Wees Jy Die Ridder …

Dra my op jou hande, dra my soos ‘n hoed

Lig my teen die kante uit, spuit my in jou bloed

Tel my oor die dorings, gryp my as ek sink

Help my waar dit nodig is, slyp my soos jy dink

Droom my in jou drome, en weef my deur jou dag

Kroon my as jou koningin, en leef my as jy lag

Wees jy die Ridder in my feëverhaal, die vlinder in my lyf

Die winteraand se kaggel, om die koue te verdryf

Wees jy die Ridder in my sprokie, die skitter in my oë

Die bittersoetste glorie van ‘n duisend reënboë

Dans my op jou ritme, wens my in jou wens

Hoor my in die stilste stilte, stoor my in jou spens

Stap my in die maanlig, maal my deur jou kop

Teug my in en hyg my uit, ryg my in jou veters op

Lees my soos ‘n storieboek, en wen my oor jou pad

Peusel my soos kersiekoek, pen my in jou hart

Wees jy die Ridder in my feëverhaal, die vlinder in my lyf

Die winteraand se kaggel, om die koue te verdryf

Wees jy die Ridder in my sprokie, die skitter in my oë

Die bittersoetste glorie van ‘n duisend reënboë

2 Responses so far »

  1. 1

    Paula said,

    woww … pragtig!!

  2. 2

    BB said,

    Seriously beautiful Cupcake. Og, ek is soooooooooo ‘n sucker😳


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: