Die Kroniekels van KroegPloegania 2

Dag 2  – Vrydag 19 Maart 2010 – Ons is hier!

Voordat ons enigsins voortgaan, is daar ietsie wat julle moet weet, anders sal ‘n sekere storie glad nie sinmaak nie.

Koekie roep vir Boeta ‘Muf’ – dit klink soos in daai groen goed wat op brood of gewoonlik in Betsie se yskas groei … sy reken sy mag maar doef sê, maar MAff sê sy wragtig nie, want dis vieslik! Lmga! Hou dit in gedagte …


Anyway, toe die son sy koppie uitsteek Vrydag oggend, is hierdie waar ons wakker geword het:

Die twee plekkies waar ons gebly het

Koekie en Sav hulle het in die regterkanste eenheid gebly. Daar was meer dubbelbeddens.

As jy links kyk van die balkon af ...

en as jy regs kyk ...

Reguit af ...

Hier is waar die vissies in hulle menigtes baljaar en gevoer word met oorskiet kos – dis so cool om te sien hoe hulle dit kom opraap! Daar sluip ook glo haaie en seekoeie en krokodille en allerhande watermonsters rond … ek weet, een het my cutex van my toon afgevreet toe ek en Plein met ons voete inni water gesit het!

Die meeste tyd is hier op die deck deurgebring

Oraait, terug by die storie. Ons het somewhere in die vroeë oggend ure van Vrydag tot rus gekom. Tyd was nou nie juis iets waarna ons opgelet het vir die hele naweek nie.

Ek word wakker van ‘n geklop aan die skuifdeur by die deck. En ‘n stemmetjie wat roep: “Muf! Muf! Muf!” Toe sy geen reaksie kry nie, probeer sy bietjie harder: “Muf? Muffie? Muffiekie? Maak oop asb tog FOK!” Op die stadium voel ek toe al klaar hoe die giggel in my opborrel. What a way to start the day!

Nou kyk, Boeta se stem is nogal diep en authoritive *note die groot woord*. En hy antwoord haar redelik hard: “Sê 3 keer MAff, anders maak ek nie die deur vir jou oop nie.”

Giggels van oral oor.  Kerm stemmetjie: “Ag nee Muffiekie man, ek’t dan jou gesê ek kanni daai woord sê nie!”

Boeta: “Dan kom jy nie in nie” Die giggels het nou al omgesit in ‘n gelag …

Diep sug. “Ag OK fok tog!” Nou hard en duidelik: “MAff, Maff, Maff!” Harde gelag van oral. Voetstappe teen die trappe af.  Dan Boeta se diep stem: “Sê dit nog twee keer, anners maak ek nie oop nie.” Geswets wat ek nie hier kan herhaal nie ….

Histeria …. 😆

Die eerste oggend het Tjallas en Koekie gesorg v brekfis. Rerig, sy het, maar somehow kry ek net foto’s van Tjallas inni kombuis …

The Nearly Naked Chef

Na brekfis, het ons ‘n draai gery na die strand toe – en net ek en Plein het actually ons voete inni water gehad. Kyk net hoe staan die doopouers daar!

Ons is bang v haaie en seekoeie!

En toe maak Boeta die hoeveeltste ou foutjie … hy vat ons na een van sy gunsteling spots toe – Upper Deck …. ons het maar op die lower deck gesit …

Upper Deck

Ons het uhm … iets en passionfruit en lemonde gedrink. Met eish, ja. En Sharpie het darem sy vanilla icecream gekry, al was dit nie softserve nie. lol!

Ek weet nie hoe welkom Boeta weer daar gaan wees nie, alleen miskien … maar hulle sal dit eers mooi uitkyk … Koekie het darem geleer hoe om ‘n rondte te bestel … doen bietjie daai ding v ons Koekie my maaikie my pjel! 😆

Volgende pitstop was by Phibs. Ons moes darem net so vinnig oë wys daar by haar werk.

Check vir 'stem inni bos'

Ons rook toe gou ‘n sigaretjie, bekyk die voeltjies en die plantjies, en toe ons begin loud word, besluit Boeta dis tyd om te gaan. Hy reken 8 minute is hoe lank dit ons neem om helemal uit te rafel … en ons trek toe net mooities al by 10 …  want sien … toe ons klaar gegroet het en almal amper by die hek is, en Phibbs al in die kantoor in verdwyn het, sê Tokke kliphard:

“Julle het nie gelieg nie, Phibbie het fokken lekke tiete!” Histeria ….

Next stop was die Dopshop en Spar om die voorraad so bietjie op te vul. Afterall, daar was nog ‘n lang middag voor, EN Bloubul rugby later! Maar die paar uur verdien ‘n post op sy eie … so kyk maar uit v daai ene later.

Terug na dag 2 … ons het ‘n draai gaan maak by die uitkykpunt. En toe sommer bietjie v Griffel en Demoerin gebel. Demoerin was op daai stadium in ‘n baie obskure winkeltjie somewhere, en ek is seker daar gaan ook ‘n lekke storie uitbroei.

Uitkyk punt

Hiervandaan was dit terug huistoe om reg te maak v die aand se braai en rugby. Omdat ons almal (behalwe Boeta) Bloubulle is, moes ons toe natuurlik ‘n blou drankie drink. Dit werk so – daar word drie jellytots in die bottel gegooi. Jy keer die bottel om terwyl jy die mond toedruk, en wag v die jellytots om inni nek te kom lê. En dan moet jy sluk – en jy moet sluk totdat jy al die jellytots in jou mond het …

sluk!

Die rekord vir die dames gaan aan Sav wat 6 jellytots kon inkry. Whoohoo! En die ene vir die mans, aan Boeta, wat sommer 12 kon manage!  Goeie genade!

Toe is dit rugby tyd … vir ‘n wyle was daar ernstig gekonsentreer op die game …

Komaan Bulle!

Nou nie ‘n opwindende game of wonderlike wen nie, maar ons het gewen, en dit moet gevier word. Sommer metti rollecoaster ride …. dit het alles so spontaan gebeur, ons het net daar gesit en toe mompel iemand iets van rollercoaster en toe gaan ons daarmee. Verskoon dus die kwaliteit van die foto’s, ons sou dit nooit weer kon re-create soos daai oomblik nie …en buitendien is daai ding fokken scary vinnig – dis hoekom ons so blur!

Almal reg? Vasgestrap en elke ding?

Ons gaan op!

Links draai!

Hier kom daai dip ...fokkit maar dis hoog!

what a ride!

Nog ‘n hoogtepunt van die aand was toe ons ge-entertain is deur Brad Pritt se Nuwe Verbeterde Jetti Leeuloop …

knyp twee balle vas tussen jou bene ...

solank jy net leeuloop ...

Mnr Leeuloop Pitt het ook later ander skills v ons gewys ….

Lê op jou maag, druk jou kop inni water, moan oor dit so sout is, druk weer jou kop inni water, en kom op met rooiaas tussen jou tande … kyk mamma, geen hande! roflmao!

Laaat aand, baaie laat, nog voor die winkels even oopgemaak het, het Tokke en Tjallas ook verskeie gesprekke met “Satan” (ek EN Sav) gevoer … wat net so twee verdiepings bo hulle was. (Praat van mans wat moet uithou met ons girls wat liggies gewiks was op die pad … die twee se gegiggel en kakpraat was 10 keer erger!)  Tjallas het veral die verskietende sterre (sigaretstompies) geniet. En Tokke was verbaas oor hoeveel skippies daar nou skielik hier kan inpas … maar dit was blykbaar ‘n oogprobleem, niks alkohol se skuld nie. Sy regter oog was fine, dis die linker oog wat double vision gehad het … rofl! En hy was baie sad toe sy nuwe pjelle sommerso aan die oorkant hulle ligte afsit … hehehehehehehe! Oor die res sal ek liewers nie uitbrei nie ….

Hou die spasie dop – Sharpie se ‘arrestasie’ is volgende … 😆

28 Responses so far »

  1. 1

    Harry said,

    Lyk na lekker party. Lanklaas blou sambuka gedrink.

  2. 3

    Gatvol said,

    Ag dit lyk na groot sports! Ek is bly julle kon so bietjie wegbreek 🙂

  3. 4

    Koekie said,

    “Galela nyea” (ek dink) = rondte vir almal.

    Whahaha Dellie, jy som dit beautiful op! Ek dink nie iemand anders sou dit beter kon doen nie. Tjorts my pjel!

    Is ook by Upperdeck waar ek die regte betekenis van “kanale” en “landing strips” geleer het. As die “landingstrip” bebos is kan jy blykbaar nie daar land nie!! whahahaha… En as jy op grondpad land is jy baie duidelik nie in die regte kanaal nie. 😆

  4. 6

    Alta said,

    Klink of julle baie fun gehad het. 😦

  5. 7

    Harry said,

    Anway. Dit lyk baie onhegienies.

  6. 9

    Savanha said,

    Whahahahaha Dellie, daar beleef ek weer alles en kry sommer weer die smaak van my tottiedoppie 😆 Baie mooi opgesom.

  7. 10

    Plein said,

    Hahahahahahahahaha *verstik* hahahahahahahaha. Dankie Dellie “beleef” ek alles sommer weer

  8. 11

    Kadoes said,

    Ag lekker man – dit klink mos vir my na my tipe kuiers hierie.

    Ek check daai rollercoaster oor en oor en besef toe mettertyd julle het gladnie erens heen gemove nie … LoL

  9. 14

    Flintie said,

    Ek weerhou my van komentaar, **sug**, dit klink na ‘n moerse jol!

  10. 16

    Mr green said,

    man man man, hierrie was ‘n kuier en ‘n half! LOL!

  11. 18

    twattie said,

    a Picture is worth a thousand words….
    Lyk of julle ‘n parra uit ‘n pyp gekuier het!

  12. 20

    Sir Lance Selot said,

    SUG 😆

  13. 22

    BB said,

    Wie se gums en kleintongetjie issit daai wat eerste in die rollercoaster sit Cupcake?? Joune?? 😆

  14. 24

    Skoenlappr said,

    nou waar’s episode 3??

  15. 26

    Skoenlappr said,

    LOL!! bummer!

    ek kon skaars slaap gisteraand so het ek uitgesien na die 3e episode …

  16. 27

    Skoenlappr said,

    of het Dellie nou vandag eers spuitpoep van daai blou fieterjoel wat julle so uit die bottel genuttig het??
    LMGA!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar op Flintie Kanselleer antwoord