STORIEMONSTER – Episode 13

Troopy’s Tavern is rokerig binne. Eben Barnard lê nonchalant teen die kroegtoonbank. Hy teug aan ‘n bier. Vannaand gaan hy ‘n ding steek, al moet hy wag tot die laaste goose hier oorbly. Al skop klap en krap sy, steek gaan hy haar steek. Hy het nou regtig nie môrele wroegings daarteen om‘n klap op twee uit te deel sodat ‘n stukkie vleis haar beentjies oopmaak nie.

As die lang rooikop instap, kyk meer as een kroegvlieg, hongerig in haar rigting. Sy stap reguit kroegtoonbank toe, en maak haarself tuis op ‘n stoel. Minder as ‘n meter van Eben af. As dit nou nie sy lyfsoek is nie, weet hy nie wat is nie. Hy draai spils in haar rigting, en kyk haar op en af. Die standaard Carletonville foreplay.

Sy bestel ‘n McKilkenny, en sy is fluks met die wit kop van die Ierse bier. Voor dit kan mors, lê dit ryk en donker en romerig in ‘n bierglas. Sy vat ‘n diep teug. Die skuim om haar mond as sy die glas hard op die toonbank neersit, vee sy met die agterkant van haar hand af.

Eben voel ‘n reaksie in sy onderlyf. Dít is sy tipe vrou. Sy vat die groot bierbeker aan die oor, en met twee teue, gooi sy die res van die bier in haar keel af. Sy breek ‘n wind op.

Sy kyk sydelings na hom as sy die beker oor die toonbank skuif.

‘Wel ou grote, gaan jy heel aand daar sit en jags lyk, of gaan jy my dronk genoeg maak dat ek self in jou bedjie val?’ vra sy kokketerig, met ‘n pruilmondjie.

Eben hakkel eers, en dan herwin hy sy selfvertroue, en skree onnodig hard op die kroegman.

‘Gee die goose nog een van daai’ en hy wys in die rigting van die donker blik wat nog langs haar glas staan. Die kroegman vervang die blikke.

Eben skuif nader. As sy klaar die bier geskink het, draai sy die snaakse groen oë in sy rigting, en haar wenkbrou trek op.

‘Een biertjie, en jy skuif sommer klaar nader. Jy beter drink, ouboet. Moenie dat ek jou vang dat jy agterbly nie. Moenie vir my se jy is een van daardie bleeksiele wat hulself uit ‘n ereksie uit kan suip nie. Dit sal my vreeslik teleurstel.’ en sy voeg die daad by die woord, en drink die helfte van die glas leeg.

Eben val vierkantig in die strik, en hy down sy dubbel brandewyn haastig. Hy sein vir die kroegman.

Amper ‘n uur later, drink sy brandewyn saam met hom. Eben voel lighoofdig, en hy sukkel om regop te bly. Sy lag elke nou en dan skril, en knyp sy bobeen. ‘n Lang donkerkop man, met ‘n leerbaadjie, kom sit by die toonbank. Sy draai om, en kyk die nuweling belangstellend op en af.

‘Oeee, nuwe talent. Hy is groter as jy.’ tart sy Eben, en in sy toestand, gryp hy die aas oopbek.

‘Luister pêl. Vat jou lappe, dan fokkof jy daar na ‘n tafel toe.’ sleep Eben se tong ‘n dreigement uit.

Die donkerkop man kyk sydelings na Eben, en ignoreer hom. Eben spring op, en val amper agteroor.

‘Is jy fokken doof, pêl?’ sis hy dreigend. Die vrou staan op, en skuif uit die pad uit. Die nuweling draai om, en klap Eben Barnard oophand dat hy oor die grond skuif. ‘n Stoel val saam met Barnard om, en hy sukkel om orent te kom. As hy dit regkry, storm hy lomp op die lang man af. Niemand sien die vrou uitglip by die deur nie.

Die kroegman tel verveeld die foon op, en bel die polisie.

//

Sersant Jakkie Kruger trap die Isuzu vangwa onnodig hard. Die petrol enjintjie kerm, en as hy hardhandig die ratkierie in die volgende rat instamp, protesteer die synchros krakend in die ratkas.

Hy stop in ‘n bol rook voor Troopy’s en gooi die blou lig aan. Die reuk van bande en remblokke vul die lug. ‘ n Man kom met ‘n boog deur die voordeur van die kuierplek. Hy val op sy maag, en gly oor die sypaadjie. Hy kom met ‘n siek nat geluid teen ‘n parkeermeter tot stilstand. Hy draai kreunend om en kots oor homself.

‘Stadig nou ou grote.’ maan Jakkie, en trek die man orent aan sy hemp. Die man wieg gevaarlik, en dan herken hy die gesig. Jakkie kyk vinnig rond, en maak seker dat niemand hom sien nie. Hy plant ‘n goedgemikte hou op die krop van Eben Barnard se maag, en as die man dubbel vou, skop hy hom netjies onder die ken. Eben val om en lê stil.

Jy laat nie ‘n kans om Eben Barnard te donner sonder dat iemand jou sien, verby glip nie. Seun van ‘n skatryk sakeman. Die einste gebou waarin Troopy’s geleë is, behoort hoeka aan die doos se pappie. Geld het die klein donner al uit groot moeilikheid gekoop. Insluitende die verkragting van Jakkie se eie suster. Hy skop die vuilgoed op die grond nog ‘n lekker een in die ribbes, en dan met ‘n vinnige regskuif van sy uniform, verander hy weer in die polisieman. Hy stap in die rokerige gebou in, en aan die rustigheid binne, en die totale ignoreer van die gereg se teenwoordigheid, kan hy uit ervaring vroegtydig weet, niemand het fokkol gesien nie. Hy is nie eers lus om sy tyd te mors nie. Hy draai om en stap weer uit.

Twee jong mans staan nuuskierig en kyk na Eben Barnard. Die vernielde man probeer stadig regop sit.. Hy is taamlik bloederig. Mannekrag is kort op die dorp, en Jakkie vaardig die grootste van die twee mans af, om hom te help om Eben op die been te kry.

Eben staan mankoliekerig. Jakkie druk sy skouer onder die man se arm in.

‘Waar’s jou kar?’ vra Jakkie nors.

Hy kan nie uitmaak wat Eben sê nie, maar hy sien die arm wat in die straat af beduie. Jakkie weet watse voertuig hy gewoonlik ry, en hy soek teen die randsteen op na ‘n 350Z Nissan.

Dit staan ‘n hele ent die straat op, en die noodflikkerligte brand.

‘Waars jou sleutel?’ vra Jakkie, en begin sonder om vir ‘n antwoord te wag, deur Eben se sakke te soek. Dit sal darem nou lekker wees om die dronk doos huis toe te vat, en dan sy kar heerlik deur die gat te trek. Dan kan dié drol, sy kar môre by die polisiestasie kom haal. Hy wonder wat die 350Z kan rev……

Jakkie druk die afstandbeheerde alarm as hulle naby die voertuig kom. Die kar gee ‘n vinnige piep, en dan gaan die alarm histeries af. Jakkie druk weer, en alles sit af, en die deure sluit oop. Hy maak die passasiersdeur oop, en hy stamp hardhandig vir Eben Barnard in sy motor in. Hy val reg oor altwee sitplekke, en Jakkie stap om na die bestuurder’s kant. Hy maak die deur oop, en ruk Eben aan sy hare regop in sy stoel, dan skuifel hy agter die stuurwiel in.

Uit gewoonte kyk hy agter in die voertuig ….. hy verstar..

//

Krys Wessels is nie meer ‘n jong man nie. Nege- uur in die aand, staan hy bed se kant toe. As sy foon hom elfuur wakker lui, is hy nie oorvriendelik nie.

‘Wessels’ kreun hy in die foontjie, en hy sit sy kop terug op die kussing, en luister met toe oë na die stem op die ander kant.

‘Kaptein’ kom die opgewonde stem. ‘Ek dink ek het kaptein se moordenaar gevang.’

Dit laat Krys regop sit soos ‘n jong man. Die ouvrou brom hier langs hom, en ruk die kombers weer oor haar. Sy mompel ‘n venynige belediging in sy rigting.

‘Wag nou, wie praat?’ vra Krys en begin soek na klere.

‘Dis sersant Jakkie Kruger, kaptein, ek’t n barfight kom uitsort kaptein, en ek het funny goed in Eben Barnard se kar gekry.’ Die jong sersant tuimel deur sy relaas, en verloor Krys heeltemal in die proses. Die verwysing na Eben Barnard val hom wel op. Die mannetjie loop ‘n fyn lyn, en as hy betrokke is, is daar altyd politiek. Sy pa het heeltemal te veel geld. Krys weet die kak gaan weer kniediep in die strate van hierdie dorp loop.
‘Goed sersant, vertel my waar jy is, ek is oppad’ sê Krys. Hy luister aandagtig, en tien minute later, skuif hy agter sy motor se stuur in.

//
Daar is verbasend min drama in die hoofstraat. Krys sien Eben Barnard taamlik lusteloos teen ‘n winkelvenster sit, en behalwe Jakkie Kruger se bakkie, is daar een ander polisievoertuig. Hy kan vinnig drie omstanders tel, en hulle staan ‘n ent weg.

Krys parkeer skuins op die sypaadjie, en haas hom na die voertuig toe. Jakkie het iewers ‘n kollig gekry, en die 350Z se binnekant is helder verlig. Gee die duiwel wat hom toekom, die sersantjie het altyd ‘n plan.

‘Naand kerels’ groet Krys die sersant, en ‘n jong konstabel wat naby Eben Barnard staan en wag hou. Hulle groet ywerig terug.

‘Kaptein, ek het lig gemaak daar. Ek het forensies gebel, maar hulle is nog nie hier nie.’

‘Goeie werk, sersant’ sê Krys en hy loer in die sportmotor in.

Hy fluit deur sy tande. Die lugdruk pylgeweer is skuins agter die sitplek ingedruk. Opgefrommel in die voetspasie agter die bestuurderssitplek, lê ‘n klein gereedskapsakkie. Aan die swart leeromhulsel, kan Krys homself indink wat dit bevat. Die sakkie lyk baie soos dié wat hy by die lykshuis al gesien het. Krys haal ‘n paar plastiek handskoene uit sy sak, en as hy dit klaar aangetrek het, sak hy binne die voertuig in, en tel die sakkie op. As hy die ritssluiter oop trek, word sy vermoede bevestig. Chirurgiese instrumente glim in die kollig se skynsel. Netjies in rye gepak. Die skalpel, toon fyn tekens van bloed..

Onder die passasier se sitplek, sien Krys ‘n dowwe bondel materiaal, en hy wriemel dit uit. Dit is ‘n bebloede handdoek. Hy klim uit, en met sy klein penflits lig hy op die vloer rond in die voorste passasier se voetruimte. Hy druk die knoppie, en die paneelkissie spring oop.

Op die vloer, val ‘n groterige bottel Vaseline Intensive Care….

//

DAGBOEK VAN N TIENER

Alles het begin in my geskiedenis klas. Juffrou Maree, is ‘n koei. Bitchy en lelik. Tog open sy elke elke Maandag in die saal die week dramaties met gebed. Agter op haar kar, is ‘n moerse kruis, en ‘n bybelvers.

Juffrou Maree, het ons ons handboeke laat oopslaan. Die les was die middeleeue. Sy het gepraat asof sy self daar was. Teatrale gebare, vuur in haar oë.

Brandstapels…. en hoe enigiemand wat die kerk durf teëstaan het, lewendig verbrand was. Hekse, en aan die einde van haar driftige relaas, het ‘n spoegdruppel glinsterend in haar mondhoek gehang.

Ek kyk weg van die maniese amper waansin in die ou vrou se oë, en my blik val op haar Hyundai wat onder die akkerboom in die koelte staan.

‘Jesus het jou lief” reg onder die helder rooi kruis.

Die hekse het dalk ‘n punt gehad.

Ek sien die gewerskaf by die ou huis in Western Extension. Ek moet elke dag voor dit verbystap huis toe. Ek sien die vrou stil staan op die sypaadjie. Sy is prentjie mooi, en sy trek my na haar toe. Ons praat nie, maar ‘n enkele oogkontak bind ons.

Ons sal die brandstapels nooit vergeet nie.

//

 
Jacob Mafudi sit in die ondevragingskamertjie. Oorkant hom sit Tommie Forbes. Sy mond hang effe oop, en hy kyk na die speurder met ‘n veraf uitdrukking in sy oë.

‘Vang jy vis?’ vra Jacob hom vriendelik.

‘Huh?’ mompel Tommie net.

‘Dit is nie ‘n strikvraag nie, meneer Forbes, VANG U VIS?”

‘Ek het al, lank terug saam my pa’ sê hy bot.

‘Nou wat sal al hierdie goedjies in jou bakkie maak?’ vra Jacob, en hy gooi ‘n handvol vlymskerp hoeke op die verbleikte tafeltjie tussen hulle.

Jacob het in sy wildste drome nie kon dink die man oorkant hom kan nog meer stupid lyk nie. Hy kry dit egter gemaklik reg. Die mond val nog bietjie wyer oop, en hy kyk leeg na die hopie hoeke.

‘Kyk Tommie, jy kan daar sit en dom speel, maar jy is in taamlike groot moeilikheid. Die spykers in jou huis stem perfek ooreen met die spykers op ‘n moordtoneel. Die hamer wat jy in jou hand gehad het, het tekens van die slagoffer se bloed opgehad. Dieselfde bloed is gekry op die sakkie waarin hierdie hoeke was. Die bewyse is verdoemend. Jy sal moet begin verduidelik.’

‘Ek het daai goed nie gekoop nie. Ek weet niks van ‘n hammer nie. Daar was ‘n klop aan my deur, en toe ek oopmaak, toe staan die duiwel daar, en toe pass ek uit. Toe ek wakker word, toe is julle daar.’ Tommie Forbes is nie net “toe” nie…. hy like die woord ook.

‘Die duiwel?’ vra Jacob.

‘Die duiwel,’ beaam Tommie, en bly stil.

Jacob vryf geïrriteerd oor sy oë. Hy gaan alles uit die man moet trek.

‘Wat bedoel jy met die duiwel?’

‘Dit was ‘n man in ‘n swart kleed, met ‘n groot mus op sy kop, wat sy gesig wegsteek. Hy het net sy hand na my gelig, toe pass ek uit. Dit moes die duiwel gewees het.’

Jacob verwerk die informasie. Tommie Forbes het ‘n moerse far-fetched manier om te sê hy was geframe.

‘Ek stel voor jy kry ‘n prokureur’ sê Jacob.

‘Hoekom moet ek, ek het niks verkeerd gedoen nie’

‘In daardie geval, sal die staat aan jou ‘n prokureur voorsien.’

Jacob het genoeg van sy IK in die kamer verloor, hy loop haastig uit, en beveel die konstabeltjie om die man weer te gaan opsluit.

//

Iewers in die sisteem, word toutjies getrek, en Dries Niemand word aangewys om Tommie Forbes te verdedig.

Dries Niemand, is net dit. Niemand. Hy het ‘n luukse stoel op die soustrein, en behalwe vir die feit dat hy nie die skerpste potlood in die pakkie is nie, is hy ook nie die voet wat daarvan hou, om die graaf die diepste in die grond weg te trap nie.

Sy kar se battery word gesteel voor die privaat dobbelhuis, waar Dries gereeld van die sous ontslae raak, en hy daag nie op by die borgverhoor nie.

Tommie Forbes word weer toegesluit, en twee aande later, kom vergelding vir sy wandaad agter die piesangstoor. Sy gille as ‘n bende van vier mans hom in die storte verkrag, val op dowe ore.

//
Net na sewe Dinsdagoggend, trek Dirk die laaste keer die stoorplek se roldeur oop. Rudi wikkel die vragmotor se agterkant behendig tussen die rye stoortjies in, en trek so naby as wat hy kan aan die oop deur.

Dirk pak die trommels een vir een af, en Marius en Rudi pak dit in die vragmotor. Dit neem hulle twee ure om die trommels te laai. Die sweet loop vryelik. Tweehonderd ses en dertig trommels in totaal. Dirk pak die trommel plofstof los voor in die kajuit van die vragmotor. Hy het vinnig gekyk, vier anti-personeel myne, twaalf handgranate en ‘n donderbus om alles aan die gang te kry. Hy glimlag weer by homself. Dan wil hulle hom vertel dit was selfmoord…..

‘Goed manne,’ sê Dirk ‘ ons ry terug na Marius se huis toe, kry Heleen, en dan val ons in die pad. Marius, ek gaan saam met Rudi in die lorrie ry, dit is van kardinale belang dat jy en Heleen agter ons bly. Ons stop net vir toilet, en selfs dit, sal ons maar moet rek. Ek wil die goed veilig by my kry. Dis al’

‘Vertel dit vir Heleen’ snork Marius. Dirk sien ‘n vae vlam in die man se oë. Iets wat ruik na avontuur. Hy het dit nie verwag van ‘n penpusher nie. Met die trommel laaiery, het hy gesien die jong man vat strain, maar hy het murg in sy pype. Iets knaag aan Dirk, hy kan net nie sy vinger op dit sit nie. Wat hy wel opmerk, is dat Marius gedurig die een of ander deuntjie aant fluite is….. Weird mannetjie.

Rudi vroetel nog om die vragmotor rond, dan brul die enjin, en is hulle fort.

//

‘Toe kom kom!’ sê Marius, en gryp Heleen om die middellyf, en dans ‘n paar passies met haar. ‘Jy is mooi genoeg. Los die warpaint.’

‘Jislaaik, wat het jy vir ontbyt gehad?’ vra sy gemaak vies.

‘Kom! Laat ons ry. Waar is jou goed?’

‘Alles staan in die voorportaal, jy het rég verby dit geloop.’

‘Ek pak, dan ry ek.’ dreig hy en soen haar vol op die mond. Hy huppel in die gang af en gryp twee arms vol bagasie. Daar lê nog ongeveer twee ton se bagasie op die vloer. Hy kyk mistroostig daarna. Jissis, dit lyk asof sy trek….

As hy die laaste klomp goed in die kattebak van die BMW indruk, sluit ‘n greep soos staal om sy arm, en Dirk sis deur sy tande: ‘Ons sal moet praat.’

Marius ruk homself los. ‘Wat de fok gaan nou me…’ Dirk Dhooge het dieselfde uitdrukking op sy gesig as wat hy nou die dag daar langs die pad gehad het.
Dirk vat weer sy arm. Dié keer is losruk nie ‘n opsie nie. Hy laat hom lei. Dirk druk hom deur die voorhuis, en uit by die glasdeur in die agterplaas in. Langs die visdam, in die verste hoek van die tuin, tol Dirk hom soos ‘n ballerina om.

‘Praat Marius!’ sê hy net.

‘Oor wat? Wat het nou in jou ingevaar?’

‘Verduidelik vir my hoekom daar twee narre in ‘n kombi oorkant die straat sit. Hulle staan uit soos ‘n puisie op ‘n blond se gat. Hoe het hulle ons gekry?’

‘Hoe weet jy da….’

‘Marius, ek is nie ‘n poepol nie. Wat het jy gemaak?’

Marius struikel deur die hele boektransaksie, en as hy sy storie klaar vertel het, skop Dirk ‘n hele R25 fooi gras uit Marius se instant lawn uit.

‘Fokkenhel!’ bulder hy.

Marius staan net na die grond en kyk, en dan kom Heleen uit.

‘Wats fout?’ vra sy dadelik.

‘Nee, Mr Bean hier, het ons hele plan nou ga…’ Dirk bly stil, en draai om en storm deur die tuin terug in die huis in.

Heleen kyk vraend na Marius.

‘Ek sal jou oppad vertel. Ek wou in elk geval. Guess dit gaan nie nou ‘n vreeslike verassing wees nie.’

