Waarskuwing…

Vraag: Hoeveel vrouens met PMS neem dit om ‘n gloeilamp om te ruil?

Een! NET EEN! En weet jy hoekom? Omdat niemand anders in hierdie huis weet hoe om ‘n gloeilamp om te ruil nie. Hulle kom nie eers agter die ding het geblaas nie! Hulle sal vir drie dae in die donker sit voordat hulle dit uitfigure! En, as hulle dit agterkom, dan weet hulle nie waar om die &%$#@!* gloeilampe te vind nie, ten spyte van die feit dat dit al vir die afgelope 17 jaar in dieselfde kas gebêre word! As daar wel ‘n wonderwerk gebeur, en hulle vind dit actually 2 dae later, sal die stoel wat hulle nadergetrek het om die stupid gloeilamp om te ruil, NOGSTEEDS OP DIESELFDE PLEK STAAN!

EN ONDER DIE STOEL SAL DIE FLIPPEN BOKSIE VAN DIE GLOEILAMP Lê!!! WANT NIEMAND TEL MOS OOIT IETS OP OF VAT DIE VULLIS UIT NIE! DIS ‘N WONDER DAT ONS NOG NIE VERSMOOR HET ONDER DIE METER HOë BERG GEMORS WAT DEUR DIE HELE &^%$#*! HUIS VERSPREI Lê NIE! DIT SAL ‘N HELE FREAKING WEERMAG VAT OM HIERDIE PLEK SKOON TE KRY! EN MOENIE DAT EK BEGIN OOR WIE DIE TOILETROL OMRUIL NIE…!!!

Ek is jammer. Wat was die vraag?


26 Responses so far »

  1. 1

    Adrie said,

    Pass Me my Shotgun

  2. 2

    demoerin said,

    Sjoe…en…ja wel…sjoe

  3. 3

    Wipneus! said,

    Whahahahaha 😆 jy het my dag gemaak!!!

  4. 4

    Wondernet ®© ♂♪♥♀ & WP said,

    Dellie Jy weet daar is min dinge wat my moer koer, maar daai toilet rolletjie op die vloer, die leë melk houer in die yskas se deur, die waslap op die stort se vloer, die vuil koppies in die sitkamer, die lekkergoed papiertjie in die banke se nate, die leë koeldrank bottels op die wasbak en ‘n vuil kombuis as jy by die huis kom……………………………..

    En x ‘n man !¿!¿!

  5. 5

    Wondernet ®© ♂♪♥♀ & WP said,

    Net so by the way. Ek het 3 dogters!!!! So dis nie net seuns en mans wat omkrap nie!!!!

  6. 6

    nella said,

    Dankie tog Wondernet! Ek het gedink dit gebeur net in my huis. Die beskrywing wat jy gee klink of ek in my eie huis is!! Ek het 2 dogters!
    Die oudste een het gisteraand nogal uit haar eie die skottelgoed gewas. Ek het gespot en gesê ons soek nie ‘n orkaan nie, asseblief! Maar sy weet dit word somer en daar is mooi klere wat sy by Mr Price gesien het – sy werk met ‘n plan! Maar dit werk vir my!

  7. 7

    Wondernet ®© ♂♪♥♀ & WP said,

    Nella

    My oudste is 15. Ja as ek by die huis kom en alles is skoon en weggepak, dan weet ek al hier kom iets. Of hulle soek iets, het iets gebreuk, het aangejaag in ‘n toets of die selfoon se airtime en sakgeld is op……..

    Klink dit ook bekend??

  8. 8

    Bottertjie said,

    Wipneus, ek kan nie by jou blog in nie (snik), daar staan: protected blog, login. Het ek iets verkeerd gedoen? Iemand help my!

  9. 9

    Bottertjie said,

    O, ja…
    Dellie, bliksem! Ek wonner wie het PMS? Sjoe!

  10. 10

    meermin said,

    Sjoe **is dit veilig om te comment**

    Ek kan ‘n vuil deurmekaar spul nie hanteer nie, die kinders weet al as ek by die huis instap beter alles op hulle plekke wees, of so nie smyt ek dit wat rondstaan, rondlè WEG! Daar word nie vrae gevra nie. Jy het middag ete geeèt, die kombuis was skoon toe ek daar uit is vanoggend, jy kan kos maak, en opruim! Hulle weet al, as ek by die huis kom, sit ek so rukkie om af te koel, met ‘n glasie ietsie, dan begin ek met die wasgoed was, en ek loop deur die huis en maak seker alles is skoon. Ek het al goed – o a skoolboeke wat op die eetkamer tafel gelè het, in die drom gegooi, dit HOORT nie daar nie! ‘n Skoen wat ek MOET optel, gaan drom toe!

    Ek is maar moer netjies op my huis, tuin, kinders en myself! So leer ek hulle, elke ding op sy plek of weg! In die aande na ete doen ons elkeen sy of haar deel, Koos lè en vrek voor die tv, maar ek bly besig tot ek gaan bad!

    Lekker dag, gaan borsel jou tande sodat die stof tussen jou tande kan uitkom!

  11. 11

    krista said,

    O, nee. Hierdie keer voel EK die volmaan behoorlik! Ek is die ene tanne en naels!

    Ek sien die maan trek so aan jou watertjies ook . . . 😉

  12. 12

    boendoe said,

    😆 @ meermin! “Stof tussen jou tande…”

    Ek deel verseker jou griewe, Dellie. En dit het niks met PMS te maak nie! 😉

  13. 13

    nella said,

    Net so, Wondernet. My oudste is 13. Klink of hulle van dieselfde familie kom!

  14. 14

    Alta said,

    Dellie, dis darem nou so waar.

    Ek het al gewonder sou ek die manne van my moet verlaat vir n week of ek weer my huis sou kry as ek terugkom.

    NADAT EK DIT OOPGEKRAP HET ONDER DIE VULLISHOOP JAAAA!!!!

  15. 15

    rb said,

    My volmaan was laasweek hier, maar nou is ek nogal rustig.
    Sterkte vir die maan!!!!!

  16. 16

    Didikind said,

    Ai en klink dit nie bekend nie! Die leë boksies wat netso gelos word, die handdoeke teen die kasdeur opgehang, die kouse onder die bed ingeskop! Maar wat, bly maar lief vir my 3 mansmense in die huis!

  17. 17

    White Knight said,

    Dellie is dit veilig om te kuier hier. 😳

    Pa Moet Skoert = PMS

    Eerder hy as ek. 🙄

    Wag laat ek loop die oormag is te groot. 😎

  18. 18

    cebella said,

    Purchase More Shoes 😆

  19. 19

    heheheheh

    I finished your laundry….the ashes are in the fireplace.

  20. 21

    Spook said,

    Nee wat vrou, globes vervang gebeur net once in a blue moon en ons girls kan dit handle, maar daai vervlakste toilet rol… 😉
    Oulike stukkie.

  21. 22

    Sonkind said,

    Bwahahaha!!!

    Leë melkhouers en diesmeer is niks nie. Dis daardie margarien bakkie met net ‘n mespunt margarien, daai melkbottel met net ‘n teelepel melk in wat in die yskas teruggesit word. Daai toiletrol met net ‘n velletjie papier om die leë rol te kamoefleer en tel jy ‘n nuwe rol op, voel hy half dunnerig en kom jy agter hy is reeds gebruik en net weer teruggesit, maar NIE OP die rolletjie nie.

    O bloed, ek begin sommer kook so deur die lag vir jou, Dellie!

  22. 23

    Wondernet ®© ♂♪♥♀ & WP said,

    Wil net gou weer ‘n punt maak na gister aand se tuiskoms.

    Ek basuim dit van die dakke af:

    DIS NIE NET MANS EN SEUNS WAT OMKRAP NIE!!!!

  23. 24

    Pikkelik said,

    Hmmmmm, Parasites Must Suffocate….

  24. 25

    nickeybotha said,

    Ek het nie kinders nie maar n groot seun van 39jaar wat natuurlik my teen die mure uitdryf…… los die leë koppie netso op die tafel maar hy loop by die wasbak verby….! wasgoed nie in die mandjie nie, maar ek bly lief vir hom en straf hom op die harde manier….. en ek dink elke vrou weet wat ek bedoel:-)

  25. 26

    Tersia said,

    Ek stem! Alhoewel…… ek vind mans se nukke erger as enige vrou se pm-spanning!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar op Didikind Kanselleer antwoord