STORIEMONSTER

Binnekort hoop ek om te kan spog dat ek ook ‘n bekende skrywer ken. Hou kop, die is nie ‘n kortverhaal nie, dis ‘n hele boek. Baie karakters en baie intriges. Maar alles kom wel bymekaar uit. 

So maak ‘n date teen half 10 elke oggend, sit af jou selfoon en ignore die baas, kry koffie en koekies en kom geniet dit saam met ons.  

Jaja – scroll af en lees vanaf  episode 1 … 🙄 

Dankie Monster 😉 


Comments (40) »

STORIEMONSTER – Die slot

Die skoolsaal is heeltemal te groot. Die luidspreker sisteem is egter uitstekend. Dirk sit dit af. Hy roep die groepies opgewonde manne nader, en beveel hulle om die skoolbanke wat spesiaal vir hulle uitgesit is, teenmekaar te skuif. Dirk het vroeër die middag ‘n los tru-projektor skerm georganiseer, en hy laat die groot een voor in die saal, weer wegtrek in die dak in. Hy wil hierdie vergadering so knus as moonlik hou. Die manne leer ken, en so min as moontlik van wat gesê word hier binne, laat uitlek na nuuskierige oortjies buite.

Hy merk Speurder Sersant Marx op in die geledere. Hy knik ‘n groet uit.

Renier van der Berg en Brigadier Milla Keyter kom die groot saal saam ingestap. Daar is ‘n murmurering onder die manne. Renier stap dadelik na die tru-projektor skerm toe, en hy groet die manne met’n eenvoudige: ‘Naand kerels, ek is Renier van der Berg.’

Daar is ‘n oomblik stilte, dan staan ‘n bonkige kort rooikop kereltjie op. Sy gesig oortrek met sproete. Hy kyk na sy maats om hom.

‘Generaal Renier van der Berg.’ sê hy eenvoudig.

Read the rest of this entry »

Comments (1) »

STORIEMONSTER – Episode 26

Charl vertrek en die drietal koukus.

‘Ons het net een opsie’ sê Dirk ‘ons sal eenvoudig die Kotwal huis moet dophou totdat die besending vertrek, en hulle volg na hulle nes toe.’

‘Een keer ‘n maand kry Kamfer ‘n besending… ‘ peins Roelien en maak geluidjies met haar tong ‘en laasnag se manewales en die konsentrasie van stank, beteken net een ding. Hulle is besig om vervaard te produseer, so ons sal moet gatroer.’

‘Ek sekondeer’ val Marius in.

‘Ok, ons gaan maar eenvoudig net moet sit en wag tot iets gebeur’ sê Dirk.

‘Ja, wel, maar ek dink nie dit gaan skade doen om so bietjie daar te peuter nie. Net om te sien waarmee ons te doen het. ‘ beaam Marius.

‘Goed, ons gaan gooi ‘n draai vannaand, maar onopsigtelik. Ons wil nie vêre ruffle nie. Laat ons vir Kamfer kan intrek.’

Read the rest of this entry »

Leave a comment »

STORIEMONSTER – Episode 25

Die Hollander drink al die bier in die kroegyskas. Die alkohol voed sy humeur soos olie ‘n latern voed. Dit was nog altyd so. Teen tienuur is hy dronk en kwaad genoeg om sy boot te gaan soek. Hy klouter op ‘n vurkhyser, en sonder om tweekeer te dink, druk hy die groot masjien in rat, en kruie hy in die rigting van die vragskepe in die verte.

Die Buccaneer dobber rustig tussen die vragskip Thor’s Wave en ‘n reuse MAERSK houerskip. Die Hollander los die Hyster onseremonieel op die kaai, en sonder om links of regs te kyk, spring hy oor die rand in die dieptes in.

Die twintig meter val en die koue water van die hawe, doen absoluut niks vir die Hollander se gemoedstoestand nie. Hy hou nie daarvan om gejaag te word nie, en nog minder daarvan om dopgehou te word. Wie dink hierdie fokkers is hulle?

Read the rest of this entry »

Leave a comment »

STORIEMONSTER – Episode 24

Dirk en Marius huur ‘n giggelgroen Renault Sandero op die nuwe King Shaka Internationale lughawe, en Dirk swaai die motortjie se neus in die rigting van Durban se middestad.

‘So, wat is die plan?’ vra Marius terwyl hy homself vasgordel.

‘Ek het ‘n pêl op die hawe. Hopelik het hy homself nog nie dood gedrink nie……. hy het ‘n duck wat ons sal kan gebruik.’

As hulle die Athlone Drive afrit verbygaan, kyk Marius sydelings na Dirk. ‘Whats up, boet?’

‘Ons het ‘n stertjie’ Dirk kyk weer in die truspieeltjie. ‘Wit Hilux bakkie. Hy het vir ons op die lughawe gewag. Which is fucking scary, want ek het niks opgemerk voor die tyd nie. Hierdie mense is besig om hulle kak agtermekaar te kry.’

‘So, na al die doodslag, wil jy vir my vertel hulle ruk nou eers die groot kanonne uit?’

Read the rest of this entry »

Leave a comment »

STORIEMONSTER – Episode 23

Dirk besluit om die yster te smee terwyl dit warm is. Hy kyk na die nota wat Martin hom gegee het, en draai in Twaalfde Laan Northmead in. Jonathan Cohen se huis is ‘n tipiese ou Northmead huis. Iemand het tyd daaraan bestee. Om die stoep is fraai traliewerk en die houtrame is blink gepolieer.

Dirk stop voor die hek, en druk die Trooper se toeter. ‘n Jong seun loer by die voordeur uit, en rig ‘n afstandbeheer op die hek, en dit begin ooprol.
Dirk slaan sy skouers op, en ry die erf binne. Hy klop aan die voordeur. Binne iewers word die seuntjie ordentlik gegesel met die tong. Hoekom maak hy sommer net die hek oop? Dirk glimlag.

Die vrou is klein en petite gebou. Mooi, haar vel glad en gesond. Sy kyk amper verskonend na Dirk as sy hom in die voordeur sien staan.

‘Jammer u moes nou hoor dat ek hom skel oor hy die hek sommer net oopmaak. Is daar enigiets waarmee ek u kan help?’

Read the rest of this entry »

Leave a comment »

STORIEMONSTER – Episode 22

Roelien Basson staan met haar bene wyd geplant. Hande in die heupe. Inspekteur Theuns Eloff het moeite om nie na die hupse lyfie te staar nie.

‘Inspekteur, ek kan nie glo dat julle na vier maande, nog nie ‘n dooie duit informasie het oor die vrou se moord nie. Wat máák julle?’

‘Mejuffrou Basson, ons kan nie leidrade uit die lug uitruk nie. Ons het gedoen wat ons kan.’ skerm hy.

‘Het gedoen!’ skree sy verontwaardig. ‘Hét gedoen….. so julle is klaar met die ondersoek?’

‘Ons is ja…’

Sy stamp haar voet driftig op die grond.

Read the rest of this entry »

Leave a comment »

STORIEMONSTER – Episode 21

September 1977

Renier skuif vorentoe, en begin sy snytjie brood eet. Met sy kop laag oor die bord, kyk hy sydelings na die rye manne aan tafel om hom.

Hulle eet. Meganies, amper soos robotte, dink Renier. Wat de duiwel gaan hier aan? Hulle het almal daardie kapsule soos een man, en amper in pas met mekaar in hulle kele afgegooi. Monikke, in linies, dink Renier droog, en vat nog ‘n hap van die broodjie.

Oorkant die tafel, bars ‘n groot dubbel houtdeur oop. ‘n Massiewe swart man in ‘n helder wit uniform, stap daadwerklik die eetsaal binne. Renier merk op hoe sekere van die mans om hom inmekaar trek van vrees. Hierdie is die opsigter. Die hoofman oor duisend. Renier hou hom onderlangs dop as hy om die tafel stap.

Onverwags, sluit ‘n greep van staal om Renier se skouers, en hy word regop geruk. Instinktief staal hy homself teen die greep. As sy voete grond raak, trap hy vas, en met elke greintjie krag in hom stamp hy sy kop agteroor. Hy voel hoe hy kontak maak met sy aanvaller se gesig, en die greep om sy skouers verslap.

Read the rest of this entry »

Comments (7) »

STORIEMONSTER – Episode 20

Almal is huis toe. Heleen krap nog op die Internet rond. Sy het die boek van Yasmine Galenorn- Embracing the moon langs haar oop.

Daar is ‘n skielike ritseling in die deur, en dan staan Rudolf daar. Sy sukkel om haar irritasie weg te steek.

‘Vir wat bekruip jy my so?’ vra sy.

‘Net om seker te maak jy is nie besig met iets donkers nie.’

Jissis, hy irriteer haar. Sy ignoreer hom, en klik op die volgende webblad. Hy stap ongenooid om haar tafel, en hy kyk geamuseerd na die boek wat op die lessenaar ooplê.

‘My sussie is ‘n Pagan. Ek het so geproe-proe aan dit, maar ek verkies om vir nou maar eerder bietjie te float.’ sê hy en begin ongenooid deur die boek op die tafel te blaai.

Sy antwoord nie, en begin sistematies haar onderskeie oop webtuistes toe te maak.

Hy skeur sy oë weg van die skerm sy die laaste skakel toeklik.

‘Tik bietjie daar in Satanism.’ sê hy en skuif die stoel voor haar lessenaar om, sodat dit langs haar staan. Hy ruik na duur naskeermiddel en hoes bonbons.

‘Jy moet jouself altyd opdring,’ bars Heleen bombasties uit. ‘Los my…’

Read the rest of this entry »

Comments (2) »

STORIEMONSTER – Episode 19

Augustus 1977

Die dag draal verby. Weereens, geen enkele voertuig besoek die Kotwal woning nie. Renier peusel aan die laaste brood, wat teen die tyd al droog en styl proe. Die gedagte dat hy sy tyd mors knaag weer aan hom. Dit is Woensdag, as hy teen Vrydag nog nie ‘n plan kan sien nie, gaan hy die hele ding van ‘n ander hoek af moet benader.

Die son sak die tweede keer agter die geboue weg, en Renier verander van posisie. Teen middernag raak hy aan die slaap. Hy slaap weereens sleg. Hy word bedonnerd wakker. Hy is styf en seer. Hy besluit net daar en dan, as hier vandag niks gebeur nie, fokkof hy huis toe. Hy skuifel weer af kafee toe.

Skuins teen die randsteen, staan ‘n oranje Ranchero bakkie geparkeer. ‘n Beer van ‘n man staan skuins teen dit aangeleen. Hy hou sy sigaret tussen sy duim en sy wysvinger vas. Die twee seuns wat gister pakslae gekry het, sit agter op die bakkie. Hulle sien hom soos een man, en die blondekop leun oor, en fluister in die groot man se oor. As hy vinger wys in Renier se rigting, en die ou grote die sigaret driftig wegskiet, blaas Renier deur sy saamgeperste lippe. Hy is nie nou lus vir die snert nie.

Read the rest of this entry »

Comments (3) »