Vir jou, Vrou

Die afgelope paar maande is ek baie bedrywig by Bosluis. Dis nie my site nie, maar ek het so sonder dat ek rerig besef het wat gebeur, verantwoordelik geraak vir die posts elke dag daar. ‘n Baie nice klompie mense wat al ‘n lang paadjie loop, so ek kon nie net sommer sien hoe alles ‘wegraak’ daar nie. Ek was miskien nie die beste keuse nie, maar die enigste … hahahahaa! Anyways, my eie blog het so effens ‘n stappie agtertoe gevat … wat nie rerig pla nie, want ek geniet Bosluis en almal daar geweldig. Hierdie is net vir my ‘n baie spesiale post wat ek graag hier ook wil deel… en dis vir al die besonderse vriendinne in my lewe ook … Struikrower is aan die woord …😉

Vanaand se Suis word opgedra aan al die ma’s, ouma’s, niggies, sussies, tannies, vrouens, girlfriends, madames, skelmpies en mistresses daarbuite.  Dankie dat julle lede van die skoner geslag vir ons gesorg het vir ‘n heerlike sonnige vakansiedag vandag.  Hoop ek mag namens die meerderheid mans hier praat, maar ek dink na duisende jare is dit heel duidelik dat julle inderdaad van die planeet Venus af kom.  Dit is wetenskaplik bewys dat julle nie regtig kan bestuur nie, en die obsessie oor die toiletsitplek raak nou regtig afgesaag.  Maar dit daar gelaat…

Graag wil ons julle bedank vir die diefstal van ‘n spesifieke ribbebeen so ‘n tydjie terug en ‘n hap uit ‘n appel, maar was dit nou regtig nodig om  sedertdien die geboortepakkie te bedek met daai vyeblare (en variasies daarvan)?  Dit het dan so jolig gegaan daarsonder?  Maar dan weer – die manier wat Jy daai sexy agterstewe van Jou wikkel in daai stywe blou jeans is genoeg om enige man in die hel te laat beland, om van die boots nie eens te praat nie!

Weet julle dat ons julle wel in die stilligheid bewonder?  Weet julle hoe alleen ‘n nag kan raak sonder die bekende nabyheid van ‘n warm liggaampie, wat styf teen jou lê?  Julle absoluut ongelooflik manier om sekere situasies te hanteer, (en nie te hanteer nie) laat ons dikwels sprakeloos, hoewel julle daarna as ‘dikbek’ verwys.

Maar ek weet ek speel nou op die treinspore, so kom ons kom by die musiek uit.  Dankie aan julle almal.  Dankie aan die Mona Lisa’s, die Margaret Thatchers, die Moeder Teresas, die Sarah de Jagers, die Joan of Arcs, maar in besonder – dankie vir Jou, Droomvrou

John Lennon – Woman

OMD – Maid of Orleans (Joan of Arc)

Jimmy Clanton – Venus in blue jeans

Peter Sarstedt – Where do you go to my lovely

Right Said Fred – Where do you go to my lovely‘n vars weergawe van Peter Sarstedt se song

The Pretenders – Hymn to Her

Patrick Swayze – She’s like the wind

Charles Aznavour – She

Nat King Cole – Mona Lisa

Lucas Maree – Droomvrou

The Doors – LA Woman

Chris de Burgh – Patricia the stripper

1 Response so far »

  1. 1

    Dellie said,

    Sjoe – waar is die tyd heen? En hoeveel het nie verander intussen nie. Maar die bly spesiaal😉


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: