sommer so uit die bloute, gebeur daar iets wat jou heel anders na die situasie laat kyk. En ja, ek weet ek stel myself bloot hier aan julle … maar ek ‘ken’ julle al so lank, en julle vir my – so ek wil dit graag deel. Die meeste van julle weet anyways wat my situasie is.

Ek het die beste week beleef in jare. Dis asof alles net eenvoudig in plek begin val nou – soos wat ek gehoop en gedroom en gewens het dit sal uitwerk. Niks meer seer of kwaad of verwyt nie … ek wens nie 22 jaar weg nie. Dit was ongelooflik, en ek het awesome memories en ‘n fantastiese kind om te wys daarvoor. Maar dis presies wat dit nou is – memories. En weet julle wat is stunning? Dat ons die hoofstuk kan afsluit sonder om te skree en te verwyt en te huil. Dis verby – en ons is OK daarmee. Sonder hierdie reis, sou ons nie die mense gewees het wat ons nou is nie.

Net een ding – moet asseblief tog nie jammer voel v my nie – dis lankal nie meer nodig nie. Baie van julle het my gedra deur die donkerste tye en julle het nie eers geweet julle doen nie. Dankie daarvoor – ek het die ongelooflikste pels! Online, en real 😉

Maar nou is ek op die punt om ‘n nuwe lewe te begin. Life begins at 40 (skrap daai – eintlik 16) seg die slim mense. En ek voel so bevoorreg om ‘n tweede kans te kry om weer gelukkig te wees.

Die eintlike punt wat ek wou maak is dit …. wanneer jy gereed is om te vergewe, en jy DOEN dit actually … is dit soos om te voel hoe die hele wêreld van jou skouers aftuimel. Absoluut amazing. Die geheim is net, dit MOET uit jou hart kom – dit is die eeeen ding wat jy nie kan fake nie.

So – bring it on world! I is ready! 😉

Vergewe my as ek julle net los met eeen song vanaand …vlinders vang issi full time job! 😳

Uhm – die post is op Bosluis ook … 😉

Advertisements

20 Responses so far »

  1. 1

    anne-marie said,

    Jy is vergewe vir di net een song! Maar ook net omdat jy happy is 😉
    (((Dels)))

  2. 2

    Go for it Dellie! Jy is sommer baie okay. ((hugs))

  3. 3

    Alta said,

    Dis goed om te hoor jy het oor daai hekkies gegly Dellie. Sterkte vorentoe en jy sal nie ok wees nie, jy IS alreeds ok.

  4. 4

    demoerin said,

    Ek is happy vir dellie omdat dellie happy is.

  5. 5

    Charms said,

    Ek hoop jou paadjie vorentoe is amazing. Om te vergewe is GROOT. *doen ‘n happy dans*

  6. 6

    Savanha said,

    Ek is so bly saam met jou Dellie!! Lekker vlinders vang!!

  7. 7

    PlaasJuppie said,

    “The weak can never forgive. Forgiveness is the attribute of the strong”
    “To forgive is to set a prisoner free and discover that the prisoner was you.”
    “To forgive is the highest, most beautiful form of love. In return, you will receive untold peace and happiness.”

    Well done Dellie.

    P.S. Ek hoor 40 is die nuwe 16 🙂

  8. 8

    Dolfie said,

    Sterkte vriendin. Bly om te hoor dinge gaan net beter met jou. Was nie daar vir jou nie, maar het altyd aan jou gedink. Het van dag een gesien wat besig is om te gebeur en moes stilbly. Baie moeulik vir my soos jy weet. Lewe nou elke dag of dit jou laaste op aarde is. Jy weet mos dis my ‘motto’ in die lewe. Voorspoed

  9. 9

    Smurf said,

    Dellie,

    Die ware vryheid van mens se gees
    Lewe in die aanvoeling van jou drome
    daar waar net jy kan orde skep,
    en die skoenlappers wat nou so baljaar
    mag jy dit vir ewig ervaar.

  10. 11

    Smurfi said,

    Smurf en Smurfi is mos maar dieselfde, onthou ek was toe mos by Hannon gewees vir die make over toe word ek Smurfi! 😆 😆 was so lanklaas hier by jou. net ingeloer om vir jou ietsie mooi te skryf.

  11. 12

    Smurfi said,

    Waar het die paparatzi my gevang vir Smurf soen? 😕 oulike Smurf prentjie hierbo!! Die Smurfies het die manier om so onverwags in mens se lewe te kom induik!! 😉

  12. 14

    Gatvol said,

    Dellie, natuurlik is vergifnis die belangrikste ding en die korrekte manier ook. Maar soms eers ‘n lekker vet snotklap. Hiehiehie – al is dit net in mens se verbeelding 😉

  13. 15

    Smurfi said,

    😆 😆 Hallo Dellie!!! Maar mens is jy ook nou blou? Nee ek sien so, ek joke so bieyjie, dis mos duidelik jy en jou smurf op die foto 😉 al is die smurfies almal blou kan ons mekaar darem uitken nê. Seksie smurf foto daardie van jou!!

  14. 16

    Sonneblom said,

    Hi ou Dellie,

    Was so lanklaas hier gewees. jammer om te moet lees van jou dinge jong. Dis goed om aan te beweeg. Die vergifnis ding… ai, is soms maar moeilik. Maar as mens dit kan regkry, good for you! 😉 En as mens nie kan vergewe nie, vergewe dan jouself omdat jy nie kan nie.

    Sterkte vir die toekoms. Alle geluk 😉

    Groetnis

  15. 17

    BB said,

    Og Cupcake – been there… done that… got no t-shirt though 🙄 … ok, dalk ‘n scar of 2, maar ek dra myne met pride – soos ‘n tattoo :mrgreen:
    Life begins, skat , when YOU FINALLY DECIDE to really LIVE!!
    So, put that motto of yours into action en “Ry daai lewe van jou bloots!!!”.
    Oh en Cupcake – daai wat Sonneblom sê is op die longrun dié allerbelangrikste ding – vergewe jouself – oorwinning en vrede lê altyd, altyd binne jouself – finding your worth and knowing it and being the very best Dellie that will ever walk this planet.
    Op die ou einde is die vryheid wat jy het om jou lewe voluit te kan leef, sonder suspicions, sonder brieke en veral sonder verskoning die grootste geskenk wat jy jouself kan gee.
    Go, Girl!! x

  16. 18

    MaanKind said,

    Vergifnis is absoluut bevrydend.

  17. 19

    RTSamvete said,

    Vergifnis volg opregtheid en waarheid. Die godalmagtiges wie hulleself in beheer plaas, sal soos die geskiedenis saam met die wiel draai. Dis great om askies te kan vra en vergewe te word en aan te beweeg, al gebeur dit min.

  18. 20

    Tersia said,

    dankie vir jou gereelde kuier by my! Ja mens sal nie die paaie van die lewe altyd kan verstaan nie! As mens nie emosioneel betrokke is nie, is dit maklik om te vergewe….maar ai, dit was vir my maar n lang seer pad! Vandag kan ek egter getuig daarvan, toe ek 100% gereed was om te “let go….” toe werk die Here met ander dinge…. En ek is gelukkiger as enige tyd in die 22jr…. Maar ek sal nie se ek suffer nie soms nog nie….


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: