My Beurt

Die afgelope tyd was daar nogal baie blog birthdays – vandag is dit myne. ‘n Jaar terug het ek ook besluit om te begin blog. Eers by Blogspot, en toe het ek in Oktober 2007 getrek WordPress toe, met ‘n hele paar bloggers op my hakke.

Ai, hoe het ons nie gegroei in die afgelope jaar nie! En nou bedoel ek nie ons blogs nie, ek bedoel ons as mense. Ons het mekaar leer ken, ondersteun, bemoedig, uitgek@k, en weer vrede gemaak. As ek terugkyk, kan ek nie glo ‘n jaar is alreeds verby nie. Ons het darem party dae vet pret gehad!

Daarom wil ek nie vandag my eerste possie aanhaal nie, maar die Koekverkoping… dit was vir my lekker…. onthou julle?

 

En die koeke op die basaar tafel is: (Drumroll please! Tadaaa……)

Antjiesomers  (dis jammer Antjie blog nie meer nie – sy was soos ‘n gypsy in my mind – maar iemand wat rerig ‘n verskil gemaak het in my lewe)

Boendoe (Onthou jy die sonde met die bokke wat jou tamaties gevreet het in Angola? Ek onthou daai foto’s van die perfekte tamaties op jou blog, en die volgende dag het die bokke dit opgevreet!)

Blommie (Dis nou ME, vir die wat nie weet nie)

Boer in Ballingskap (Jy is seker nou éérs dik vir ryskoekies?!)

Bosparra (Amper nog dieselfde, net met ‘n dikker vel!)
 

 Butterfae (Jy was ons eerste pregnant fairy, wat toe Bottertjie geword het)

 

Da Mario (G’n verandering nie! Ek het skaars geweet wie jy is, maar vinnig besef dat jy mooi girls like!)

 

Dellie (Op hierdie stadium het daar ‘n paar rotte in my huis rondgehol, wat my al my dae gegee het. Spike het hulle eventually uitgeroei.)

DD (No comment. Wag nog om ‘n verandering te sien.)

 

Ding (Ag, ek mis vir Ding! Hy kon darem aan mens se binnekant raak met sy woorde. Ek hoop dit gaan goed met hom en Dina.)

 

Eben (Jy het ons lekker jaloers gehad met daai prawns in Moz, né!)

 

Fairydust (Ook effens verdwyn, ek kry nog af en toe ‘n e-mail van haar.)

 

Grot van Genot – Karoles (Toe was jy nog in Nederland. Jy is terug in SA. Nou noem hulle jou Karools. Sterkte met jou winkel!)

 

Harvey (Blog-polisie – doen nou DD se blog)

 

Idiwidi en diewitdraak (Is jy nog met ons?)

Jaco (Eish, hierdie sal seker nie meer werk vir jou dieet nie! Beskou dit maar as “the good old times” en as jy lus word vir ‘n lekker steak, kom kyk maar na die prentjie. Sterkte met julle mission, wie weet, met my next b-day is daar dalk klein koekies ook by!)

 

Koeks (Lanklaas van jou gehoor, hoop jy lief nog chocolate koek)

 

Marat (Ek weet jy lief nog honkies!)

 

Platterfuss (Ai, dit laat my sommer verlang na jou Bushie)

 

Sonneblom (Nog dieselfde, pas mooi by jou sonneblom wat so mooi oorleef het?)

 

Sonstudio (Baie besig met jou musiekloopbaan. Ek is bevoorreg genoeg om een van jou eerste CD’s te besit. Ons is SO trots op jou, jy gaan dit nog ver bring. You go girl!)

 

SSSB (RIP)

Skoenlapr (Het nie ‘n idee of jy nog bestaan nie)

 

Sharks (Wat toe intussen Meermin geword het)

 

En hier sit ons nou ‘n jaar later. Vreemd hoe dinge verander, en tog dieselfde bly. Dankie julle, vir al die kuiertjies, die geselsies, en die vriendskappe wat ons al gesluit het. Dankie vir julle geduld, verdraagsaamheid, en die feit dat julle soms heeltemal verby my foute kyk. Dankie vir elkeen wat die moeite doen om hier te kom lees elke dag, en dankie vir die wat kommentaar lewer. Dankie dat julle dit vir my so lekker maak om sommer net hier te kom tjorrel oor die alledaagse dingetjies wat vir my saakmaak. Julle is meer deel van my lewe as wat julle besef.

Hier is die link na die oorspronklike possie.

22 Responses so far »

  1. 1

    sonneblomseplekkie said,

    Baie geluk Dellie. Hoop jy gaan nog baie jare hier blog. Altyd lekker om hier te kom kuier 😉
    Groetetjies
    Sonneblom

  2. 2

    Adrie said,

    Baie geluk Dellie

    Ek hoop jy het klaar jou tande gesny en is al gepottytrain.

  3. 3

    Zee said,

    ♪♫ Veels geluk ♫♪

    Dellie, wat ‘n oulike post, jy weet darem net hoe hoor!

  4. 4

    Paula said,

    Geluk Dellie.
    Mag daar nog baie jare van blog vir jou voorlê!

  5. 5

    Jaco said,

    Baie geluk Dellie met jou blog se verjaarsdag. Ons hoop van harte die proeflopie is nou verby en dat jy nou ernstig gaan begin blog 😉

  6. 6

    Emil said,

    Geluk man. Dit is ‘n voorreg om ook jou blog te leer ken – en so ‘n ietsie van jou. Ek kan skaars onthou hoe ek hier beland het toe ek begin blog het in Feb. Seker, soos in die meeste gevalle, bloot per ongeluk.

    My gunsteling stukkie kuns is nog “How do I love thee”.

    Hou aan / gaan aan.

  7. 7

    Pikkelik said,

    Baie, baie geluk Dellie!!! Jou blog is heerlik en ek sou wragtig nie reggekom het sonder jou raad nie… 😆

  8. 8

    netjane said,

    Baie geluk! Lyk my die winter het die mense dol gehad laasjaar – almal het begin blog.

    Ek lees baie graag hier, so moenie ophou nie!

  9. 9

    krista said,

    ♪ Happy birthday to the blog!!! ♪

    Ek lees net so lekker hier, so moenie skip nie, hoor! 😎

  10. 10

    boendoe said,

    Ai, jong, baie geluk. Ja, ons het ‘n entjie gekom van rotte en bokke af, ne?!

  11. 11

    demoerin said,

    Happy Happy! Wense vir nog jare meer!!

  12. 12

    Baie, baie geluk. Ek is baie bly ek het jou hier op die blog “ontmoet”. vele verjaardae nog vir dellie se dinge. xxx

  13. 13

    Wipneus! said,

    Baie geluk Dellie, ek lees lekker hier.

  14. 14

    maxie said,

    Geluk!

  15. 15

    Jasper said,

    Happy blog day to you….
    happy blog day too you….

    you look like a fairy

    and you type like one too!!!

  16. 16

    alta said,

    Baie, baie geluk Dellie. Hoop jy het n wonderlike dag beleef!

  17. 17

    alta said,

    Bedoel nou blog daggie!

  18. 18

    meermin said,

    Baie geluk!

  19. 19

    Gebore, geblog,

    Geluk, genade,

    Geseend, geniet,

    Gegroet….!

  20. 20

    Bottertjie said,

    Aai, hoe het die tyd gevlieg! Happy, happy, hoor! Ek het begin blog terwyl ek swanger was laas jaar en kyk nou net: my kleintjie is al amper 10 maande oud!
    Lekker dag! Mis julle baie!

  21. 21

    Carolina said,

    Dellie,

    Happy birthday!!
    Geniet dit rerig om jou blog te lees! Al het ons nog nie in die rerige lewe ontmoet nie, voel dit of ek jou al jare ken! As ek daar ver is en lekka “homesick” is, lees ek jou blog en voel dit asof ek in SA is! Dankie dat jy deel in ons lief EN leed! (My opgewondenheid dat ek gaan ouma word, het jy nog meer spesiaal gemaak met jou gelukwensing op jou blog!!) DANKIE jy is ‘n mense mens!! Jy is spesiaal!

  22. 22

    Eben said,

    Ek is weer laat met geluk se!!! Baie geluk vriendin.

    Dis my absolute voorreg om jou ook hier te kom leer ken. Dankie ook vir al jou lekker geselsies en ook sommer raad gee!!

    Mag jy sommer lank in onse midde wees 😉


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar op Carolina Kanselleer antwoord