STORIEMONSTER – Episode 20

Almal is huis toe. Heleen krap nog op die Internet rond. Sy het die boek van Yasmine Galenorn- Embracing the moon langs haar oop.

Daar is ‘n skielike ritseling in die deur, en dan staan Rudolf daar. Sy sukkel om haar irritasie weg te steek.

‘Vir wat bekruip jy my so?’ vra sy.

‘Net om seker te maak jy is nie besig met iets donkers nie.’

Jissis, hy irriteer haar. Sy ignoreer hom, en klik op die volgende webblad. Hy stap ongenooid om haar tafel, en hy kyk geamuseerd na die boek wat op die lessenaar ooplê.

‘My sussie is ‘n Pagan. Ek het so geproe-proe aan dit, maar ek verkies om vir nou maar eerder bietjie te float.’ sê hy en begin ongenooid deur die boek op die tafel te blaai.

Sy antwoord nie, en begin sistematies haar onderskeie oop webtuistes toe te maak.

Hy skeur sy oë weg van die skerm sy die laaste skakel toeklik.

‘Tik bietjie daar in Satanism.’ sê hy en skuif die stoel voor haar lessenaar om, sodat dit langs haar staan. Hy ruik na duur naskeermiddel en hoes bonbons.

‘Jy moet jouself altyd opdring,’ bars Heleen bombasties uit. ‘Los my…’

Hy is klaar besig om oor haar te leun, en te tik op haar sleutelbord. Hy ignoreer haar.

‘Kyk hier. Daardie is die pentagram vir Satanisme. Dit was my hele probleem met die Pagan en Wiccan gelowe. Dit was net té naby.’

Heleen vergeet ‘n oomblik haar irritasie. Sy kyk na die pentagram. Sy is nie doodseker nie, maar as sy moet raai, was die pentagram in Renier van der Berg se huis, nader aan die een wat nou op haar skerm pryk, as wat die Wiccan pentagram was. Sy kan onthou die punte van die ster was binne die sirkel. Sy sit terug. Kan dit beteken Marius se oom was ‘n satanis?

Dit sit heeltemal ‘n ander angle op alles. Sy staan ingedagte op, en bel vir Marius.

‘Hi, kan jy onthou hoe die pentagram in jou oom se plek gelyk het?’

‘Gelyk het het in relation tot wat?’ vra hy.

‘Was die sirkel om die ster, of het die ster se punte oorgesteek?’

Daar is ‘n rukkie stilte.

“Shit, ek kan nie onthou nie.’

‘Waar is die sleutels van die ou huis’ vra Heleen.

‘In my bedkassie laai. Jy kan nie in die donker soontoe foeter nie, Heleen’ Marius is duidelik beneuk.

‘Nee man, ek het die gorilla, net vinnig in en uit. Moenie worry nie. Bedkassie laai,
sê jy?’

‘Jip, wees versigtig. Bel my as jy by die huis kom.’

Hulle lui af. Heleen draai om, en Rudolf is op haar.

‘Ek sal jou kom beskerm,’ pruil hy ‘dan kan ons na die tyd die sleutel sommer so saam in jou bedkassie gaan sit.’

Hy skuur suggestief teen haar. Heleen ruk weg asof ‘n slang haar gepik het. Sy het nog die plastiek apparaatjie wat Hugh haar gegee het, in haar hand. Sy druk sonder om twee keer te dink die rooi knoppie.

‘Beskerm jouself eerder, en bly uit my pad uit Rudolf.’ Sy voel die woede in haar opvlam.

Hy laat hom nie maklik van stryk afbring nie. Hy sit sy arm van agter af om haar maag, en sy verstar.

“Rudolf!’ skree sy maar hy laat sy hande stadig op beweeg oor haar vol borste. Heleen ruk haarself sydelings uit sy greep uit, en as sy omswaai, volg sy die beweging met ‘n gebalde vuis, gemik in die rigting van sy gesig, op. Hy is soveel sterker as sy, en hy lag as hy haar hand in die lug vang.

‘Ek bench 120kg, my skat. Dit help nie jy sit jouself so verskriklik teë nie’

Skielik is hy net daar. Dit vang Rudolf onkant as die stem koud uit die deuropening kom.

‘Let her go..’ Die diep stem is plat, en gelykmatig. Die onheil in die toon, laat Heleen ril.

‘Die ridder op die ysterperd,’ knor Rudolf nors, maar hy laat Heleen vinnig los. Sy sien flietend die twyfel in Rudolf se gesig. As hier ‘n fight kom, gaan hy seerkry. Hy weet dit. Sy tree tussenbeide.

‘Its ok, Hugh. Just a misunderstanding. Can we go?’

Die lang man knik, maar haal nie sy oë van Rudolf af nie. Sy gryp haar handsakkie, en pak vinnig die skootrekenaar op. Sy skuur verby Rudolf, en Hugh druk haar voor hom by die deur uit.

‘Its ok, Hughie,’ koggel Rudolf, en voor Heleen kan omdraai en hom ‘n vernietigende kyk gee, hoor sy hoe breek die glaskas, agter haar lessenaar, se venster. Sy staar verdwaas na Rudolf wat stil bly lê tussen die glasstukke. Sy het skaars die lang man sien beweeg.

Sy haas haar terug in die vertrek in, en as Rudolf kreun en omdraai, sien sy dat sy neus gebreek is, en dat sy tande deur sy bolip gesny het. Hugh staan net stil en kyk na hulle.

“Jesus, Hugh!’ sis sy net en steek haar arm uit na Rudolf. Hy stamp dit weg, en probeer orent kom. Hy wankel ‘n oomblik, en gaan sit weer teen die kas. Hugh stap nader, en Rudolf steek sy hand op in nederlaag.

Hugh vat Heleen aan die arm.

‘Lets go.’

//

Haar wese rebelleer teen geweld, en die effense behae wat sy voel diep binne in haar as sy die laaste halfuur se gebeure deur haar kop laat flits, laat haar skuldig voel. Sy kyk sydeligs na die man agter die stuur.

‘Thank you. I am not entirely sure it was neccessary to be so extr…’

‘I did what I had to do. You are welcome.’ val hy haar in die rede, en daarmee is die gesprek oor.

‘Hugh, I need to go to Kensington. I am looking for a diary. It must be hidden in Marius’ dad’s house somewhere. I need to check it out’

‘You are wasting your time.’

Sy kyk hom onhuts aan. Hy volg nie op nie. Sy vererg haar effens.

‘Ok, care to enlighten me?’

Hy kyk vinnig na haar.

‘The general was a military man. He wouldnt have left a diary hidden in his house. He would have buried it somewhere else if it was really important. Some means of getting to it, he would have kept on his person. Thats the way we….. ummm, it works’

Sy kyk hom verslae aan.
‘What makes you so sure?’ vra sy.

‘I have been doing some homework. You can bet your bottom dollar, that if whoever is sitting behind all this, would have scrutinized that old house with a finetooth comb by now. I have a feeling, that all this drama, is about that diary and what info it contains. If they had found it, we wouldnt have been sitting here.’

Die logika van sy argument irriteer haar tot onder haar toonnaels.

‘Any suggestions then?’ vra sy.

‘Yeah, I have one.’ Dan bly hy stil.

Heleen dink dat as hy nie so obviously bliksems gevaarlik was nie, sy hom met ‘n smile sou kon doodskop. Hy voel haar irritasie aan, en ‘n fyn glimlag trek om die mondhoeke.

‘I am hungry, lets get something to eat, and I will tell you what I think.’

//

Hulle sit in die SPUR in Edenvale, en sy kyk hoe hy die uieringe verdrink in wit sous, en dan gulsig in dit invaar. Hy is onmoontlik aantreklik, dink sy weer.

As hy die laaste vurkvol in sy mond instook, kyk hy skielik na haar. Dit is te laat om weg te kyk. Hy glimlag.

‘We need to find out where his personal belongings are. The stuff he had on him when he died. I will get onto it tomorrow. This is how the military worked. Important stuff were kept on your person.’

‘Ok, lets get the ball rolling then.’ Sy is glad nie oortuig nie. Die kelner sit haar schnitzel voor haar neer, en sy val hongerig weg.

//

‘Ok, ok’ se Hugh as hulle terugstap kar toe. ‘I have no idea what you would want to go find at an old house in the dark.’

‘This is modern times. Houses have lights. Marius got the electricity switched back on two months ago. Its as easy as flicking a bloody switch!’ kap Heleen terug.

‘My stomach is full. I am tired, and I…’

‘We need to get the keys from the house. You can go rest, and I will go by myself’ sê Heleen snedig.

Hugh gee ‘n snork.

‘Thats not going to happen’ sê hy en draai die Isuzu se neus huis se kant toe.

//

Hulle stop ‘n uur later in Kensington.

‘This is a lovely place..’ sê Hugh terwyl hy wag dat die hek oopskuif.

‘It is. Come hell or high water, I WILL live here.’

Hulle skakel soveel ligte aan as wat hulle kan kry. Dit is asof elke nuwe gloed, lewe aan die huis gee. Elke vertrek wat verlig word, ruk die ou plek se hart, en skielik het dit weer ‘n pols. Heleen haal ‘n bottel kitskoffie uit haar handsak, en ‘n blik kondensmelk. Die pragtige ou ketel wat op die kas staan, skuif sy oor na die gasstoof toe.

‘Hold thumbs, if you want coffee, this stove needs to catch alight.’ Die flint het skaars gekwerts, en die stoofplaat spring aan die lewe. Heleen staan trots terug.

‘There will be coffee!’

Hugh begin die huis vertrek vir vertrek deurloop. Hande op die mure. Klop-klop hier en daar. Heleen klim die trappe uit, en in die hoofslaapkamer gaan staan sy in die middel van die pentagram. Dit is glad nie so erg as jy weet wat om te verwag nie. Sy hoor Hugh die trappe opkom.

Sy oë speel oor die patroon op die vloer.

‘This is where it all ended for the general’ sê-vra hy, en sy sien ‘n tikkie emosie op die aantreklike gesig.

‘Yeah, what was your connection with him?’

Hy aarsel ‘n oomblik. Hy gaan sit op sy hurke en streel oor die een punt van die pentagram.

‘Nothing really. Like Dirk, we were a generation of soldiers later. Our training however, was all this man’s doing.’ sê hy en beduie in die pentagram in.

‘The general left a legacy behind that gave birth to thousands of fine soldiers.’

‘A hero figure then’ mymer Heleen sag.

‘A hero…. yes’ Hy staan op en stap na die verste muur in die kamer toe. Hy klop-klop weer teen die muur, en kyk weer intensief na iets.

‘You do know that if there was indeed something here, it would be gone by now’ sê hy eenvoudig.

‘How so?’

‘Because there was some extensive tampering here.’ Hy streel oor verskeie klein krapmerkies op die houtpaneel teen die muur.

‘Somebody who was also looking for hidden rooms and shit. I guess, with old places like this, one expects there to be some hidden secret room.’ Hy glimlag.

Heleen sit op haar hurke in die middel van die pentagram. ‘n Fronsie speel oor haar voorkop. Sy kyk om haar na die groot ster.

‘This is weird. Through all my research, I have never seen the pentagram numbered like this.’ Sy beduie na die vyf punte van die groot ster.

‘Also, this is a proper Wiccan pentagram. Look, the legs of the star crosses the circle. But those numbers…. I have never seen that.’ Op elke been van die ster, is ‘n enkel letter en ‘n getal. Bokant elke been is ‘n enkel syfer. Een tot vyf. Heleen hardloop af kombuis toe. Sy skink die koffie, en trek ‘n skryfblok en pen uit haar handsak.

Met ‘n stomende koppie koffie langs haar op die vloer, teken sy die pentagram versigtig oor op die skryfblok.

‘It might be nothing’ sê sy, maar Hugh is nie meer daar nie. Sy hoor hom vroetel in een van die ander vertrekke. Sy roep na hom.

Hy kyk oor haar skouer na die prentjie wat sy geteken het.

‘Looking at it like that, and bar the fact that there are no degree marks, I would venture a guess, that those are coordinates, my dear.’

Heleen kyk verbaas na hom, en dan skryf sy die syfers in ‘n ry.

‘You are fucking brilliant’ sê sy ‘Lets go, I want to see where this takes us.’

//

DAGBOEK VAN N TIENER

Ek is uiteindelik deel van ‘n coven. Dit is fantasties. Ons is nege lede. Tannie Wilma is die High Priestess en ‘n lang oom met grys hare is die High Priest. Hy is ongelooflik sterk. Daar is ‘n aura om hom, waaraan ek verslaaf kan raak. Ons is vyf meisies en vier seuns.

Ek is soms bang. Alles is so nuut. So vreemd. Tannie Wilma hou aan om my te vertel dat hierdie net die begin is. Soms maak die lang oom my ongemaklik. Hy kyk vir my borste.

ARTEMIS, QUEEN OF THE NIGHT, LADY OF THE HUNT, I CALL UPON YOU TO COME WITH YOUR BEAR AND STAG AND LEAD ME INTO NEW DIRECTIONS. GIVE ME STRENTH AND COURAGE TO FORGE AHEAD. HELP ME RUN THE PATH LIGHTLY, THAT I MAY PASS WITHOUT A TRACE, KNOWN ONLY TO THOSE I CHOOSE. BE WITH ME, MOON LADY, AND TEACH ME TO RELY ON MYSELF.

BLESSED BE.

//

‘Wie de fok is Lilith?’ vra Dirk ingedagte, en begin die naam in blikbrein in te voer. Marius is volgens Dirk heeltemal gereed vir aksie. Marius wil egter nog die ‘laaste afrondingswerk’ doen, soos hy dit stel. Dirk begin kriewelrig raak. Die afgelope maand was dalk vrugbaar vir Marius, maar Dirk voel asof die storie onder hom uitglip. Hy voel vannaand asof hy net weer die leisels moet optel. Hy krap rustig deur al Heleen se data in blikbrein se banke. Voor hom lê die nota wat Renier van der Berg aan sy seun geskryf het in sy laaste lewende oomblikke.

‘Geen idee nie’ antwoord Marius ‘ maar sy moes ‘n taamlike impak gehad het op die ou man. My siel gevat- is nou nie iets wat jy van jou buurvrou se nie…. byvoorbeeld’

‘Dis verseker’ beaam Dirk.

Dirk fluit deur sy tande. ‘Check hier’ Hy draai die skerm sodat Marius ook kan sien.

‘Eerste vrou van Adam….. wou nie onder wees nie…. nada…. nada…. gedemonialiseer….. moeilike tannie,’ prewel Marius as hy deur die Wikipedia artikel gaan.

‘Ok, maak nou nie saak wat jy sê nie, maar my pa het skielik vreeslik weird geword. Demone en hekse, ek is relatief ongemaklik hiermee.’

‘Wat my nog steeds pla, is waar het hy aan al die geld gekom? Die biblioteek hier agter is miljoene werd.’ peins Dirk.

‘Ek weet nie, maar soms wonder ek of dit nie is hoe hy ons geheimsinnige man afgepis het nie,’ Marius vryf oor sy ken.

‘Now, there’s a thought’ Dirk tel ingedagte sy foon op as dit skielik skril langs hom lui.

‘Dhooge!’ blaf hy.

‘Meneer Dhooge, dit is Anette Tait wat praat.’ kom die helder damestem deur die gehoorbuis. Dirk is dadelik agterdogtig. Sy selnommer lê nie sommer rond nie. Hy staan op.

‘Goeie naand Anette, waarmee kan ek help?’ vra hy huiwerig.

‘Meneer, het u ‘n man byname Koert de Jager geken?’

Die hele verwys na Koert in past tense, laat Dirk se gemoed in sy skoene sak.

‘Ek doen,’ erken hy afgemete, en sak terug in sy stoel. Hy hoor hoe die vrou sukkel om beheer oor haar stem te kry.

‘Hy is oorlede meneer’ kom haar stem hartseer. ‘Al amper twee maande gelede. Iets was net nie lekker nie. Hy was so ‘n go….’
‘Wag bietjie,’ val Dirk haar in die rede. ‘Wat het gebeur, watse datum en hoe laat?’ Hy voel die onheil opskuif deur sy bene.

‘Dit was ‘n Woensdagmore, net voor lunch. Hy het my nog gebel van die dorp af, en net daarna toe verongeluk hy… skaars tien minute van die huis af. Skopgraaf.’

‘Wat? Watse skopgraaf?’

‘Die polisie sê in hulle verslag dit was een van die munisipaliteit se grawe, maar dit was nie. Ek werk by die munisipaliteit. Dit het reg voor hom ingedraai, en hy het trompop daarin vasgejaag. Die bestuurder kon nooit opgespoor word nie. Dit was ‘n privaat laaigraaf.’

‘Weet jy aan wie dit behoort het?’

‘Ek weet ja, die mense verkoop allerhande ou parte vir trekkers en four by fours. Ek het die…. verskoon my net gou.’

Dirk hoor hoe sy die gehoorstuk neersit, en haar voetstappe, op wat klink na ‘n houtvloer, wat krakend verdof. In die agtergrond hoor hy haar mompel, en dan ‘n verskrikte gilletjie…… wanneer die skoot klap, knyp Dirk sy oë onwillekeurig toe..

Dirk sit verstard. Hy hoor die vloer weer kraak. Harder, definitief heelwat meer gewig, dan word die aansluiting verbreek.

Marius sit en kyk na hom met opgetrekde wenkbroue. Dirk vlieg so skielik regop, dat sy stoel agteroor tuimel en etlike meters ver skuif.

‘Pak, ons ry. Dadelik.’

Marius stribbel nie teë nie.

//

Marius ry hard. Dirk sit met die selfoon teen sy oor.

‘Dit is wat ek gesê het, kaptein. Haar naam is Anette Tait. Ek het fisies gehoor hoe sy vermoor word. Randfontein is nie ‘n massiewe plek nie. Haar kerel, ‘n man byname Koert de Jager, is ongeveer twee maande gelede oorlede in ‘n motorongeluk op die dorp.’

Koert was n nomade. In al die jare wat Dirk hom geken het, het hy nooit ‘n konkrete adres gehad vir hom nie. Shit! Hy het geen idee waar Anette Tait bly nie.
‘As dit sal help, Kaptein…. sy werk by die munisipaliteit op die dorp.’

Marius sien hoe Dirk die selfoon hardhandig by sy voete gooi.

‘Ek kan netsowel met ‘n fokken klip praat!’ skree hy. ‘Trap die ding Marius, ons moet ons gatte roer.’

Hulle gooi die BMW net voor 20H00 vol petrol in Uptington. Dirk vat oor, en hy ry die BMW ongenadiglik hard. 02H25, trek die swart BMW voor die polisiestasie op Randfontein in.

Agter die lang toonbank, sit-lê ‘n konstabel in ‘n stoel, sy ken op sy bors. Dirk maak keelskoon, en as hy geen reaksie kry nie, slaan hy met sy plathand op die toonbank. Die man ruk regop, en kyk verstrooid na hom.

‘Daar was ‘n moord vroeer van….’

‘Excuse me seh, english please.’

Dirk klem sy kake. Sy geduld word beproef.

‘There was a murder earlier tonight. I need the details. I phoned it in. It is a friend of mine. I need to know what happened.’

Die man kyk hom met ‘n leë uitdrukking aan.

‘There was no murder here tonight, seh. It has been very quiet. What time did this occur, seh’

‘Around six pm’

‘No seh, I came on duty then, and nothing was reported.’

