STORIEMONSTER – Episode 24

Dirk en Marius huur ‘n giggelgroen Renault Sandero op die nuwe King Shaka Internationale lughawe, en Dirk swaai die motortjie se neus in die rigting van Durban se middestad.

‘So, wat is die plan?’ vra Marius terwyl hy homself vasgordel.

‘Ek het ‘n pêl op die hawe. Hopelik het hy homself nog nie dood gedrink nie……. hy het ‘n duck wat ons sal kan gebruik.’

As hulle die Athlone Drive afrit verbygaan, kyk Marius sydelings na Dirk. ‘Whats up, boet?’

‘Ons het ‘n stertjie’ Dirk kyk weer in die truspieeltjie. ‘Wit Hilux bakkie. Hy het vir ons op die lughawe gewag. Which is fucking scary, want ek het niks opgemerk voor die tyd nie. Hierdie mense is besig om hulle kak agtermekaar te kry.’

‘So, na al die doodslag, wil jy vir my vertel hulle ruk nou eers die groot kanonne uit?’

‘Dis presies wat ek vir jou sê. Die stront gaan nou die fan slaan. Is jy heeltemal reg hiervoor?’

. ‘Ons is ongewapen’ peins Marius, en beantwoord dieselfde tyd Dirk se vraag. Dirk grinnik.

‘Kyk, jy sal sien wat ek bedoel, die hollander is ‘n vindingryke man. Moenie dat eerste indrukke jou omvêr gooi nie.’

Dirk paar vinnig sy foon met die Renault se radio, en skakel ‘n nommer.

‘Jens!’

‘Dirk, my gawe vriend. Waar bin jy?’

Die hollandse aksent lê nog dik in die man se stem.

‘Ons is oppad, vriend, on….’

‘Jy moet haastig maak, dit is al na tien, ek kan nie hierdie heile bottel drink nie’ val Jens hom in die rede.

Dirk slaan sy oë hemelwaarts en loer na Marius.

‘Jens, ons het ‘n probleem. Ons is omtrent vyftien minute weg van jou af, en ons word gevolg. He…’

‘Moet hulle nie eers probeer verloor nie. Ek het ‘n paar nuwe speelgoed hier wat ek graag sal wil toets!’ Hulle hoor hoe die man lui slurp aan sy drankie.

‘Hierdie mense is nie narre nie, hu…’

‘Dan ruk ons de arsenaal na buite.’ Die eerste keer wat die man helder nugter klink. ‘Wat wil jy maak, Dirk? Ek het ‘n roete waar ons hulle kan afsny.’

‘Ons is ongewapen, Jens, maar ek het ‘n spesmaas hulle het ons lewendig nodig. Hulle soek wat ons hier kom haal het. Hulle weet ons het dit nog nie, so kom ons ry die golf uit. Ek wil jou nie betrek nie, Jens. Die mense is gevaarlik, dit sal dalk beter wees as jy my net vertel waar ek die boot kan kry, en la…’

Die stem bulder dat die Renault se luidsprekers bewe in hulle kaste. ‘ Jy kom reguit hiernatoe. Dit is ‘n bevel.’ Dan is die luidsprekers stil.

Marius kyk vraend na Dirk.

‘Bevel?’

Dirk knik net. ‘Daardie man was ‘n kolonel in die SAW. Gewas op die brein, dit was verwyder, en hy is so mal soos ‘n haas. ‘n Haas wat jy met handskoene moet pak.’ Dirk grinnik.

Dirk hou reguit aan met die M4 en as hy regs draai in Pickering rd om aan te sluit by Margaret Mncadi, is die wit Hilux reg agter hulle.

‘Twee clowns, en hulle weet ons weet hulle is daar. Ek hoop die fokken hollander is opgewasse teen hierdie manne. Hulle is blatant windgat. Dit beteken hulle kan na hulself kyk.’

‘Hou op om my te babysit, Dirk. Ek weet hulle is nie Laurel en Hardy nie. Ek is reg!’ kap Marius geiiriteerd terug.

‘Ok ok, ek wil net vi….fok dit ok. Wees op jou hoede.’

Dirk draai in Boatmans Rd in, en as hulle onder die gehawende teken wat die Durban Yacht club aankondig, deurry, is die Hilux weg.

Hulle parkeer, en wanneer hulle die gebou se trappe betree, is hy skielik daar. Soos ‘n skim.

DieHollander en Dirk groet mekaar stil. Met respek. Dan skielik,kruip die alkoholis malman terug, en hy klap Marius joviaal op die rug.

Hy is ‘n kort man. Rietskraal, maar seningrig. Die vel karakteristies spierwit. Tatoeermerke op sy bo-arms. Hy is in sy vroee sestigs, sy neus en gelaatstrekke getuig van ‘n man wat nie bang is om die bottel te gryp nie. Agter die bloedbelope blou oë, is daar egter ‘n hardheid. Hierdie man het goed gesien wat kon gebly het. Marius steek sy hand uit. Die hollander skud dit oordadig. Staal in die greep.

‘So, julle soek n boot, en ek het alles in orde gehad, maar ek dink ons sal dalk moet n ander keuse maak.’ val hy met die deur in die huis, en begin in die proses deur die kroeg na buite stap. Dit is warm en bedompig. Die palmbome om die swembad, staan op aandag. Die lang blare roer nie.

Die Hollander loop op ‘n drafstappie na die hoek van die perseel toe. Die klein tydelike asbesgebou het ‘n klein grasperkie voor, en ‘n gerieflike landingsplek vir klein bote. Op die grasperk lê ‘n klein drie meter rubber duck, met die vaal verweerde tekens van die Nasionale Seereddings Instituut. Die indrukwekkendste eienskap van die boot, is die splinternuwe dertig perdekrag Yamaha buiteboord motor.

‘Daar was ons boot’ sê Jens ‘maar met Dirk hier, moes ek seker beter geweet het. Ek dink ons sal beter vaar met my speelding hier binne.’

‘Hokaai, Jens’ keer Dirk ‘wat bedoel jy “ons”? Ek en Marius gaan alleen in.’

Die Hollander lag.

‘Julle verstaan duidelik nie die werk nie. Die hele hawe lê vol van die kuswag bote.’ Hy haal ‘n vel papier uit sy gekreukelde bosak. ‘en sonder dié papiertjie, sal julle dit nie verby die Punt maak nie.’ Hy vou die dokument oop, en tik op die swart en wit foto van homself. ‘en dank fok ek lyk nie soos een van julle nie.’

Hy sluit die stoortjie oop, en tas in die donker rond, en klap die oorhoofse buisligte aan.

Daar is twee voertuie in die stoor. ,’n Verinneweerde Landrover, wat lyk asof dit die stoor gekies het om finaal die stryd teen die bruin blikwurm te verloor. Agter die sitplekke, is egter ‘n groen seiltjie, die vorm onder dit onmiskenbaar die van ‘n masjiengeweer. Dirk loer onder die seil in. Die hollander giggel.

‘50cal Browning. 1954 edition. 40 rondes per minuut. Tien kanne met 100 rondtes elk. En voor julle dink die res is kak,’ hy leun oor die rand van die bakwerk, en draai die sleutel. Die motor spring met ‘n lewendige grom aan die brand, en luier dadelik eweredig.

‘Lexus V8….tweehonderd en vyftig perdekrag.’ Hy giggel soos ‘n skoolmeisie. ‘maar wag, dit gaan nie help hier nie, hiérdie is meer wat ek in gedagte het.’ Hy ruk ‘n ander groen seil van ‘n boot af.

Dit is ‘n 6m Buccaneer rubber boot, met soliede raamwerk. Die twee 85 perdekrag Yamaha buiteboord enjins glinster onder die buisligte. Die hollander het ‘n uitdrukking op sy gesig wat bes beskryf kan word as manies.

‘Ek het hierdie twee babatjies self getoor. Julle wonder seker hoekom ek nie eeder vir goedkoper 125hp enjins gekoop het nie.’ Beide die ander mans het glad nie gewonder nie, maar die kort mannetjie vervolg haastig

‘Hulle druk oor ‘n honderd perre elk. Hulle is ligter as die groter enjins, maar die hoofding is, REVOLUSIES!’ Hy kraai weer van die lag. ‘Met die vlekvrye staal props, het ek die bootjie oor die sestig knope gehad hier in die hawe se oopwater.’ Hy staan trots terug.

‘By the way,’ meng hy die eerste keer sy taal ‘waar gaan julle heen?’

‘Die ou walvisstasie hier net om die punt. Die militere area’ se Dirk.

‘Dit gaan neuk. Daar is oop strand daar, maar dié boot is te swaar om te beach,’ hy vryf oor sy ken ‘julle sal twintig meter moet swem’ hy kyk na Marius.

‘Ek hoop Edward Norton hier kan swem!’ sê hy en lag weer.

Dirk kyk na Marius en glimlag. ‘Dis die akteur op wie se naam ek nie kon kom nie. Dis reg…. jy lyk soos Edward Norton.’

‘Ok ok, brightsparks, dan swem ons.’ mompel Marius. Edward se moer, dink hy.

‘Goed, dan is daar n paar verdere verbeterings’ en die hollander ruk die res van die seil af. Dirk fluit deur sy tande.

‘Fok Jens….’

In die middel van die vaartuig, is ‘n pragtige masjiengeweer monteer. Die ses lope glim donker in die buislugte. Die ringe wat die lope stabiliseer en bymekaar hou, verleen ‘n industrieële effek aan die wapen. Die elektriese motor agter onder dit laat die wapen bonkig en stewig lyk. Hierdie geweer meen besigheid.

‘XM214 Micro….General Electric. Six Pack. 24 volt batterypack, drieduisend rondtes. Ek het hom in die bek geruk, en gestel op 2000 rondtes ‘n minuut.’

‘Jirre….2000’ Dirk vryf liefderyk oor die wapen.

‘Ek wens half ons sal dit MOET gebruik,’ hy glimlag flou vir Marius. ‘Spectacular wapen!’

Die hollander vryf oor sy ken ‘As ons die ding vir enigiets moet gebruik vandag…. kan ek julle waarborg ons is môre in die koerante. As dié baba blaf, kak alles in sy pad.’ Daar is erns op sy gesig.

‘Ok, Jens’ sê Dirk ‘Wat kan jy vir ons doen vir handwapens?’

‘Jy weet dit is nie my area van expertise daardie nie, Dirk.’

‘Enigiets is beter as niks, wa….’

‘Ok, help my om die boot buite te kry, dan kyk ons wat ons kan doen!’ beveel die Hollander.

Hulle sleep die boot na buite, en Jens trek die dubbel sinkdeur weer toe agter hulle. Hy kniel op die vloer waar die boot gelê het, en trek ‘n klein staal handvatseltjie op. Die luikdeur in die grond trek hy met moeite oop. Hy vroetel in die donker gat rond, en beduie vir Dirk en Marius om hom te kom help. Hulle lig ‘n mediumgrootte wapenkluis uit die gat in die grond en sit dit steunend op die sementvloer neer.

Die hollander prewel terwyl hy met die kombinasieslot vroetel. Dit swaai geruisloos oop.

‘Raait, ekt ‘n .357 rewolwer en twee 9mm Glocks. Ek stel voor julle vat laasgenoemde. Hier is ses vol magasyne. O ja, hy grawe dieper in die kluis….. en hier is drie handgranate. Dis dit.’

Marius giggel. Vir iemand wat uit sy element is met handwapens…. het hy n .22 en ‘n kettie verwag.

‘Wat?’ vra die hollander.

‘Niks, ekt niks meer as ‘n kettie verwag nie’

Die hollander is nou die ene besigheid.

‘Ek het GPS op die duck. As julle my koördinate gee, kan ons reguit gaan na waar julle wil wees.’

Dirk stap stadig na die Landrover toe, en gaan sit agter dit op n omgekeerde twintigliter oliedrom.

Hy kyk ernstig na hulle.

‘Kerels, hulle weet ons is hier, en ek dink hulle weet wat ons soek. Ek di….’

‘Wat is dit wat julle soek?’ vra die Hollander.

‘Inligting, Jens, en jy weet beter as enigiemand hoe gevaarlik inligting is. Hulle sal enigiets doen om wat ons hier soek, in die hande te kry. Die legkaart begin inmekaar pas.’

Marius knik sy kop.

‘In die vorm van my pa se dagboek. My pa het dit duidelik gemaak dat al die antwoorde in daardie boek is.’

‘En die boek sal seker nie op die strand lê, met ‘n duidelike pyl wat dit uitwys nie’ peins die Hollander.

‘Nee,’ sê Dirk. ‘Ons sal moet soek.’

‘Dan moet ons seker aan die gang kom’ sê Jens, en begin buite na die boot toe stap.

Dirk staan op en vat hom aan die skouer.

‘Nee, wag. Jens, het jy enige vorm van radio hier. Iet….’

‘Ja, hulle is vars gelaai, nuwe batterye. Leeftyd van ‘n week met ligte gebruik, hoekom?’

‘Het jy enige kosvoorraad vir ons? Genoeg vir twee dae maksimum?’

‘Blikkies sardiens en boontjies. Ek het baie.’

‘Raait, hier is die plan. Ons gaan uit net na tien vannaand. Jens, jy drop ons so naby aan die koördinate as wat jy kan. Dan kom jy terug. As ons gekry het wat ons wil hê, roep ons jou op die radio, jy kom pik ons op, en voor eerste lig is ons weg. Marius, bel vir Roelien. Laat sy vir ons ‘n vlug boek vroeg moreoggend. Verkieslik voor sonop.’

‘So, jy sluit my nog steeds uit?’ Die Hollander lyk regtig seergemaak.

‘Nee Jens, maar as jy daar teen die strand lê, is jy ‘n sitting duck….pardon the pun, en behalwe dit, gee jy presies ons ligging weg. Kom eerder terug. Ons bly in radio kontak. Wees baie versigtig, want hulle gaan hierdie plek dophou, en as hulle net effens ‘n idee het dat ons weggeglip het, gaan hulle wil weet waarheen. Dan is jy alles behalwe uitgesluit.’

Hy knik met ‘n vonkel in sy oog.

‘Marius, is jy met ons?’

Marius is klaar buite besig met sy selfoon.

‘Ons doen verder niks hier nie. Ons wag vir sononder.’

Dirk vat die Hollander aan die skouer, en hy volg sonder teëstribbeling.

//

22H10 laat sak die Hollander die twee Yamahas in die water van Durban hawe weg. Die boot druk dadelik sy snoet in die lug, en waar hy agter die middelkonsole staan, loer hy oor sy skouer en glimlag skeef vir die twee mans wat in hulle duikpakke inwikkel.

Hy stuur die boot sekuur om die Punt, en dan soek hy dieper oop water, en draai reg suid in die rigting van Cave Rock. Hy draai die krane oop, en die boot bokspring oor die klein deinings.

‘As ek moet skat, ses myl na Cave Rock. Van daar ‘n verdere twee myl na die ou walvisstasie. Ek ken die water daar, ek sal julle teen die strand kan afgooi.’ Skree hy oor die geloei van die twee buiteboord motors.

‘Kwartier op die meeste!’ voeg hy trots by.

‘Ok, Marius, ons het alles. Flitse, wapens?’

Marius trek die waterdigte rugsak nader, en gooi die band oor sy skouers.

‘Alles hier.’

Die strand lê vaalwit aan hulle regterkant. Die water maak amper ‘n neon groen kleur voor dit wit skuim maak en teen die sand uitstorm. Skielik, spring die eerste skelet van ‘n gebou uit die wit sand. Massief, die dakplate afwesig. Kleiner skelette word skielik duidelik.

‘Ek gaan verby. Kyk daardie lang ry geboue daar oorkant, dit was die werkers kwartiere. Daardie groot gebou dáár was die eetkamer, ek gaan julle net langs dit aflaai. Daar is ‘n teerpad, en dit is ook die enigste plek waar julle deur die omheining van die basis sal kan kom.’

‘Ek wil nie weet hoé jy weet nie.’

Hy lag uitbundig. ‘Kyk daar agter. Daai regop geboutjies…Japanese badkamers. Ek het ‘n sagte plekkie vir Japanese vrouens gehad. Ek was nie die enigste een nie!’

Hy skaterlag weer. Hy stuur die boot nader aan die strand. In die gras skitter ‘n treinspoor skelm hier en daar in die maanlig.

‘Tot hier kêrels, laat julle swem. Volg die pad. Reg oorkant die sleepgange, was ‘n deurgang.’ Hy draai die boot dwars, en sekondes later skop die twee donker skaduwees weg van die boot. Die twee enjins maak skuim, en die boot draai weg.

Dirk en Marius swem minder as twintig meter, hulle ry ‘n brander uit tot op die strand. Dirk beduie vir Marius om hom te volg. ‘n Enkel klein geboutjie staan tweehonderd meter van hulle af. Die dak skitter in sy afwesigheid, maar dit het nie vensters nie, so hulle sal by die lig wat die flits maak gou die toerusting verdeel.

‘Waar is die GPS?’ vra Dirk, en Marius krap in die sak en bring die klein apparaatjie te voorskyn. Dirk kyk na die klein skermpie, en tik die Generaal se koordinate in.

‘Ons is nog te vêr suid’ sȇ Dirk. ‘Ons sal omtrent ‘n kilometer teen die kus op beweeg. Dan werk ons van daar af.’

Hulle druk die wapens in hulle gordels, verdeel die kos,goo die rugsakke oor hul skouers, en dan is hulle oppad. ‘n Kwartier later stop Dirk skielik. Hy lig met die flits tussen die bosse en struike wat teen die strand grens.

‘Hier iewers.’ Hy kyk na die GPS.

‘Ek dink jou pa het iemand wat die dagboek oppas.’

‘Hoe kom jy daarby uit?’

‘Hier, dis waar die plantegroei die naaste aan die see is. Mense moet eet. Kyk hier,’ Hy beduie na verskeie plekke waar die plantegroei versteur is.

‘Die laaste tweehonderd meter al, whoever hy gekies het vir die job, is goed met sy teenwoordigheid wegsteek. Hy of hulle vang vis hier. Ek kan dit ruik.’

‘Jy kan dit ruik, ek …nevermind. So wat nou?’

‘Nou donner ons hier die ruigtes in. Daar gaan nie voetpaaie wees nie. Marius, hier moet jy agter my bly. Ek weet hoe tripwires werk, hou jou oë oop. Ek mag dalk iets mis. Moenie enigiets volg wat soos ‘n voetpad lyk nie. Bly in die dik onderlaag. O ja, en wees geduldig. Haastige hond verbrand sy mond… Ok?’

‘Ok.’

Soos hulle dieper die bosse in beweeg, raak die struike en onderlaag yler, en dan sluk die eerste boomtoppe die maan se lig in. Hulle het geen ander opsie as om die enigste gaping tussen die stamme te vat nie. Dirk beweeg versigtig, sy flits soekend op die grond. Dan verstar hy. Skielik draai hy om, en beduie vir Marius om op sy hurke te sit. Hy fluister in sy oor.

‘Ons het company.’

‘Laat ek raai, jou neus, wan…’

Skielik is hy daar. Lank en lenig. Sy bolyf kaal. Die Uzi glimmend in sy greep. Die arms perfek gevorm. Elke spiertjie sny die vel met perfekte fyn splete.

‘You are good, soldier,’ die stem diep. ‘I would love to know how you spotted me. First off, lets get rid of the weapons!’ Hy beduie met die wapen in sy hand na hulle pistole wat leweloos in hulle gordels hang.

Dirk draai stadig om, sy hande bo sy kop. Hy laat sak stadig sy linkerhand en haal die wapen uit sy gordel, en gooi dit voor die swartman se voete. Eers dan sien hy die man se been. Die kuit wat ‘n string verdraaide vel is. Niks meer nie. Hy beduie vir Marius om dieselfde te doen. Marius gooi sy wapen voor die man se voete, en dan kom hulle beide stadig orent.

‘Now, gents….. can I be of any assistance?’

Marius hou sy hand oop voor hom uit, en dan bring hy dit stadig na sy sak toe. Hy keer die sak om en die inhoud val by sy voete. Hy buk versigtig af en neem die klein gevoude papiertjie wat onder ‘n blik sardientjies uitsteek. Hy hou dit uit na die lang man voor hom.

Sonder om sy oë van sy gevangennes af weg te neem, vat hy die nota, en vou dit oop. ‘n Enkele oogopslag, en hy laat sy wapen sak.

‘You have changed…. A lot’ sȇ hy vir Marius, en met sy voet skop hy hulle wapens terug na hulle toe. Hy draai vinnig sy rug op hulle, en Marius verbeel hom hy het ‘n ongelooflike uitdrukking van pyn oor die man se gesig sien kom. ‘n Oumans gesig. Eers toe sien Marius dat die man seker iewers in sy sestigs moet wees. As hy egter begin beweeg, is hy vloeiend, en vinnig.

Hulle volg hom vir tien minute, en skielik is hulle in ‘n kamp. Sy kamp. Hy ruk ‘n drom van ‘n paar gloeiende kole af, en hy sit vars hout op. Hy beduie vir hulle om te sit. Hulle sak moeg oorkant hom op die grond neer. Dit is net na een. Dit was ‘n fokken lang aand sovêr, dink Dirk vir homself.

‘Ive been expecting you earlier’ sȇ hy eenvoudig. Hy kyk na Marius, en skielik rol ‘n traan uit die hoek van sy oog.

‘I am so sorry about your mother.’

Marius kyk vraend na hom. Die gesig waarna hy kyk, vertrek, en dan vermy hy Marius se oë.

‘Thirty years….. she was my responsibility for thirty years. I maybe even secretly have loved her. She never knew, but I was there every single day. When he…. he…. killed himself, I had to leave her, and she died. For that, I will forever blame him.’ Hy stamp driftig nog ‘n stuk hout in die jong vlammetjies in.

‘I had no idea.’ begin Marius.

‘You have no idea…. Period. I have been here for six months. That’s enough time to seriously doubt whatever the fuck we tried to do over the years.’

Dirk sit vorentoe.

‘Sir, we ha…’

‘Petros… Petros Shikandano. Call me Petros.’

‘Dirk …. I am Dirk.’ Die twee mans knik vir mekaar.

‘Petros, we were thrown in at the deep-end here. This far, it has been all about survival. People died. Left, right and centre. We have no idea who we are looking for. We don’t even know why this is all happening. We ne…’

‘Wait, wait….. you don’t know who you are dealing with?’ Sy wenkbroue is opgetrek.

‘Nope’

Hy vryf deur sy grys baard.

‘Jesus, we…ummm…. I just assumed you knew what were going on. Fuck, that was stupid of me. Why do you only get here now? I thought the general left instructi…’

‘That was all my fault’ val Marius hom in die rede. ‘I had a goddamn life, with a goddamn girlfriend, and a goddamn mother…. So forgive me for overseeing tiny details. This whole fuckup, had nothing to do with me. I nev…’

‘Ok, sorry. I can imagine that this whole thing came as a shock. What happened to your girlfriend?’

Marius en Dirk lig Petros Shikandano om die beurt in van die verwikkelinge sedert Renier van der Berg se dood.

Hy fluit deur sy tande.

‘I am all of a sudden a lot less pissed off about you only getting here now. Fuck! This thing is out of control. Lets not waste time.’

Hy staan op en verdwyn in ‘n goed gekamoefleerde tent in. As hy terugkom, het hy twee boeke, netjies verbind in ‘n stapeltjie, in sy hande.

‘This has all the answers. Let me fill you in on the basics. You can read all about how this fuck-up started, but I will give you the basics.’

Dirk kyk na die groot man.

‘Out here, in the bundus, how did you find out about Ingrid?’ Dirk probeer om nie té agterdogtig te klink nie.

‘If you had spent thirty years watching over someone, you tend to form a tangible link with that person. You also build some contacts with people close to her. I just felt something was wrong, so I went into Durban and phoned. When I got no answer, I phoned Reinette, her friend, and she told me the whole story.’

Die man se kake bult.

‘To just sit here, and not be able to go to her funeral……’ Sy stem draal weg.

‘Who are we looking for?’ vra Marius deurdringend.

‘Simon Kotwall. Use to be a major in the army, this whole thing started as a personal war between the General and Major Kotwal. Kotwal was a nasty piece of work. His mother was a hundred times worse.’

Hy krap in die vuur, en sit nog hout op.

‘Simon Kotwal’ herhaal Marius die naam, amper dromerig. ‘Nowhere did that name pop up over the last six months. Nowhere.’

Petros glimlag wrang.

‘It wouldn’t have. His tracks are covered thoroughly.’ hy leun vooroor en maak die grootste van die twee boeke los van die stapel.

‘Bar for this, and this is what its all about’ sȇ hy en hou die boek in die lug voor hom.

‘Before we get there though, let me give you our involvement in this. You must remember, the General was a patriotic man. South African to the core. To him, that big book didn’t matter. To him, it was all about this,’ Hy hou die kleiner boek op.

‘Religion is a powerful weapon. Simon Kotwal’s mother knew this all too well. Let me state this categorically, she started the whole program on government’s orders back in the day. Around the same time other monsters like Roodeplaat and the likes were born. Her brief was to start a program, where religious indoctrination formed the basis of creating soldiers that wasn’t afraid to die.’ Hy laat die laaste aanmerking hang. Sy blik wissel tussen die twee mans voor hom. Vraend, asof hy wil hê hulle moet verstaan.

‘Long story short. The place in Randfontein was established. Let me cut straight to the chase. You must be familiar with Jihadism.’ Hy kyk weer na hulle. Hulle knik net hul koppe.

‘There is a lot of training needed, contrary to popular belief, and the million virgins hype, for someone to take his own life in whatever the fuck they think they are struggling for. Trust me, a lót of training.’ Hy maak aanhalingstekens voor hom in die lug met sy vingers as hy die woord ‘training’ gebruik.

‘Brainwashing….indoctrination….. those are more apt words.’ Sy mondhoeke trek af, en hy krap geirriteerd in die vuur.

Hy vat die kleiner dagboek, en behendig maak hy dit op ‘n bladsy oop. Hy gee die boekie vir Dirk.

‘Read those names’ beveel hy. Dirk hou die boek sodat die vuur se lig oor dit speel.

‘Khalid al-Mihdhar, Nawaf al-Hazmi, Mohamed Atta, Marwan al-Shehhi, Zia…. Wait a minute…’ Dirk word skielik doodsbleek.

‘You don’t want to tell me tha..’ Dirk stotter.

‘That’s exactly what I am telling you.’

‘Jirre Dirk, waarvan praat julle?’ wil Marius dringend weet.

Dirk vryf oor sy oë.

‘ 9-11 Die terroris aanvalle op die World Trade Centre in Amerika. Hierdie is die name van die 19 betrokke terroriste.’ Lig Dirk hom in.

‘Yes, they were ‘trained’ here. Now….. can you imagine the political implications for this little country if information like this became known? That was what the General protected. Right to the end. He singlehandedly erased the papertrail that linked these terrorists to us. Can you imagine with the American’s war on terrorism, what could have happened here?’

Marius blaas sy asem uit.

‘Fok, hierdie is groot…. Bokant ons vuurmaakplek.’ Sy kleur het hom ook verlaat.

‘So this little book is what they are after? Su…’ begin Dirk.

‘No my friend, this is what they are after.’ Hy hou die groot boek uit na Dirk toe.

‘You need to understand, that this program was endorsed by the government. Both the old and the new. Simon Kotwal took over from his mother. There was big money to be made from this program. He was brutal. Obviously, when the General started erasing the papertrail and correspondence linking us to them, to the terrorists, he had to step on some toes. In that book is a list of names. One hundred and fifty in total. Powerful people. Government, army and police force. Every single name and documentation included to prove their involvement in this scheme. This is what they are after. People like Kotwal do not give a fuck about whatever implications their actions might have….. this whole fuck-up you find yourself in, is pressure from above. Pressure on Kotwal, by the people on that list. Its ironic…the puppetmaster, became the puppet.’

‘Jissis’ sê Dirk

‘So you are fighting the big brass’ Petros gooi nog ‘n stomp in die vuur. ‘Every name on that list, I have documentation on that ties them to corruption of a magnitude that is phenominal. Not just 9-11. There are plenty others too. Blatant murder. ‘

‘How the flying fuck do we handle this?’ vra Dirk met sy kop tussen sy hande.

‘The General was a shrewd man. Problem was, he wasn’t anonymous anymore. And he was old. Like me. Whatever is happening now, Kotwal does not know exactly who you are. He is clutching at straws. That is going to be what give you guys the upper hand.’

‘So, he doesn’t know that Marius is the general’s son?’

‘ Oh, after killing Ingrid, he knows there is a son. He just doesn’t know where. By killing her, he could make a final notch on his muzzle. A final sort of victory in the private feud. He also might have thought that killing the last little link tot he General, would get the puppetmasters of his back a little..’ Hy kyk na Marius.

‘Oh, he knows that we are taking the fight further’ peins Marius.

‘Yes, Kotwal is not the sharpest pencil in the pack. Whilst the people on that list knows that there are documentation that can bury them, Kotwal does not see that as the prime reason for pursuing you.’

‘So… why the fuck is he busting our asses’

‘Because he thinks you are golddiggers. He wants what we stole from him. He wants his book collection!’ Die swartman lag die eerste keer uit sy maag uit.

Hulle kyk geamuseerd na hom. Terselftertyd hoor al drie mans die eerste keer die helikopter. Die klap van die rotors as dit rigting verander, is vêr, iewers oor die see.

Dirk vat die radio.

‘Jens, ontvang jy my.’

Daar is ‘n ruk stilte. Dan krap krap die radio. Dirk luister aandagtig. Krap krap…..krap….krap….krap krapkrap…..krap.

‘Have you got something I can write with?’ vra hy dringend aan Petros. Petros staan op en verdwyn weer in die tent. Hy kom terug met ‘n kort stukkie potlood.

Dirk krap vinnig op die agterblad van die boek voor hom. Hy kyk na Marius.

‘Morse kode…. Jens is in die kak’

VAS…… IS OK……WARM…. BLY DAAR….. KONTAK LATER……

‘Fok’ sê Dirk net. Hulle hoor die helikopter weer draai. Petros druk onmiddelik die drom weer oor die vuur.

‘Tell us more about this golddigging thing,’ vra Marius. ‘My father had a shitload of money…. Where and how?’

Die swart man glimlag weer.

‘There is something you need to know about Simon Kotwal. As I’ve said… He wasn’t very smart. All the brains in the family, were given to his mother….. and his sister.’ Hy ril onwillekeurig as hy haar naam noem

‘Throughout this whole debacle, Simon Kotwal never thought of it as anything more than a personal war between him and the General. This suited Renier, as he was able to keep Kotwal in the background, whilst he was taking on the real enemy. Kotwal caught him…. 1977 and for 8 months, the General was in his clutches. That’s how we met. I was working for Kotwal. Choice wasn’t in my frame of reference back then. Its all in there.’ sê hy en wys na die dagboek.

‘We had to get out of there. We decided to break out. There was a sewer system under the Kotwal residence. That’s how the General got in, and he was hellbent on getting out that way too. Problem was, Kotwal blocked the system with concrete, but we had a map of the sewer system, so we chose another route….. and by chance,’ hy lag weer, die lekkerkry vlak in hom. ‘By chance, we found his vault… we actually broke into it accidently.’

‘Long story short, when we finally got a way out, we stole eighty million rand….. and a collection of books.’

Marius en Dirk gaap hom aan.

‘Eighty mil?’ vra Marius.

‘Yes, and in the late seventies…. That was an awesome amount of money. We only took about 40 books…. That was all that was in there, but in the end, they proved to be even more valuable. To this day, Kotwal saw that as his biggest defeat.’

‘What was his thing for books?’ vra Marius.

‘Personal fetish. Renier invested that money, and made an effort of buying books right from under Kotwal’s nose.’ Hy lag weer uitbundig. ‘That was about how far Renier wanted to take the personal war. At that stage, it was more amusement than anything else.’

‘There is one more thing that I wondered about often,’ Marius kyk na Petros. ‘In his last note, he mentioned somebody called Lilith…..’

Skielik is die man oorkant hom weer somber.

‘You need to understand what happened to the General in that eight months he was in there. Constant brainwashing…. Even though I managed to keep the drugs from him, something got hold of him in there….. and it stuck. He was almost fanatically religious after that. Paganism, and concequiently Wiccan. Lilith… was a figment of his imagination.’

Hy kyk indringend na Marius.

‘Kotwal took a massive knock when we stole his money, and apart from the normal government funding, he needed extra investors. Dumb ones. He got hold of so…’

‘The fantastic four…’ murmur Dirk.

‘Huh?’ vra Petros

‘Yes, instant millionares, with little or no business sense…. Convenient investors if you know how to manupilate them.’ Gaan Dirk aan.

‘So you know about Strydom, Matthyssen, Cartwright and Kamfer?’

‘Yes, and they are dead as well’

‘Except Kamfer…. The dangerous brainy one. They all got pulled in by Kotwal. Obviously with generous amounts of drugs and indoctrination, they parted with their money… gladly. Then they started dying. Gruesomly. The General ’s words to me was “Petros, if you sell out to the devil, and he has your soul, he will give you all the success you want, but in the end, he will take what is his,” and that was that. He followed what happened to them fanatically. They died horribly, and that just strengthened his view. He was sure he was also on that list somewhere. Even if it was just by association. He pulled the trigger himself.’ Daar is rou heimwee oor die groot gesig.

‘Yes, there are lots of things I blame him for now, but through all these years, he did a helluva lot more for me, than I ever did for him.’

Hulle sit stil, en kyk na die drom wat rooi begin gloei. Iewers in die verte, versterk die see die klank van die helikopter. As dit na hulle soek, is hulle op ‘n dwaalspoor. Dit is verseker.

‘Which brings me back to the million dollar question…. How do we handle this?’ Dirk kyk na Petros.

‘You kill Kotwal. Slowly and with as much pain as you possibly can inflict…. If I have anything to do with it…. Get him out the way, and then you get an insider, and then, if you have to do it one by one, you bring the ‘Maatskappy’ down.’ Hy spreek die woord ‘Mehdskeppie’ uit.

‘Maatskappy?’ vra Marius

‘That’s what the General called the 150 names in that book. “Die Maatskappy”.

‘Jesus, how do you know who to trust?’

‘Anybody that’s not on that list’ antwoord Petros eenvoudig.

‘And you, what are you going to do now?’ vra Marius aan Petros.

‘I am going home. Namibia. See if I can grow something, and just be normal until I die. Tell me, who else is involved with this?’

‘You mean, who else survived this far?’ sê Marius, en daar is hartseer in sy oë.

‘If that’s how you want to put it.’

‘Just a small time reporter, that lived in the same town my mother did.’

‘Where is she now?’

‘At the house in Kensington.’

‘Judging by the relentless way that fucking chopper keeps circling….. it would maybe be wise for you to get her out of there. If they don’t find anything here, and you two are missing, she might be the logical next step.’

Marius spring so skielik op, dat die ander twee mans ook opspring.

‘Fok…. Fok Fok Fok…. Ek het nie so daaraan gedink nie!’ skree hy vir Dirk. Hy soek naarstigtelik na sy foon. As hy dit kry, is daar net een strepie op die konneksie sein.

Hy skakel dringend ‘n nommer.

‘Hallo….. Roelien’ kom die stemmetjie vaagweg deur.

‘Roelien….Marius. Jy moet roer. Bitter vinnig roer. Pak klere, kom uit die huis uit. Moenie ry nie, te voet. Pak ‘n klein sakkie. Net een stel ekstra klere, en ‘n tandeborsel. Vat heelwat cash. Kyk in die kluisie onder my bed. Die kode is dubbel sewe ses vyf vier. Vat al die geld daar binne, en kom net weg.’ Sy stem klim tot ‘n amper histerie.

‘Durf ek vra wat aangaan?’

‘Nee fok, vroumens, kom net uit daar’

Dirk staan op, en vat Marius aan die skouer. ‘Gee die foon hier.’

‘Roelien, pak, en wag net daar. Iemand sal jou kom haal. Groot man…… Sy naam is Martin Marx.’

Dirk druk die foon dood, en terwyl hy skakel…. Grom die radio. Dirk beduie vir Marius om by te staan, en dan praat hy vinnig en gedemp met Martin Marx.

//

Marius gryp die radio.

‘Jens, ontvang jy?’

‘Ek’s hier’ die stem gedemp… haastig.

‘Wat gebeur? Ons hoor helikopters.’

Dirk sluit hom by Marius aan.

Die radio brom weer.

‘Die kak het gespat toe ek om die Punt die hawe inkom. Ek het die chopper met die soeklig sien kom, en vermoed dit het dalk iets met ons te make. Daar was nie ‘n manier wat ek die boot oor die oop water ongesiens by die Yacht Club sou kon kry nie. Ek het die boot tussen die container skepe ingedruk, en dit weg gesteek..’

Marius en Dirk kyk vir mekaar. As Jens sy baba agter gelaat het, is sake ernstiger as wat hulle dink.

‘Ek’t ‘n kar gesteel hier bo by die container depot, en dinge by die Club lyk sleg. Twee, swaar gewapen met ligte masjiengewere by die kaai voor my stoor. Nog twee bo by die klubhuis, en nog twee in ‘n Hilux bakkie in die straat. Reg langs julle karretjie. Julle kan vergeet om hier uit te kom. Kanseleer maar julle vlug ook.’

‘Fok’ sê Dirk.

‘Kyk, ek wou julle eers te voet oor die koppie laat kom het, maar die brandstof opgaarplekke is daar. Julle sal nie deur daardie omheining kan kom sonder om gesien te word nie. Julle sal deur die walvisstasie moet kom. Volg die pad uit. Bo, is daar die hoofhek van die militere basis. Dit open in Marine Drive. Ek is nou hier. Julle sal moet gat roer. Ek sit met ‘n warm kar. Daar is net twee wagte. As julle hier is, roep my, en ek sal ‘n plan maak’

‘Ok, Jens…. Ons beweeg.’

Marius en Dirk pak haastig hulle wapens. Hulle los die kos, en groet Petros. Marius sit die twee boeke in sy sak, en dan is hulle fort.

//

Martin Marx laat die Ford ST sy keel skoonmaak. Hy stop ‘n skamele sestien minute later voor die groot huis in Kensington. Hy merk die wit Kombi wat ‘n halwe blok verder op in die pad, teen die randsteen geparkeer is. Hy skakel die groot rotasieligte op die dak van die Focus aan.. In die skynsel van die ligte, kan hy sien hoe twee mans dieper in hulle sitplekke wegsak. Hy ruk die 9mm uit sy skede, en maak die Ford se deur oop. Dan is sy skielik daar.

Martin was half lus vir ‘n konfrontasie, maar hy maak die deur vir haar oop, en sy gly in.

‘Het jy die plek gesluit?’ vra hy.

‘Jip, en die alarm aangesit’ antwoord sy.

Martin druk die kar in rat, en hy ry stadig verby die Kombi. Die bestuurder, alhoewel hy laag probeer sit, kyk na die polisiekar, en Martin sal hom gemaklik weer kan eien. Martin maak ‘n rewolwer met sy vingers, en wys dit in die rigting van die bestuurder. Dan versnel hy weg.

Hy word nie gevolg nie, en hy besluit om die meisie eeder na sy huis in Northmead toe te vat.

Sy vat haar selfoon, en begin ‘n nommer skakel.

‘SMS eerder. Dirk het genoem mense soek na hulle, dalk is dit beter om net stilte daar by hulle te handhaaf.’

Sy knik, en haar vingers speel oor die klawers.

“Saam polisie, als ok.” SEND.

//

Dirk en Marius is net na vier by die hek. Hulle sien ‘n vaal liggie brand in ‘n hut langs die hek. Dirk druk die radio se knoppie en sê ‘n enkele woord…. ‘HIER’.

Hulle hoor sekondes later ‘n bottel breek. Die hut se deur gaan haastig oop, en ‘n man stap versigtig uit. Sy hand op sy wapen. Daar is ‘n fyn PLOP geluid, en die man sak geruisloos inmekaar. Marius kom orent, en Dirk trek hom hardhandig terug.

‘Gee kans, daar is nog ‘n wag.’ waarsku hy.

Hulle hoor ‘n voorwerp rinkel teen die draad. Die tweede wag blaf ‘n uitroep na sy maat toe, en as niks gebeur nie, kom hy versigtig by die hut se deur uit. Hy loer om die hoek daarvan, en ‘n tweede plop laat hom slordig vooroor val.

Dirk gee ‘n grinnik. ‘Jy het gepraat van ‘n kettie vroeër vanmiddag….. wel daar het jy dit nou in die hande van ‘n meester gesien.’

Marius is klaar oppad hek toe.

‘Die fokken Hollander begin in my hart te kruip.’ skree hy oor sy skouer.

Dan gaan jy verlief wees op hom as hierdie nag verby is, dink Dirk grimmig.

As hulle verby die hut kom, het die hollander klaar die hek oop.

‘Kom ons move.’ En hy begin hardloop. Skuins op die sypaadjie, twintig meter van hulle af, staan ‘n gekreukelde vroee tagtigs Datsun Skyline.

‘State-of-the-art’ skerts Dirk, en Jens ruk die bestuurdersdeur oop. Dirk het skaars sy deur toe, of die kar brul, en met ‘n bol stoute olierook, vlieg hulle die straat af.

Hy jaag op met Admiral Rd en dan mik hy reguit vir die hawe.

‘As ek gatroer, kan ek hierdie kar terugsit voor die eienaar weet hy was weg. Behalwe natuurlik nou vir die amper drie jaar wat ek van die stomme enjintjie afgehaal het. Hy sal wonder hoekom hy so rook.’ Die Hollander gee ‘n roggel laggie.

‘Ok, ek het ‘n kontak by die container depot. Ons sal dalk ‘n rukkie moet wag, want die lorrie is eers geboek vir half ses.’

Dirk kyk vraend na hom.

‘Dis die enigste manier hoe julle hier uit gaan kom sonder om gesien te word. Die lorrie ry van hier af, City Deep toe, so maak julle planne van daar af.’

‘Jens, soms kan jy moer vindingryk wees. So ons gaan op Joeburg toe met ‘n fokken lorrie?’ Dirk lag, hy het nie daaraan gedink nie. Dan raak hy weer somber.

‘En jy my vriend? Ek’t jou nou in ‘n see van kak gedrop. Wat gaan jy maak ?’

Die Hollander lag.

‘Jy weet mos ek het altyd ‘n plan. Jy sal sien.’

Hulle draai in by die depot, en Jens stuur die motor versigtig in ‘n parkeerplek onder die enigste boom in die omgewing in.

‘Ons het ‘n uur voor die lorrie kom, en ek’s dors.’

Hulle stap om die hoek tussen twee rye houers in. Die gruis knars onder hulle haastige voetstappe. Die hollander lei hulle reguit af, na waar ‘n donkergroen niksseggende twaalf meter houer onder drie ander gepak staan. Al wat dit onderskei van die duisende ander houers om hulle, is dat daar in die linkerhoek, ‘n enkel klein venstertjie is. Jens haal ‘n bos sleutels uit sy sak. Eers dan sien hulle die deur in die kant van die houer.

‘Home away from home!’ glimlag die hollander, en stoot die deur oop.

Binne is daar ‘n enkel bed, ‘n klein lessenaar, en ‘n kroegyskas. Jens mik reguit soontoe, en bring drie biere te voorskyn.

‘Ons het ‘n uur voor die lorrie hier is.’ Hy deel die biere uit.

‘Jirre jens, eks jammer oor die boot.’ Begin Dirk.

‘Ek sal vir dit betaal’ se Marius ‘sodra die stof gaan lê het, sal ek jou vergoed vir vannaand’

Jens kyk na hulle. Om die beurt.

‘Ek weet waar ek hom gelos het, daardie bootjie is veilig. Moenie worry nie….’

‘Fok dit, gee my jou bankdetails, en maak n prys. Dan bly jy hier tot die stof gaan lê het…..’

Jens lag net. ‘Dié tipe van goed hou my jonk’ Hy gooi sy kop terug, en die bier verdwyn.

Daar is ‘n sagte klop aan die deur. ‘n Jong Indiergesig loer vriendelik om die hoek.

‘Truck is here, dutchie, we got to move!’ dan is hy weg.

Dirk en Marius staan op, en skud Jens se hand om die beurt.

‘Ons sal in kontak wees. Jens, dankie vir alles….. en moenie te veel kak aanjaag nie!’ Dirk kyk hom in die oë, sy hande op die kleiner man se skouers.

Die Hollander knik. Hy lyk moeg, en voor Dirk die deur kan toetrek, val hy agteroor op die bedjie in die hoek.

//

Die groot Scania beur teen VanReenenspas uit. Marius en Dirk lê op die dubbelbanke in die slaapkajuit. Hulle is moeg genoeg om dood neer te slaan, maar die leesstof in hul besit, hou hulle wakker…. wawyd wakker.

Dirk het die lys name voor hom amper angstig deur gegaan. Brigadier Milla Keyter was nie daar nie. Majoor Makoena ook nie. Die res van die name is amper ongelooflik. Drie en twintig in die huidige ANC regering…. twee en veertig in die weermag en die res in die polisiemag.

Dirk neem die besluit. Hy gaan Milla Keyter hier betrek. Hy MOET Milla Keyter hier betrek. Hy gaan dinge oppatch as hy terug is, en sy het nie regtig ‘n keuse nie. Met die getuienis voor hom, hoop hy net sy het genoeg slaankrag om ‘n verskil te maak. Die res van die boek voor hom, bevat verwysings na dokumentasie in bewaring by Jacques Martinaglia, met ‘n kodewoord tot toegang. Die Generaal was ‘n versigtige man.

Onder hom, uitgestrek op die vragmotor se bed, lees Marius sy pa se lewe. Hoe meer hy lees, hoe meer verstaan hy waarom mense soos Dirk Dhooge en Petros Shikandano hulle lewens sal gee vir hom. Hy was ‘n formidabele man. Die dagboek bevat verder ‘n vloerplan van die Kotwal huis. Dit sluit die doolhof van gange onder die plek in. Tog, meeste van die dagboek, is saaklik, en professioneel. Militaristies. Sekere ander dele, is amper kinderlik. Eenvoudig. Asof daar tye was wat sy pa uit homself gegaan het. Asof ‘n ander hand die woorde geskryf het.

Hy noem ‘n engel op. Die blonde godin. Twee bladsye later, verwys hy na dieselfde wese met weersin. Asof sy ‘n dier is. Weird. Daar is verskeie verwysings na Lilith ook. Die indruk wat Marius egter kry, is dat hy haar gesien het as ‘n vennoot amper. Asof hulle dieselfde resultaat nagejaag het. Petros was onder die indruk dat Lilith in sy pa se verbeelding geleef het. Daar is ‘n paar verwysings na haar, waar die beskrywings so gedetaileerd is, dat Marius wonder. Hoe sy beweeg, watse reuk sy het en haar wreedheid. Regtig fokken weird. Regtig ongelooflik.

Marius het groot dele van die boek oorgeslaan, en die laaste paar bladsye laat sy moed in sy skoene sak. Sy pa praat van ‘voorvalle’ en dan van die verdwyning van Simon Kotwal. Volgens die laaste inskrywings, was sy pa van mening dat daar net twee mense is wat weet waar hy is. Die godin…. en Siegfried Kamfer…. die onbereikbare.

//

Half drie beur die Scania die lang trek verby Heidelberg op. Dirk bel vir Martin.

‘Jy slaan seker al jou oë op hemel toe as jy my nommer sien.’ groet Dirk.

‘Nee wat, pêl. My polisie kakspektrometer is in die rooi. Ek ken avontuur as ek dit sien’

‘Jou girl is seker nie te vreeslik ingenome daarmee nie.’

‘Ek bly ‘n polisieman’

‘Ons kom nou verby City Deep. Is Roelien by jou?’ vra Dirk

‘Dan sal jy darem sien hoe ingenome kan my girl raak. Nee, sy is by my huis.’

Dirk bring die kloutjie by die oor.

‘Ok, so jou huis is oop vandat jy by Nana bly?’

‘Jip’

Dirk dink ‘n oomblik na. Hulle kan nie terug Kensington toe nie, want Kotwal gaan die krane nou oopdraai. Die plaas is veilig, maar heeltemal té afgesonder. Feit bly staan, hulle sal moet verdamp.

‘Martin, is die twee voertuie nog in Kensington?

‘Moet seker wees, ek weet nie. Ons het nie ‘n voertuig gebring nie.’

Dirk hou die mondstuk toe. “Marius, het jy die BMW se sleutel?’

Marius knik.

‘Ok, Martin, ons sal die plek by jou huur tot die kak uitgesort is.’

‘Julle hoef niks te huur nie. Moet net nie die plek opfok nie, hier is die adres.’

Dirk skribbel weer in die boek voor hom.

‘Moerse dankie maat.’

//

Dirk en Marius neem ‘n taxi van City Deep af Kensington toe. Hulle klim ‘n blok weg van die ou huis af, en sluip nader. Hulle kom van bo af na die huis toe. Hulle sien beide gelyk die wit Kombi.

‘Weet jy wat? Die gloves is mos nou af. Ek dink dit is tyd dat ons die mannetjies so bietjie ‘n lessie of twee leer.’ peins Marius as hy die BMW se sleutel in Dirk se hand druk. Hy vroetel in die sak rond, en dan kom ‘n duiwelse ondeunde glimlag oor sy gesig.

‘Hol om die blok. Kry die kar, en los dié fokkers vir my,’ Dirk vat die sleutels. Dirk is skaars halfpad om die blok wanneer ‘n ontploffing deur die buurt ruk, gevolg deur ‘n tweede sekondes later. Hy versnel sy pas. Hy kom om die hoek van die huis, en Marius staan klaar voor die motorhek. Net die duiwelse deel van die glimlag is nog daar. Die kombi lê in die middel van die pad. Dit brand na hartelus.

‘Wat de ….’ begin Dirk.

‘Goeie ding Jens het nog handgranate oorgehad.’ giggel Marius.

‘Jy het die fo….’ probeer Dirk weer.

‘Jip, laat ons weg wees. Ons-1 Maatskappy-0’

Hulle pak vinnig al die wapens in die BMW.

‘Waar is die sleutel vir Roelien se kar?’ vra Dirk, maar Marius is klaar op die foon.

‘In haar kamer onder haar kussing!’ skree Marius vir hom.

Vyf minute later verdwyn die twee motors om die hoek. Rigting Benoni. Hulle kan nie gevolg word nie…

Word vervolg … 

Lewer kommentaar