STORIEMONSTER – Episode 20

Almal is huis toe. Heleen krap nog op die Internet rond. Sy het die boek van Yasmine Galenorn- Embracing the moon langs haar oop.

Daar is ‘n skielike ritseling in die deur, en dan staan Rudolf daar. Sy sukkel om haar irritasie weg te steek.

‘Vir wat bekruip jy my so?’ vra sy.

‘Net om seker te maak jy is nie besig met iets donkers nie.’

Jissis, hy irriteer haar. Sy ignoreer hom, en klik op die volgende webblad. Hy stap ongenooid om haar tafel, en hy kyk geamuseerd na die boek wat op die lessenaar ooplê.

‘My sussie is ‘n Pagan. Ek het so geproe-proe aan dit, maar ek verkies om vir nou maar eerder bietjie te float.’ sê hy en begin ongenooid deur die boek op die tafel te blaai.

Sy antwoord nie, en begin sistematies haar onderskeie oop webtuistes toe te maak.

Hy skeur sy oë weg van die skerm sy die laaste skakel toeklik.

‘Tik bietjie daar in Satanism.’ sê hy en skuif die stoel voor haar lessenaar om, sodat dit langs haar staan. Hy ruik na duur naskeermiddel en hoes bonbons.

‘Jy moet jouself altyd opdring,’ bars Heleen bombasties uit. ‘Los my…’

Read the rest of this entry »

Advertisements

Comments (2) »

STORIEMONSTER – Episode 19

Augustus 1977

Die dag draal verby. Weereens, geen enkele voertuig besoek die Kotwal woning nie. Renier peusel aan die laaste brood, wat teen die tyd al droog en styl proe. Die gedagte dat hy sy tyd mors knaag weer aan hom. Dit is Woensdag, as hy teen Vrydag nog nie ‘n plan kan sien nie, gaan hy die hele ding van ‘n ander hoek af moet benader.

Die son sak die tweede keer agter die geboue weg, en Renier verander van posisie. Teen middernag raak hy aan die slaap. Hy slaap weereens sleg. Hy word bedonnerd wakker. Hy is styf en seer. Hy besluit net daar en dan, as hier vandag niks gebeur nie, fokkof hy huis toe. Hy skuifel weer af kafee toe.

Skuins teen die randsteen, staan ‘n oranje Ranchero bakkie geparkeer. ‘n Beer van ‘n man staan skuins teen dit aangeleen. Hy hou sy sigaret tussen sy duim en sy wysvinger vas. Die twee seuns wat gister pakslae gekry het, sit agter op die bakkie. Hulle sien hom soos een man, en die blondekop leun oor, en fluister in die groot man se oor. As hy vinger wys in Renier se rigting, en die ou grote die sigaret driftig wegskiet, blaas Renier deur sy saamgeperste lippe. Hy is nie nou lus vir die snert nie.

Read the rest of this entry »

Comments (3) »

BEAUFORT WES EN DIE JAPANESE

Nog ‘n bonus kortetjie …

Dit is middel Junie. Dit is koud. Ek is oppad van Durban af Kaap toe met drie ses meter containers agter op my superlink sleepwa.

Die Transkei se paaie was beroerd daardie jare, so ons het maar opgetrek Harrismith toe, en dan so oor Bethlehem en Paul Roux Winburg toe gery. Dan fort oor Bloem, Kaap toe.

Dit was n helse trek. 1753 kilometer om presies te wees. Ek het nie geld gehad daardie jare nie. Ons is per kilometer betaal, so, hoe harder jy ry, hoe vinniger kom jou skip in. Of, hoe langer hou jy dan nou die geldwolwe weg van die voordeur af.

Anyways, so laat loop ek en die sinkhuis. Die sinkhuis was n spik splinternuwe International Eagle. Vandaar natuurlik nou die geldwolwe. Ek hou haar so op negentig kilometers n uur, Sesuur die aand draai ek op die N1 by Winburg. Eks al klaar tammerig. Ek het die vorige nag maar drie ure geslaap.

Ek kom in my ritme, steek n sigaret op, en haal n Coke uit die yskas. Die langafstand radio op die paneelbord kraak, en ek hoor n bekende stem.

Read the rest of this entry »

Comments (5) »

DRUIWEGRIEP

Ek plaas die volgende episode van Storiemonster so gou as wat ek kan. Geniet intussen hierdie kortetjie uit sy pen 😉 

Sogenaamde ‘express’ vragte was altyd ‘n tameletjie. Die geld was uitstekend, maar die slaap was non-excistent. Jy moes ry, pappie. Daar was nie tyd vir luukshede soos eet en piepie nie. Gewoonlik het ek so net na nege die oggend uit die Kaap uit weg gekom, en die spertyd in Johannesburg was sesuur die volgende oggend.

So trek ek en die Sinkhuis met spoed uit die Kaap uit weg. Rigting Johannesburg. Die sinkhuis was ‘n 1992 International Eagle. Groot perdekrag…. lang bene. Vergeet van die spoed waarmee jy gerieflik is. Jy trap die stomme lorrie so hard as wat hy kan hardloop. Ek gooi vinnig diesel by Joostenbergvlakte, en druk ‘n goedkoop skrikwekkende pasteitjie in my keel af, koop ‘n liter melk vir die sooibrand, en daar gaat ons. Ek was laat. Dit was al oor elf.

Nou kyk, daar is ‘n paar goed waarvoor ek sagteplekke het, maar ek kan obviously nie nou daaroor uitbrei nie. Ver op teen die lys, is druiwe. Ek vrek oor druiwe. Ek kan ‘n hele 2kg Boks deur my nek ruk sonder dat hulle kante raak. Effortless.

Read the rest of this entry »

Comments (2) »

STORIEMONSTER – Episode 18

Augustus 1977

Renier bel vir Steyntjie. Wikus Steyn is vir die militêre polisie, wat Einstein was vir Wetenskap. As jy informasie wil hê, dan druk jy Steyntjie se knoppie.

Nadat Steyntjie amper die dag wat Generaal van der Berg hom gebel, verklaar het as amptelike vakansiedag, bedaar hy, en vra Renier:

‘Wikus, ek soek informasie.’

Die stem kom joviaal terug.

‘Enigiets generaal, absoluut enigiets.’

‘Ek is opsoek na iemand. Natuurlik vertrou ek dat jy dit vir jouself sal hou!’

‘Jissie, generaal, ek sal so stil soos ‘n standbeeld bly.’

Renier glimlag.

‘Ok, Simon Kotwal, hy is die eienaar van Guido engineering in Randfontein. Sal jy vir my ‘n adres kan kry vir die man?’

‘Kotwal…. Kotwal…. hoekom lui die naam ‘n klokkie?’ Renier hoor hoe Steyntjie aan die ander kant sy lip kou.

‘Hy was ‘n majoor. Parabat.’ sê Renier net.

‘Was hy nie die blikse…. skuus generaal…. die ou wat daarbo weggehol het en die…’

‘Dis net hy, Steyntjie,’ val Renier hom in die rede.

‘Generaal gaan dit nie glo nie, maar ek het my eie persoonlike file op daardie ou!’

Read the rest of this entry »

Comments (1) »

STORIEMONSTER – Episode 17

Mei 1977

Dit is ‘n koue sonskyndag in Pretoria. Die winter is nog nie in volle swang nie. Hier en daar is nog lekseltjies groen. Daar begin ‘n kleurloosheid inkruip, die Jakarandas het hulle blare laat val. Renier se gemoed is vaal. Hy klim die trappies van die uniegebou, en hy het ‘n voorgevoel. Hierdie vergadering gaan nie goed afloop nie. Jy sit nie alleen saam met die Minister van Verdediging, vernaam nie as hy amper moertoe geblaas was op jou beat nie, en stap ongeskonde anderkant uit nie.

Tweede verdieping. Renier stap in die lang gang af. Hy tik liggies teen die deur heel op die punt en Maggie maak vir hom oop. Die grys vrou maak grootoog vir hom.

‘Generaal, die minister wag vir jou.’ Dan gaan die oumensstem oor in ‘n vertroulike fluister, ‘hy is in ‘n vreeslike bui, sterkte.’

Renier knik stywerig vir haar. Hy stap deur, en klop aan die massiewe houtdeur. Die minister dreun ‘n uitnodiging uit.

Renier stap in. Hy sit voor die groot venster, met sy rug na Renier toe. Welriekende blou pyprook walm om sy kop. Hy draai die groot leerstoel om na Renier toe.

Read the rest of this entry »

Leave a comment »

STORIEMONSTER – Episode 16

Augustus 1976 1 Recce Durban Bluff.

Ses en Dertig jong manne staan op die paradegrond Ses en dertig man, uit ‘n oorspronklike inname van tweeduisend. Vir hulle was dit ‘n lang pad. Jy moet taamlik spesiaal wees, om tot hier te kon kom.

Eers was daar die fisiese toetse. Van die Sidex masjiene, tot die ongoddelike afstande wat hulle moes stap, swem en hardloop. Die probleem wat die Recce’s in die gesig gestaar het, was dat hy moes goed wees in alles. As hy diep in vyandige terrein gelos sou word, sou hy moes kan uitkom, al vat dit honderd en vyftig kilometer se loop en hardloop, tien kilometer se swem, en die klim van ‘n berg.

Die Intelektuele toetse, het baie laat sneuwel. Die IK toets afsnypunt, was 115. Hy moes kon probleme oplos, onder druk, besluite neem. As die deursnit Recce ‘n verkenninstog onder druk moes doen, was van hom verwag om alle detail te kan onthou. Meer as wat die gemiddelde persoon in staat sal wees om te doen. Afstande moes akkuraat geskat kon word, watter voertuie betrokke is en hoeveel van hulle. Hoeveel mense, watter wapens. Na die intelek toetse, het ‘n skamele vyftien persent van die oorspronklike inname oorgebly.

Die persoonlikheidstoetse het hierdie persentasie verminder na onder vier persent. Die grootste miskonsepsie onder innames, was dat ‘n Recce lae angsvlakke moes hê. Hulle was verkeerd. Te laag, en hy was ‘n gevaar vir mede- operateurs, te hoog, en hy sou opbreek onder die eerste kontak. Die 16PF toetse het die applikante gesif. Die resultaat is die ses en dertig jong gesigte, wat voor Renier staan. Mans, in seunsliggame.

Read the rest of this entry »

Comments (1) »