‘I spoke to captain Reynecke, and reported it myself. How can you….’

‘There is no captain Reynecke here seh. The only captain we got here, is captain Benecke.’

Dirk vryf oor sy oë. Hy gaan hierdie man aanrand, en hom dood donner. Marius vat hom aan die arm.

‘Ons gaan nie regkom hier nie. Iemand op hierdie dorp moes hulle geken het. Ons sal maar net moet vra.’ paai hy.

‘Dis fokken half drie in die nag, Marius’

‘Excuse me, where is the local hotel?’ vra Marius aan die konstabel.

‘We have lots of hotels seh. You looking for a place to sleep?’

‘Actually, i would like to have a drink.’

‘Only place now, is Solly’s, out towards the plots. Lazar ave. It is an all…’

‘Thank you, we will find it.’ Marius stoot die groot man voor hom by die deur uit.

‘Hierdie pêl van jou, het hy ‘n dop gedrink?’ vra Marius

‘Hy was nie skaam nie’ antwoord Dirk, en hy versnel sy pas na die swart motor toe.

//

Hulle ry tweekeer verby Solly’s. Die vae flikker van ‘n neon teken, trek Dirk se aandag, en die taamlike verweer in die teerpad voor die plek, getuig van gereelde gebruik.

‘Dop hier in’ sê Dirk vir Marius. Hulle stop in ‘n stofwolk voor die groterige grasdak kompleks. Onder die bome rondom die voordeur staan nog ‘n paar verdwaalde bakkies, en in die flou lig van die neon teken, staan ‘n verinneweerde Mazda Midge.

Die kroegvertrek is rokerig. Twee groterige manne staan lusteloos en veerpyltjies in ‘n bord gooi. Beide nie meer te vas op hulle voete nie. Agter die toonbank, vee ‘n rooiop vrou langtand oor die taai oppervlakte voor haar. Die verweerde lappie in haar hand heeltemal te droog vir die taak wat voorlê.

Sy kyk onbelangstellend op as Dirk en Marius instap. By ‘n tafel in die hoek, sit ‘n driestuks mans. Hulle kyk onderlangs na die nuwelinge, en die grootste van die drie, ‘n reus van ‘n man , met ‘n ruie bos hare, en ‘n baard wat amper op die masiewe bors hang, fluister iets vir sy metgeselle.

‘Ons is eintlik al toe,’ skerm die rooikop. Haar stem skor. Sy moes iewers lank gelede mooi gewees het. Onder die perkament vel, is ‘n sterk kakebeen en hoë wangbene. Iewers het sy egter entoesiasties grondpad geloop.

‘Ons wil nie drink nie, ons soek eintlik net ‘n bietjie informasie.’

Die groot man by die tafel mompel duidelik genoeg vir Dirk en Marius om te hoor, hoedat groot manne net soveel verder het om te val grond toe. Sy blik rus op Dirk.

Dirk ignoreer die aanmerking.

‘n Vriend van my is onlangs oorlede hier op die dorp. Motorongeluk. Ek wil graag weet waar hy gewoon het. Ek het sekere privaat eiendom van hom, wat ek wil terug besorg.’
Die vrou trek haar wenkbroue op.

‘Sy naam was Koert de Jager.’ gaan Dirk onverpoos aan.

Daar is ‘n baie duidelike flikker van herkenning, as Dirk Koert se naam noem.
‘Sy meisie se naam is Anette, en dit is na haar wat ek opsoek is.’

‘Ek het nog nooit van hom gehoor nie’ lieg die rooikop, en kyk senuweeagtig in die rigting van die tafel. Die ou grote het intussen opgestaan. Hy druk ‘n sigaret agter sy oor in.

‘Hoekom dink ek jy jok vir my?’ vra Dirk terwyl hy die groot man dophou. Hy sien die effense weifeling in die man se bravado, as hy agterkom Dirk is amper ‘n kop langer as hy.

‘Ons praat nie uit hier nie’ blaf die groot man. Die stem dof en dom. Amper ‘n mompel.

‘Jy beter bly waar jy is, ouboet’ waarsku Dirk hom. ‘Ek gaan jou seermaak as jy met voorbedagte rade om daardie counter stap.’ Weereens sien Dirk die twyfel oor die groot gesig gaan.

Marius staan effens vorentoe. Dirk kyk na hom.

‘Nie n ideale eerste teenstander nie, boet. Hy is groot, en hy gaan ‘n vuilgat wees. Los hom vir my.’ fluister Dirk.

Marius ignoreer hom, en gaan staan tussen die twee groot mans. Hy lê ongeërgd met sy rug aan teen die toonbank.

‘Vat jou boyfriend net weg hier, dan donner ek jou sommer vinnig. Jy mors my drinktyd.’ Die dom stem effens uitasem.

‘Ons soek nie moeilikheid nie, ons wil net ons pêl se goed aflaai, en dan waai ons.’ Marius is kalm.

Die groot man gryp verbasend vinnig vir Marius om die keel. Hy is sterk. Dirk sien hoe Marius se voete van die grond af oplig. Die neandertal ruk die heelwat kleiner man onseremonieel uit die pad, en sit hom eenkant neer.

Dirk sien hoe Marius se lyf saamtrek as sy voete weer grond vat. Die groot man het skaars sy greep om Marius se nek verslap, wanneer Marius se styf gespande hand met soveel geweld die groot man se midrif tref, dat die lug hom hoorbaar verlaat. Dirk sien hoe Marius die vuishou op die teiken laat rus, om elke moontlike greintjie energie agter dit oor te dra.

Die krag van die hou laat die bebaarde man terug steier. Die verassing duidelik sigbaar op sy gesig.

‘Jy beter opvolg. Moenie dat hy herstel nie.’ waarsku Dirk.

‘Nee, ek wil hom nog bietjie verniel, dit is goed vir moraal.’ Marius glimlag en Dirk sukkel om sy trots weg te steek.

Die reus brul, en storm verwoed vorentoe. Marius systap, en slaan hom hoog in die nek. As die ou grote steier, gryp Marius die kant van die toonbank vas, en hy skop die ongebalanseerde man met beide voete voor die bors. Hy strompel vinnig agteruit, en as hy val, val hy netjies die tafel en sy ander twee makkers om. Dit vloek en skel, en beur om regop te kom, maar die groot man het sy bewussyn genadiglik verloor. Hy lê hulle vas.

Aan die anderkant van die toonbank, skuifel die rooikop grootoog tot regoor Dirk. Sy skuif ‘n verimpelde pakkie sigarette oor na hom toe. Dirk sien die stokkies regop handskrif slordig op dit geskribbel, en hy druk die pakkie in sy sak.

Daar hang ‘n swanger stilte in die vertrek. Dan draai een van die manne by die veerpyltjiebord om, slinger effens, en gooi ‘n netjiese bull.

//

Die stuk grondpad, maak dinge selfs vir die BMW se gesofistikeerde suspensie moeilik. A.N TAIT- ROSCOE, kondig ‘n helder geel bord hulle bestemming aan. Marius swaai behendig by die tweespoor pad in. Die xenons gooi hulle koue lig oor die stofpad en die laning bloekombome reg langs dit.

‘Daar is nie ‘n manier om hier in te sluip nie, so ons kan seker maar netsowel sien wat ons doen’ redeneer Marius, en gooi die ligte op skerp.

Die tipiese ou plothuis verskyn skielik voor hulle. Dit is stikdonker. Nerens brand ‘n lig nie. Marius rem skerp om nie deur ‘n blombedding te jaag nie.

‘Dit is net té donker’ mompel Dirk. ‘Hulle het die kragtoevoer gesny.’

Hulle klim uit, en sonder om te praat, draai hulle soos een man in die rigting van die kattebak.

‘Vat die R5, ek sal die haelgeweer vat.’ beveel Dirk en druk die kattebak se deksel oop.

Die metaalklanke van geweerslotte weergalm oor die werf. Die helder skerp knal van die R5, en die amper skurwe aksie van die pompaksie haelgeweer. Hulle beweeg in die rigting van die voordeur.

Dirk hou skielik sy hand op, en op die stoeptrappies staan beide mans ‘n oomblik stil.

‘Hier was moeilikheid’ sê Dirk eenvoudig.

‘Hoe so?’ vra Marius

‘Ek kan bloed ruik.’

‘Daardie deel, was nooit in my opleiding nie’ merk Marius droog op. Dirk sak af op sy hurke.

‘Binne,’ beveel hy net, en stap na die voordeur toe. Dit is nie op knip nie, en Dirk stoot dit geruisloos oop. Hy haal die groot Maglite uit sy gordel, en druk die kolf van die haelgeweer onder sy arm in.

‘Wees gereed met daardie wapen. Ons is te laat, as iets beweeg, skiet dit flenters.’ gebied Dirk. Die skerp straal speel deur die voorvertrek. Teen die muur lê ‘n tafeltjie onderstebo, die telefoon sonder gehoorstuk, reg langs dit. Dirk laat die lig oor die vloer speel. Geen teken van bloed nie, die vloer is skoon. Te skoon.

‘Iemand het sorgvuldig hier skoongemaak. Kyk die stof in daardie hoek. Hier is dit silwerskoon.’ Dirk beduie na die verste hoek van die vertrek toe.

‘As dit net nie so fokken donker was nie.’ mor Marius.

‘Wag net so bietjie. Toe ek met haar op die foon gepraat het, het sy gesê ‘verskoon my’. Ek dink die ligte het op daardie stadium af gegaan. Dit is winter, dit is al stikdonker teen sesuur. Kom ons kyk of ons die switchbox kan kry.’

Hulle kry dit tien minute later agter die deur in die gang. Dirk druk die groen arm op, en skielik is die voorhuis helder verlig.

Hulle sit elke ligskakelaar in die huis aan. Vertrek na vertrek fynkam hulle vir tekens van geweld. Niks.

Dirk stap weer uit buitentoe. Hy stel die flits se straal wyer, en laat dit om die stoep se trappies speel.

‘Hierso…. check, hier het ‘n voertuig hier oor die grasperk gery.’ Hulle volg die spoor, en reg voor die agterdeur is vier netjiese drukmerke in die gras waar die voertuig stilgehou het. Weereens sak Dirk af op sy hurke. Hy fynkam die gras om die vier merke.

‘Bingo’ sê hy net, en Marius stap nuuskierig nader. Hy gaan sit langs Dirk. Fyn, amper soos roeskolletjies, bedek ou bloed ‘n paar alleen grasspriete.

‘Ek het ‘n spesmaas Anette gaan nie Maandag by die werk wees nie.’ Dirk staan op en stap weer om die huis.

‘Ok, sy het weggestap in die rigting van die gang, want dit is waar die switchboard sit. Dit is plotte die, en hierdie is ‘n ou huis. Daar is altyd probleme met krag. Ek weet, ek het op so ‘n plek groot geword. So…. sy stap in dié rigting. Seker maksimum vier sekondes as ek moet skat…..’

Dirk loop weg van die telefoontafel, in die rigting van die gang. Hy tel vier sekondes af.

‘Wat beteken, as ons helde van die gang se kant af na haar toe gekom het, sy in hierdie area geskiet moes gewees he.t’ Dirk beduie om hom, en betrag die muur sorgvuldig. Dan kyk hy na die oorkantste gangmuur. Sy oë vernou.

‘Hier. Sy is hier geskiet. Kopskoot. Kyk, die muur is blink geskrop hier. Hoog op, skouerhoogte, sy was ‘n middelmatige lengte. Ons soek na ‘n emmer, of houer wat heelwat water kan dra.’

Marius draai weg, en stap kombuis toe. Dirk krap nog op die vloer rond, as Marius hom van iewers agter in die huis roep. Dirk haas hom soontoe.

In die spens langs die kombuis, beduie Marius na ‘n groterige sinkbad wat op die vloer staan. Die bodem het ‘n rooi skynsel.

‘Sy gaan nie by die werk wees nie.’ beaam Marius.

Dirk sak vooroor, en die muur waar sy kop was, versplinter. Die patroon skram weg, en gee ‘n gemartelde skreeu in die kombuis in. Die glasvenster bokant die stoof tuimel na binne, en ‘n kombuiskassie se deur versplinter as die skrapnel dit tref. Marius duik instinktief langs Dirk in die spens in.

‘Jissis, dit was close.’ fluister Dirk deur saamgeperste lippe. Hy ruk ‘n 9mm Glock uit sy gordel, en skiet die kombuis en spenslig stukkend.

‘Hoeveel ammunisie het jy vir daardie ding?’ vra Dirk en beduie na die R5 in Marius se greep.

Marius giggel in die donker. “Dit help om nog groen en bang te wees….. vier magasyne.’

‘Dit gaan ons vriend of vriende daar buite onaangenaam verras.’ Dirk glimlag.

‘Ek wed jou ‘n duisend rand, die polisie is betrokke by die fokop. Hoe lank is ons hier, ‘n halfuur?’ peins Dirk.

‘Jip, konstabeltjie bel die brass, die brass stuur die cavalry na Solly’s toe, en boemieboem, ons is in die kruishaar.’ beaam Marius.
‘Ek hoop jyt versekering op daardie BMW.’

‘Ummmm, my Outbonus is moertoe vannaand, is dit nie?’

‘Ek is amper seker. Kom!’ beveel Dirk.

Hulle kruip op hulle mae oor die donker kombuisvloer, tot in die gang. Daar is geen manier om ‘n skoot in te kry van buite af nie. Die gang het geen venster nie. Dirk spring op, en as hy voor die deur van ‘n kamer verby hardloop, klap ‘n tweede patroon in die muur vas, reg agter hom. Hy klap die groen arm op die bord af, en dan is alles donker.

‘Dit level so bietjie die playing field.’ grinnik Dirk as Marius by hom aansluit.

‘Hulle het klein kaliber pistole met knaldempers. Georganize…. en hulle wil nie aandag trek nie. Ek kan jou belowe hulle het die pad af hoofpad toe klaar afgeblok. Dit behoort nie te moeilik te wees met die bloekoms so naby aan die pad nie.’ Dirk kou sy onderlip.

‘So? Jaag ons deur die blokkade, of wat maak ons?’

‘Nee, ons hoop en bid hulle het nie nagvisie apparaat nie.’

‘Huh?’ Marius verstaan nie.

‘Ons sal te voet moet uitwriemel hier, en die blokkade gaan elimineer. Either een van ons sal hier moet bly.’

‘Vertrou jy my genoeg om die job te doen?’ vra Marius.

‘Ek doen’ antwoord Dirk eenvoudig.

‘Nou ma raait, hier gaan ek.’

‘Hou laag as jy by die deur uitgaan, en beweeg met spoed. As skote klap, weet ons hulle het nagvisie. Dan fokken skiet jy alle kante toe, en slaan dekking. Ek sal jou van binne af dek. Dan kom jy terug, sodat ons die fokop weer kan oordink. As jy inderdaad wegkom, maak seker die pad hek toe is oop. Is die BMW gesluit?’ vra Dirk.

‘Jip, mag van die gewoonte. Hier is die sleutel. Kry my by die hek.’

Dirk druk Marius se skouer, en as die jong man laag oor die stoep hardloop, gebeur niks. Dirk slaak ‘n sug van verligting. Die gemak waarmee hy oor die stoepmuur wip, en die spoed waarmee hy wegraak, laat Dirk se bors swel van trots. Nie bad vir minder as drie maande nie. Not bad at all. Al wat hy nou kan doen is wag.

//

Marius koes agter die BMW in, en sonder om momentum te verloor, slinger hy homself oor die grondpad, en tussen die bloekoms deur, tot in die salige dekking van die lang gras. Hy beweeg versigtig op sy hurke deur die veld, en maak seker hy verloor nie die pad uit sig nie. Hy skat die afstand hek toe op so rofweg ‘n kilometer.

Hy het skaars honderd meter gevorder, as hy in die duisternis links van hom, ‘n sigaret kooltjie rooi sien gloei. Dit beweeg op, en die gloed verhelder. Die bebaarde gesig van die neandertal by Solly’s is net vir ‘n oomblik duidelik, dan sak die kooltjie weer.

Jy gaan tweekeer in een nag op jou moer kry, dink Marius grimmig. Hy beweeg geruisloos tot in lyn met die voertuig se bak. Dit lyk soos n Landcruiser. Marius wonder of die man alleen is, en of sy maatjies by die hotel, die manne is wat so vrygewig bo by die huis ammunisie uitdeel.

Hy gaan dadelik tot aksie oor. Hy sluip laag agter om die Cruiser. Hy kom regop langs die neus van die voertuig.

‘Kouerig vannaand, nê’ sê hy, en as die groot man omruk, slaan Marius die kolf van die R5 weg in sy gesig. Die bebaarde man val sonder om ‘n geluid te maak agteroor in die lang gras in.

Marius vlieg om en ruk die deur van die voertuig oop. Die dakliggie gaan aan dieselfde oomblik wat die wapen, in die klein mannetjie wat in die passasierssitplek sit, ruk in die seningrige hand. Marius voel iets hoog deur sy skouer skeur, en is vir ‘n oomblik verbaas dat dit so pynloos is. Dan lig hy die R5, en trek die sneller diep in.

Die mannetjie se kop en skouer disintegreer as die sarsie hom tref, die geweld agter die koeëls ruk wat oor is van sy gebroke liggaam op, en pleister die toe venster bloedrooi. Marius spring in, die sleutel genadiglik op hulle plek, en die groot reguit ses spring onmiddelik aan die lewe. Sy ore suis. Die diep stem van die R5 in die kajuit van die voertuig was oorverdowend.

Hy draai die voertuig in die rigting van die huis, sy hande soekend na die hoofligte se skakelaar. Hy kry dit, en dan is die erf helder verlig, en hy trap die versneller weg. Hy kom skuins in ‘n bol stof agter die BMW tot stilstand. Dan skop hy die deur oop, en hy voel die vae styfheid in sy skouer, as hy oor die dak van die voertuig, die res van die magasyn leegmaak. Hy mik regs van die huis, waar die laaste skoot vandaan gekom het. Klik, hy ruk die magasyn uit, en ruk die nuwe uit sy gordel en stamp dit in plek.

Hy sien die flikkerligte van die BMW knipoog, as Dirk die ontsluitingstelsel aktiveer. Hy vuur die volgende sarsie links van die huis, en dan is Dirk by die kar. Marius vuur die laaste oorblywende patrone in die magasyn weer na regs, dan sien hy splinters uitslaan op die BMW se dak. Hy sien ‘n flits, heelwat meer regs as waar hy gemik het. Hy stamp die derde magasyn in. In die groot bakkie se hoofligte verander struike en bome van vorm, sommige tuimel grond toe….

Daar word nie weer geskiet nie. Marius hardloop, en hy duik by die deur van die BMW wat Dirk oopstamp in. Dan brul die swart kar, en skop stof op….. en hulle is vry.

‘Ouboet!’ skree Dirk, ek dink jy gaan jou Outbonus behou. Daai paar koeelmerkies gaan sommer uitbuff. Jissis, ‘n R5 laat my juices flow!!’ Dirk slaan Marius op die skouer, en hy krimp ineen.

‘Fok…. FOK!! Jys gewond!’

‘Vleiswondjie. Skouer’ kreun Marius, en dan verloor hy sy bewussyn en val skuins teen Dirk aan.

Word vervolg … 

2 Responses so far »

  1. 1

    Kokkewiet said,

    Jipppeeeee!! Dankie vir die ekstra een!

  2. 2

    Charms said,

    Nou weer die lang wag tot Maandag 😦


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar