STORIEMONSTER – Episode 3

Desember 1995

Jack Matthyssen, is ‘n beer van ‘n man. Hy toring oor die twee meter die lug in, en weeg ‘n soliede honderd en veertig kilogram. Anders as die welbekende mite…. is Jack slim. Hy het ‘n taamlike bedraggie kontant ge-erf by sy ouma. Amper honderd en vyftig duisend rand.

Jack sit met die koerant voor hom, en soek naarstigtelik na maniere om daardie bedrag te laat groei na iets waarmee hy kan aftree eendag. Soos gister, en die dag voor dit, sien hy niks, behalwe natuurlik die gewone spam naaiers, wat hy met ‘n passie haat.

Hy trek lusteloos sy oorpak aan, gryp sy harde hoed, en klim in sy bakkie. Hy ry uit werk toe. Jack is ‘n vurkhyser bestuurder. Maar nie sommer enige vurkhyster nie. Dit is ‘n Hyster H40-50. Veertig ton kapasiteit, en die masjien se massiewe hidroliese kloue kan houers vyf hoog stapel. Ses meter, of twaalf meter, sonder moeite. ‘n Formidabele masjien. Dit is Sondag vandag, en bo en behalwe sy gewone wegpak en opstapel takies, moet hy ook ‘n bietjie papierwerk agter die rug kry.

Later daardie middag, as hy agter die rekenaar skerm inskuif, sien hy ‘n nota vir hom wat haastig skuins op die skerm geplak is. Daar moet vannaand ‘n houer gelaai word. Great… just fucking great… krieket gaan hy nie vandag kyk nie. Hy kners op sy tande, en hy soek die papiere vir die houer. Die adres is aangegee as ‘n perseel in Crown Mines, Johannesburg, die inhoud eenvoudig as “sweets and confectionary”. Die houer kom uit China uit. Wat hom opval, is die taamlike klein bedraggie waarvoor die inhoud verseker is. Hel, selfs hy sal so ‘n houer kan inbring. Hy teken die papiere af, en al wat nou oorbly, is om te wag vir die vragmotor.

As hy net na ses die houer gelaai het, en om geen rede wat hy kon verstaan nie, ry hy uit na die adres in Crown Mines toe. Dit is ‘n massiewe gebou. Die pakhuis het helder geverfde naamborde orals op. “Fiaryland Sweets and Chocolates”. Jack neem net daar ‘n besluit…. as dié mense ‘n gebou soos die kan oprig uit fokken sweets uit, kan hy dit wragtag ook doen.

//

Deur ‘n kontak by die houer depot, en menigte aande voor Google, en ‘n bladsy vol aspirant verskaffers in China, voer Jack sy eerste ses meter houer vol lekkergoed vroeg in April in.

Hy het eers nie besef hoeveel lekkergoed twintig ton opmaak nie. Hy het dit begin verkoop uit ‘n ou houer, wat omgebou was vir ‘n kantoor. Hy het dit by sy huis in sy voorerf staan gemaak, en ‘n klein advertensiebord op sy sypaadjie geplant.

‘Dit is seker die kakste idee wat jy nog gehad het!’ snou sy vrou hom toe. ‘Dit ontsier die vooraansig van die huis, en dit staan nou al twee dae daar, en nie ‘n enkele klient nie.’

Asof die snobistiese teef se gekerm nie genoeg was nie, was dit ‘n feit. Hy het oor die negentigduisend rand van sy geld in die plan gedruk. Hy het ‘n aardige gevoel in sy water gehad, dat hy ‘n fout gemaak het. Sy pryse was goedkoper as enige iemand anders s’n, en sy produkkeuse beter.
Hy ry weer uit na Crown Mines toe, en hy sien hoe mense mekaar doodtrap om lekkergoed te koop. Hy praat met kliente wat van die lekkernye in grootmaat koop, en dan weer gaan verkoop. Sy pryse is beter. Hy vra onbeskaamd telefoonnommers. Daardie aand as hy in die bed klim, besef hy, hy moet net adverteer. Hy sit op ‘n goudmyn.

Hy pos tien advertensies uit, aan tien instansies, en dan wag hy.

‘Jirre, waar moet ek my donnerse kar parkeer?’ kerm die snob, maar Jack sien die flikkering in haar oë. Die eerste naweek na sy advertensieveldtog, verkoop hy net so oor die vier ton. Dit was genoeg om driekwart van sy inset terug te betaal. Teen Woensdag breek hy gelykop, en twee weke later, maak Jack ‘n honderd duisend rand wins.

Ses maande later, het hy ‘n klein vierhonderd vierkantemeter pakhuisie in Edenvale. Jack Matthysen se skip het ingekom.

4
Desember 1995

Die verfspan is besig om die laaste van hulle gereedskap weg te pak. Die enigste ander voertuig op die perseel, is ‘n groterige vragmotor, waarop die rolle kitsgras slordig ingeryg lê.

Siegfried Kamfer staan op die derde verdieping van sy pragtige nuwe gebou, en kyk uit oor sy skepping. Die fonteine staan vrolik in die middel van die massiewe sirkel voor die gebou. Die hoë muur wat die perseel omring, waarborg die privaatheid van sy klientele. Die digte rye struike en bome wat die parkeerarea omring, dien dieselfde doel. In die verte, kan hy Jan Smuts lughawe, deinserig sien lê.

Die gebou is in Toskaanse styl gebou. Elke hoek het ‘n toring, met ‘n spitsdak. Die twee vloere onder hom, wat die hele voorste vleuel van die gebou dek, is ‘n dobbelhuis. “Casino”, was nog altyd ‘n woord wat Siegfried verpes het. Die rye en rye dobbelmasjiene, met hulle komatose operateurs, wat geld roboties in hulle blikpense indruk, het hom nog nooit aangestaan nie. Hier, hier is dit anders. Alhoewel hy kaartspel ‘n duidelike gunsteling op sy vloere gemaak het, het hy ook dobbelmasjiene. Vyftig van hulle, maar hulle is in ‘n aparte vertrek, en sy kelnerinne sal half naak, die operateurs bedien. Dit is die kruks van die plek. Seks verkoop. Die hele res van die massiewe gebou, is toegespits op seks. Die groot kroeg, en die klein privaat dansvloertjie. Die borrelbaddens, die dik tapytte, die rye en rye luuks ingerigte kamers.

As die gras gelê is, en hy is tevrede met al die verfraaiings en detail, sal hy sy meisies inbring. Hy gooi vir hom ‘n stewige whiskey, en kyk om hom heen, hier in sy eie privaat spasie. Die hart van sy hoerhuis, dink hy geamuseerd by homself. Die rye en rye monitors teen die mure, wat verbind is aan diskrete kamerasisteme in elke kamer…waar hy kan sien hoe ryk manne hulle geld steunend en soms skreeuend, soms brutaal, soms vulgêr, in sy koffers inspyker.

Die vêrste muur, is van vloer tot dak met spieëls uitgelê, en die klein versteekte hefboompie onder die reuse geelhout en marmer lessenaar, wat die muur versigtig in die plafon laat intrek, versteek sy geloof.
Hy trek die hefboom, en sit sy drankie versigtig op die hoek van die lessenaar neer. Hy stap stadig, amper onderdanig in die helder verligte vertrek in. Die spierwit marmer vloer, en die aardse teëls teen die muur, wat in skerp kontras met die vloer is. In die vloer, in pikswart marmer strepe, is ‘n reuse pentagram, onberispelik en met oorleg gelê. Die binnekant daarvan, het genoeg plek vir tien mense. Die hoeke van die pentagram, het vyf reuse goue kandelare. Die etswerk en grafering op elk, onbeskryflik mooi gedetaileer. Die agtermuur van die vertrek, is bedek met rye en rye boekrakke. Dik bundels, meeste van hulle met ou leer omhulsels, staan ingeryg op die rakke. Hulle reuk vul die vertrek. Die diep deurdringende reuk van geld en waansin. Die muur wat teen dit grens, huisves kerse. Alle vorms en groottes. Almal swart…..

Die teken van Wicca. Of is dit?

Word vervolg … 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: