Hello World …

Nou ja toe – dis baaaaie maande sedert ek laas iets hier gedoen het … en ek is verbaas om te sien hoeveel hits hier nog elke dag is, en ook dat ek blykbaar 44 subscribers het! 😯 Ek het nie eers geweet ek het EEN nie 😆  Skuus as ek julle afgeskeep het.

Ek weet nie rerig hoe om dit te beskryf nie. Die afgelope tyd was ek besig met Bosluis se stuff, en ek het ontdek dat FB ‘n lekker en vinnige plek is waar mens ure se pret kan hê. Een one line funny comment, en daar is die gesprek of wat vir die dag. En dan is daar natuurlik nog my Skype pelle … so, eintlik weet al die mense wat belangrik is in my lewe, die hele tyd wat aangaan daarin.

Stelselmatig het blogs ‘n baie laaste plek begin inneem … ek bedoel nou om blogs te lees. Tyd, tyd, tyd, is my verskoning. Al waar ek nog uitkom, is by Demoerin en Flintie. En ja, Vreesloos Afrikaans! (Al word ek nie eers genoem in sy laaste post nie, ek voel diep seergemaak. Daar was ‘n tyd toe hy standbeelde vir my opgerig het … 😆 )

Anyway … nou het ek vergeet hoekom ek die post begin het … hahaaha!

O ja – ek wil eintlik vir julle vertel van “life after divorce” … Dis nie rerig so kak soos wat die koerante sê nie. Ja, toegegee, in die begin was dit ‘n aanpassing. Maar  vir my meer om aan die titel van ‘geskei’ gewoond te raak. Juis omdat ons teen die tyd toe die egskeiding deur was, alreeds amper ‘n jaar nie meer saam gebly het nie.

En intussen het baie water in die see geloop. Ek het my selfvertroue teruggekry, besef dat ek ‘n mens in my eie reg is. Ja, ek het ook ‘n stel of wat afgetrap omdat ek so gretig was dat iemand net van my moet hou om te bevestig dat ek nog vrou is … en dit was seer, maar so leer ons mos maar.

Ek glo dat ek ook slimmer geraak het, en geleer het om my hart ver weg te bere, en net die fun en games te geniet.  Dis nie nodig dat elke interaksie met die teenoorgestelde geslag, romanties moet wees nie. Vriende met voordele beteken nie noodwendig seks nie – dit kan ook net beteken hy betaal vir my kos en drinks, en lewer vir my blomme af wanneer ek dit nie verwag nie 😉 Of ek kan hom bel wanneer ek wil gaan fliek en dit nie alleen wil doen nie.  Of … wel … hehehehhe

OK – noudat ons weer so effens opgevang het, gaan ek probeer om weer die blog te maak wat dit vir jare lank vir my was – absolute plesier (en so biekie terapie) ‘n Dagboek van my lewe – sodat julle ook deur my oë kan sien, en sodat ek iets het om op terug te kyk oor ‘n paar jaar. Want goeiste, toe ek vanaand so effens gaan teruglees, toe besef ek hoe kosbaar hierdie journey tot dusver was omdat dit hier vasgevang is.  

En kyk net waar staan ons nou … 

Advertisements

17 Responses so far »

  1. 1

    i wonder... said,

    Welkom terug Dellie. Nou lees ek weer 1 blog!

    Single by choice werk vir my!

  2. 3

    Anoniem said,

    Hi Adel. Bly om jou te ontmoet. Ek het hier deur jou Blog gelees en ek dink dit is uitstekend.

  3. 5

    hagar1 said,

    At last ons het lank genoeg gewag PIETS

  4. 7

    Wondernet said,

    Hey hoop jy gaan gereeld update en minder jol koes

  5. 9

    SAMPIE said,

    Tannie Dellie taannie bakiekend dut dad ekka nou wee niewe stoeriekies kan skreiv wat taanie vur mei sal poust

  6. 11

    SAMPIE said,

    Taanie Dellie taanie jei honthou mos nog vir mei, ek is Sampie die kank van Danville met die roei beatil en Soesan my gibbes.

    Ja passop SAMPIE’S in da houws

  7. 12

    SAMPIE said,

    Taanie Dellie ons gan mos nou n ma en pa word ek is sieker ek is die pa, maar Soesan se sy weet nie of sei die ma issie. Nou sal ons wag tot die baby gaboere is en dan bloettoetse dun, ek hoop nie ek dop daai toetse oek nie

  8. 14

    Flintie said,

    Ja nee kyk, Dellie, ek hoop jy is nou terug sodat ons weer kan tag en bos gaan soos in die “pre-historiese tyd” van ouds. Jou gemis hier in die blog wêreld my skat, maar ons het darem baie gekuier en gelag in die regte lewe.

    Ek onthou veral een geval…

    “Jou fokken fool!!!”

    LMGA 😆

  9. 16

    Charms said,

    Ag dankie toggie, een van die ‘ou’ bloggers terug. Welkom tuis Dellie 🙂


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: