Archive for Junie 26, 2009

Vrydag se antwoorde

Nommer een – Jelly en room:

wdf issit 18

wdf issit antwoord 18

Nommer twee – ‘n Brake pad:

wdf issit 19

wdf issit antwoord 19

Nommer drie – Blomkool woefie

wdf issit 20

wdf issit antwoord 20

Raait, nou gaan ek wildspasteitjies bou. Ek hoop dis darem eetbaar op die ou end. Dankie vir die saamspeel en giggels hierdie week. 😉

Beslis word daar nie hierdie naweek gebraai nie – inni bed met ‘n lekker boek of DVD klink hemels vir my. Watookal jy doen, enjoy!

Comments (6) »

Nog een

Lyk my die koue hou julle breine wakker en skerp! Maar hierdie ene van Demoerin gaan smokkel met julle koppe, daarvan is ek seker!

wdf issit 20

Dis die laaste een vir vandag – ek sal die antwoorde 4 uur post, maar die punte eers Maandag. OK?

Comments (186) »

Next …

Die volgende ene het Betsie gestuur – sy sal dalk vir ‘n wyle nie hier kan wees nie, maar het ‘n plan gemaak sodat sy darem so af en toe ‘n punt kan verdien. Slim vrou!

wdf issit 19

Comments (92) »

Vvvvreeslike koue Vrydag

Jinne mense, is dit rerig oral so koud? Die weer is heel onderstebo hierdie jaar – voel kompleet of ons inni Kaap bly somewhere – ons is mossie gewoond aan reën inni winter nie, maar ons kry dit in oorvloed hierdie jaar. En hier op die vlaktes waar ons bly, is daar nie eers berge om die wind te keer nie. Miskien kry ons sneeu hierdie jaar  – dit sal darem die koue die moeite werd maak. Dit lyk dan so mooi.

As jy ‘n laptop het en dissie nodig vir jou om te gaan werk nie – bly inni bed! Dis nou een plek waar ek vandag baie graag sou wou wees – met ‘n lekker boek, blogs om te lees, of ‘n nice DVD. En BAIE koffie of Milo. Of al die genoemde, met room …  More … dis my plan vir more! 😉

Hier is vandag se eerste foto:

wdf issit 18

Go! Daai vingers moet warm word, en die enigste manier is om hulle te laat dans oor jou keyboard. 😆

😳 Vergeet ek skoon om te sê – E101 het die foto ingestuur …

Comments (162) »

Mushroom

Ten spyte van my en Koekie se stilstuipe, dwaalspore en dies meer, het die meeste van julle sommer vinnig reggeraai. Met E101 eerste – en ‘n bonuspunt! Ek hoop dit maak op vir die werk wat jy moet inhaal oor die naweek! 😉 Jy sal moet oefen aan jou tab-hopping …

Parkes, jy begin my ernstig bekommerd maak oor die goed wat jy oorweeg om te eet. 😯 Jou mop? 😆 En Betsie het ook sekergemaak sy raai ALLES, die petrolprys en ESKOM inkluis! 😆

Natuurlik lyk dit toe so …

Vergroot:

wdf issit 17

Onvergroot:

wdf issit antwoord 17

Punte:

wdf issit score board 11

Eerste foto post ek nege uur – dis Vrydag, en ons gaan mos twee deurwerk vandag. Volgende ene so net na twaalf, en die antwoorde vier uur.  Anders slaap niemand die naweek nie … :mrgreen:

Comments (4) »