‘Waarva…’ maar ‘n ontsettende ontploffing in die pad, laat haar die sin afsluit met ‘n gilletjie. Hulle hardloop na die huis toe. As hulle in die voorkamer kom ontmoet Dirk hulle, en hy skree:

‘Ons ry, sluit en roer julle gatte!’

Die vragmotor staan klaar en luier. Marius trek die voordeur toe, en loer oor sy skouer. Dirk klop vir Rudi op die skouer. Hy het ‘n stram glimlag op sy gesig.

‘Rudi het die vragmotor se nommerplate met modder toegesmeer by die stoor. Dit het probably ons gatte gered. Kom, laat ons ry. Onthou, bly agter ons, en hou julle oë oop.’
Rudi Wentzel kyk in hulle rigting, en knik net sy kop. ‘n Ondeunde glimlag op sý gesig.

Die BMW luier twee huise verder verby ‘n wit Volkswagen Kombi. Rook borrel nog deur die kantvenster, en daar is bloed teen die windskerm. Gelukkig sien Heleen dit nie. Wat de fok begewe ek myself in, dink Marius wrang.

//
Rudi draai onder by die stopstraat. Hy kyk met nuwe oë na Dirk. Skinderstories in die Noord Kaap het die groot man geskilder as gevaarlik. Wat hy nou daar agter gesien het, laat die helderste geskilderde fokken liegstorie lyk na ‘n Mills en Boon….

Dirk kyk net vir hom, en slaan die trommel by sy voete toe. Hulle is minus ‘n donderbus, maar daardie twee knape in die kombi gaan niemand gou-gou weer vrywillig volg nie.

‘Kyk Dirk, dit gaan ‘n lang pad wees, en ek is so nuuskierig, dat ek kan vrek. Wat gaan hier aan? Ek het net my nine mil daar in die cubbyhole.’ sê Rudi, en beduie in die rigting van Dirk se knieë. ‘Iets sê vir my dis te dun en te min. Hier is ‘n groot naaiery aan die gang’.

Dirk glimag as Rudi die Noord- Kaap se stapel vloekwoord gebruik.

‘Ek weet te min, Rudi my vriend. Teen my beterwete foeter ek in ‘n ding in, en ek breek al my eie reëls. Reël een…. weet waarvoor jy jou inlaat.’ Dirk bly stil, en Rudi laat dit vir eers vaar. Daar is nog ure se praattyd oor.

Dirk worstel self met die vraag. Wat gaan aan? Die generaal wou hê hy moes Marius oppas. Maar daar is meer. Dirk kry die gevoel dat hier ‘n klein privaat oorloggie aan die gang is, of was dan, as Renier van der Berg se dood in die prentjie gebring word. Hoekom stop dit nie nou nie. Renier is dood. As dit oor geld gegaan het, en na wat Marius hom vertel het van die waardevolle boek, is die boek ook nou uit die prentjie. Wat soek die mense? Dirk sou wat wou gee om die twee knape in die kombi bietjie by te kon dam, en antwoorde te kry, maar daar was te veel oë, en te min tyd. Dirk het ‘n gevoel in sy water, dat nie te lank van nou af nie, hy wel weer ‘n kans sal kry om vrae te vra.

Dirk se hartklop versnel onwillekeurig. Dit is asof die generaal wil hê, hy wat Dirk is, moet sy oorlog vir hom klaarmaak. Hy leun vooroor, en kyk in die truspieël van die vragmotor. Die BMW is kort op hulle hakke.

Jirre, hy sal net die twee stomme mense uit die kruisvuur moet hou…..

//

Marius en Heleen volg die vragmotor in stilte. As hulle van die N1 tolpad na Bloemfontein wegdraai op die N14 na Potchefstroom, verbreek Heleen die stilte.
‘Jy wou my iets vertel?’ sê-vra sy.

Marius kyk nie vir haar nie. Met sy oë op die pad, begin hy:

‘Daar was ‘n nota in die kluis by die lughawe, en ‘n boek. My oom het voorgestel ek verkoop dit, en dit sal ons finansiele probleme oplos. One way or the other, het hy geweet ons sukkel effens.’ Daardie stelling pla Marius. Sy oom het definitief meer van hom af geweet, as vice versa. Hoekom?

‘Ek het die boek gaan verkoop’ sê Marius eenvoudig.

Heleen kyk hom vraend aan.

‘Is dit wat Dirk so ontstel het? Fok, Marius, ek vertrou hom nie. Hoekom het hy so belangstelling in die boeke?’ vra sy.

‘Dis nie dit nie, ek het twee dae lank ge-Google, en uiteindelik ‘n kandidaat om die boek te koop gekry. Kyk, jy moet verstaan, ons praat van ‘n taamlike som geld. So dit moes ‘n taamlike welgestelde klient gewees het. Ek het die ding gister verkoop, en die hele debakel vanmore by die huis….. skielik het ons ‘n stert gehad.’
Sy trek haar wenkbroue op.

‘n Stert?’

‘Jip, iemand wat ons dophou. Daardie ontploffing was nie ‘n stoompot nie, dit was ons ticket uit.’

‘Fok Marius, hierdie is nie Hollywood nie. Wat het hy ge….wag, moet my eerder nie sê nie’ Sy sit terug in die sitplek, en kou die kant van haar hand.

Marius leun oor, en haal sy beursie uit die paneelkissie. Hy vroetel in die sysakkie, en haal ‘n netjies gevoude stukkie papier uit. Hy gee dit vir haar aan.

‘Haal diep asem!’ stel hy voor.

Sy vou dit oop, en verstar. Dan hyg sy na asem, dit verander in ‘n histeriese laggie, en dit gaan oor in geskokte snikke.

‘Dertig fokken miljoen rand,’ sy soek ‘n sneesdoekie in die oop paneelkissie.

‘Voor tax, ek het met Neill gepraat, ek gaan so amper twintig pocket.’ Hy vat haar hand ‘ONS gaan so twintig pocket,’ korrigeer hy homself.

Sy staar hom verdwaas aan. Marius konsentreer weer op die vragmotor voor hom.
‘Ons sal seker weer moet trek’ fluister hy, en die kar swaai gevaarlik oor die baan as Heleen hom op die mond soen.
//
Net na middagete, stap Martin Marx in sy kantoor in, en ‘n lywige pak dokumente lê netjies op sy lessenaar. Hy rol sy stoel uit, en skuif die dokumente reg.

Soos hy lees, sien hy hoe ‘n man se lewe agter tralies wegkwyn. Die bewyse is vernietigend vir Jimmy Hippert.

Jonathan Cohen het sy vingerafdrukke op die pylgeweer, en op die haelgeweer gekry. Fyn oorblyfsels van fecces, en epiteelweefsel is op die loop van laasgenoemde gevind. Dit stem ooreen met die DNS van Jack Mathyssen. Die enkel SG rondte wat in Hippert se bakkie gekry is, het dieselfde reeks kryt as die een waarmee Mathyssen geskiet is. Die suurstofbottel in die bakkie se reeksnommer is een minder as die bottel wat op die toneel gevind is.

Martin sit terug. Dit is te maklik. Hoekom sal ‘n glibberige knaap soos Hippert, twee dae na ‘n moord, nog met die bewyse in sy voertuig rondry? Iets is nie reg hier nie.

Sy foon lui. Dit is Majoor Makoena. Sy baas.

‘Ah, Martin, how are things?’ vra die man vriendelik. ‘I hear along the grapevine, that you have some rather potent evidence there. Enough to sink our ship for a long time.’ Die majoor is altyd vreeslik trots op sy beeldspraak.

‘We do Major, its pretty damning. He is fucked. However, Major, a few things are bugging me.’ gooi Martin die rooi taal.

‘Such as?’ vra die majoor. Kortaf.

‘Major, it is just too easy. Why would a seasoned criminal like Hippert, make amateurish mistakes, like travelling with the murder weapon in his car….two days after he killed Jack Mathyssen? It just doesnt…’

Die majoor val hom kras in die rede. Weg is die humor.

‘I have everybody busting my balls for a result here. Right up to the Mayor. You have all you need Marx. You convict, and close this case. Is that clear?’

‘I hear what you say Major, bu…’

‘No buts Marx, no fucking buts. Thats an order.’ Dan vervat hy effe sagter ‘You have done well here,I will recommend you for promotion…well done’

Die foon klik dood.

Dit voel asof ‘n houtskaaf verkeerde kant toe, teen Martin se grein opgedruk word. Hy skud sy skouers, en trek ‘n skryfblok nader.

Laat hy Jimmy Hippert bere.

//
Net na drie lewer Martin die dokumentasie aan Landdros Harley. Sy skiet Hippert se borgaansoek aan flarde, en skeduleer die hofsaak vir Maandag die opvolgende week. Martin klim in sy kar, en ry met die amptelike versoek na PG autoglass toe. Hulle vervang sy kantruit, en hy ry ‘n uur later huis toe.

Martin sit voor sy vistenk. Tussen die plastiek koraalriwwe en krioelende vissies, neuk die gesig van die swartkop vrou al tussenin. Hy sit terug, en kyk na die borrels wat haastig boontoe skarrel, en skielik staan hy op. Hy vat sy sleutel, en ry BP toe en koop dié keer wit Oreos. Die Focus word gemoor Sapphire straat toe.

Hy druk die toeter voor die hek, en tot sy verligting, skuif dit oop. Sy skoene knars in sy eie glasstukke as hy oploop na die voordeur toe. Voor hy die klokkie kan druk, maak sy die deur oop. Ongegrimeer, is sy nog mooier. Haar gesig vreemd sagter, meer vroulik. Hy stap in, en niemand uiter ‘n woord nie. Hy sit die pakkie koekies versigtig op die tafel neer, en as hy omdraai, is sy by hom. Haar lippe skielik hard op syne. Haar tong wat sy mond oop forseer, en dan verorber hulle mekaar honger.

Hy begin ruk aan haar klere, sy help hom onbeskaamd, en as dit sy beurt is, vernietig hy twee items in sy karrige hangkas. Die hitte van hulle naakte velle brand teen mekaar. Vuur hulle aan. Martin voel haar harde tepels teen sy vel skuur, en sy druk die twee sagte vol borste plat teen hom. Hy strompel agteruit met haar, en as sy met ‘n giggel in die sitkamer bank inval, gaan haar bene uitnodigend tartend, wyd oop. Sy maak seker hy sien, haar skaamlippe effe oop, en dan is hy op haar. Hy gly diep in haar in, en ‘n gilletjie gaan oor haar lippe. Martin voel die twee gespierde bene om hom kartel, haar hakke op sy boude, en sy dikteer sy tempo. Dieper vinniger. As sy haar rug krul, en die siddering deur haar gaan, druk sy hom ook deur die grens. Hy wil eers onseker onttrek, maar die bene verstyf, en stamp hom diep in, en haar gulsige nat hitte trek saam om hom, en verorber vraatsig sy plesier.

//

Maandag- middag, net na drie, fel Alana Harley die vonnis. Hippert het nie ‘n waterdigte alibi vir die aand wat Mathyssen vermoor is nie. Die bewyse skiet die verdediging brandend en loeiend grond toe. Lewenslank, sonder parool, en ‘n addisionele 12 jaar vir die molestering van Shane Davids. BAM! Daar is verskeie tevrede gesigte. Die klein groepie toeskouers wat die verrigtinge bygewoon het lag en gesels. Lede van die mag, wat al vantevore ‘n stel afgetrap het met Hippert en die eendstert, kom skud trots Martin se blad.

Voor die hofgebou neem ‘n fotograaf ‘n foto, en Nana Forme staan en wag vir hom. Die wêreld word skielik ligter, en hy stap haar tegemoet. Sy hak by hom in, en fluister in sy oor:

‘Ek’s lus vir SPUR uieringe… en wit sous… ek stiek jou.’

Word vervolg … 

Advertisements

1 Response so far »

  1. 1

    monster134 said,

    Hou julle mense nog by?


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: