Groei, grassies, groei!

Hoera! Ons het gistermiddag ons eerste reën gehad!  Julle, dit was ‘n belewenis! Eers het die wind opgesteek, baie sterker as gewoonlik, en alles onder ‘n kombers van rooi sand toegegooi. Te fraai is al die gordyne waar ‘n venster oop was, oombliklik omskep in ‘n kunswerk van verskillende stof skakerings. Die bure drie huise weg, se hele agterplaas is gedump op my wasbak in die kombuis. Terwyl ek sukkel om die sand uit my oë te vryf en alles toe te kry, plof daai druppels so een vir een neer – al sewe van hulle! Wel, miskien nader aan 30 druppels, maar julle kry die idee. Dit was ‘n stortvloed! Nie eers die blare en takke wat ek uit my oor gegrawe het na die ewigheid van 2 minute, of die vreeslike oulike abstrakte modderspatsels teen die ruite kon my geesdrif demp nie. Ek is so opgewonde! Nou gaan my grassies darem mooi groei!

Die ene lê vanmore in my inboks:

I took my dad to the mall the other day to buy some new shoes. He is 92. We decided to grab a bite at the food court.

I noticed he was watching a teenager sitting next to him. The teenager had spiked hair in all different colours: green, red, orange and blue. My dad kept staring at him. The teenager would look and find him staring every time.

When the teenager had had enough, the sarcastically asked, “What’s the matter old man, never done anything wild in your life?”

Knowing my Dad, I quickly swallowed my food so that I would not choke on his respone, knowing he would have a good one, and in classic style he did not bat an eye in his response:

“Got drunk once, and had sex with a peacock. I was just wondering if you were my son…?!”

Lekker naweek maters! Ry hom bloots, né?

17 Responses so far »

  1. 1

    Ja moet nooit ooit ouer mense onderskat nie.

    Wanneer weet jy jy word oud?

    Wanneer jy besef jou ouers was reg

    en

    jou kinders weet jy is altyd verkeerd.

  2. 2

    Net gou iets bysê: Alles in die Kaap is groen.

    Sjoe, nou dat die son bietjie uitkom groei alles pragtig. Ek begin alweer twee keer per week gras sny ook. 😡

    My leuse vir die dag:

    Die lewe is ‘n lied – Jy moet net jou eie woorde daarvoor skrywe.

    Lekker naweek Dellie.

  3. 3

    Zee said,

    😆 @ 7 druppels. Dellie, ons het net so ‘n verskriklike donderstorm gehad, al wat dit by ons gedoen het was om die DSTV se signal bietjie te laat verdwyn, ai, ons plantjies kort darem nou bietjie reënwatertjies.

    Lekker naweek vi jou ook!

  4. 4

    White Knight said,

    Julle het reën gehad. :mrgreen:

    Al wat hier by my reën is stof en nog maals stof. 😡

    Geniet dit Dellie, lekker naweek vir almal en sy naaste. 🙄 😉

  5. 5

    King said,

    Jip, die reen was lekker. Min, maar wonderlik.
    Geniet julle naweek.
    King

  6. 6

    meermin said,

    WAAR IS ONS REèN, DIT IS VREEEEESLIK DROOG!

  7. 7

    boendoe said,

    Shame, mense, dit voel of ons op twee verskillende planete lewe. Hier in Natal is dit groen, groen, groen. Ek kom nou pas van Melmoth af, reen en mis die hele pad. Ek gaan nie eens grappies maak daaroor nie. Ek hoop julle kry gou-gou reen.

  8. 8

    Alta said,

    Bly julle reen het opgedaag! Ons het genoeg daarvan gehad.

    Lekker naweek.

  9. 9

    Pikkelik said,

    Hoe lyk reën nouweer????????????????? Ons tempratuur wissel tussen 34 en 38 en hier issie ‘n wolkie in sig nie, niks, nada, bokkerol….

  10. 10

    Dellie said,

    Pikkie, ek het gister gedog ek sien dit, maar dit het so vinnig hier verby gedonner dat ek nie kan onthou hoe dit lyk nie! 😆

    En boo-hoo, die tuintegnikus het my “grasperk” uitgehaal… die bordjie het weggewaai… daar sit nou net ‘n kaal kolletjie… 😥 *snik* … gelukkig het ek ‘n ou foto’tjie.. 😥 *snik*

  11. 11

    Krista said,

    Bwhaaaaaaaaahahahahaha @ sex with a pcock!

    Ons het gisteraand ‘n lekker donderstorm met ‘n lekker buitjie reën gehad – niks om oor huis toe te skryf nie, maar niks om oor te kla ook nie!

  12. 12

    Anoniem said,

    Hi Dellie,
    Thanx ek het jou epos gekry. Dis baie mooi verduidelik!
    Gaan Maandag die skool – blog probeer!!

    DANKIE!!!!!

  13. 13

    Carolina said,

    Sorry,
    Anonymous – is Ekke!!

  14. 14

    Tersia said,

    Kyk, ons het ook almal so opgewonde geraak toe dit lyk of ons baie reen gaan kry! Ai, as die reentjie darem net al die stof van my tuin kon afwas, sou dit ook gelyk het of daar meer lus is om te lewe! Ons sal maar geduldig wag….! Ek raak sommer opgewonde as ek dink aan die nuwe plot se tuin wat wag….!

  15. 15

    rb said,

    Hier was Vrydag aand ‘n vreeslik wind, maar so 4mm reen, ook ons eerste. Pietersburg het blykbaar meer reen, maar hael ook gekry.
    Gister het dit so na regte reen weer gelyk, maar mens kon nie eers die druppels tel nie. Ek moes toe vir dogtertjie pannekoek bak.

  16. 16

    Pagoda32 said,

    As sarkasme darem ‘n siekte was…lol!

  17. 17

    Dellie said,

    Pagoda… at last… :mrgreen: Nou kan ek aanbeweeg! 😆


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar op Tersia Kanselleer antwoord