Archive for WDF issit

Hey hey! It’s Friday!

Hier is gister se antwoorde:

Sneeuvlokkie

CD wat in die mikrogolf was

Vir die van julle wat dit dalk self wil probeer, gaan kyk hier – die word stap vir stap verduidelik. Ek neem net geen verantwoordelikheid vir die nagevolge nie!

Oraait, ek verstaan Bosparra doen so bietjie maintenance of iets … die Parra’s kan maar hier saamspeel as julle verveeld is vandag. Hier is nog drie om oor te raai.

Nommer 1

Nommer 2

Nommer 3

Geniet die naweek, en GO GO BULLS!

Comments (19) »

Party time!

Dis seker tyd dat ek ook weet bietjie ietsie post, anders gaan daar niks van ons simbiose oorbly nie, en die status quo moet natuurlik gehandhaaf word … ek kon ongelukkig met niks oorspronkliks vorendag kom nie, so lees maar die weer as jy dit al per email ontvang het. :mrgreen:

Dinge wat MOEILIK  is om te sê wanneer jy dronk is:

Innoverend

Preliminêr

Verspreiding

Kaneelsuiker

Dinge wat BAIE MOEILIK is om te sê wanneer jy dronk is:

Spesifiseer

Anit-konstitusionalisties

Passief-agressiewe afwyking

Transsubstansieer

Dinge wat frigging ONMOONTLIK is om te sê wanneer jy dronk is:

Nee dankie, ek is getroud.

Nee, niks meer vir my om te drink nie.

Jammer, jy is nie my tipe nie.

‘n Hamburger? Nee dankie, ek is nie honger nie

Goeienaand Offisier, heerlike aand, ne?

O nee, ek kan nie! Niemand wil my hoor karaoke nie!

Ek stel nie belang om met jou te baklei nie.

Dankie, maar ek wil nie dans nie. Ek het nie koordinasie nie, en wil nie soos ‘n idioot lyk nie.

Waar’s die naaste toilet? Ek weier om in die parkeerterrein of langs die pad te pp

Nee, ek bel nie my vriende die tyd van die nag nie.

Ek moet nou huistoe gaan. Ek werk more.

😆

Wat sê julle van ons raai weer bietjie oor ‘n foto? Hier’s hy …

En sommer nog een …

Geniet die naweek, en hou die lysie byderhand … as jy begin sukkel met die tweede deel, gaan maar eerder huistoe … 😆

Comments (73) »

Die storie van die poppe …

Dit was ‘n pragtige somersaand met die son wat in skakerings van oranje, geel en rooi in die verte wegsak. Die braaivleis vuur was aangesteek en oral het mense in groepies gestaan en gesels en lag. Kinders was soos armoede – oral tussen ons.

Die musieksentrum was buite, en  die dapperstes wat kan dans sonder om eers versterkings in te kry, het al passies begin maak. ‘n Paar siele het in die swembad rondgeplas – dit was immers Januarie, en vrek warm in die Vrystaat.

Een klein dogtertjie en haar maatjie het hulle eie gaste saamgebring … jip, die twee poppe. En die viertjies was onafskeidbaar. Daar was gedrink en geëet, en oral het die twee poppe meegedoen.

Hoe later hoe kwater, en ons is mos nie bekend daarvoor dat ons iets half doen of gaan slaap voor die winkels toemaak (of soms oopmaak) nie.  Die kinders het een vir een minder geword, terwyl die familiebed in die sitkamer voor die TV al hoe groter gegroei het.  Natuurlik moes daar ook plek gemaak word vir die twee poppe – maar sommer op een van die banke wat nie beset was nie.

En toe raak dit speeltyd vir die grootmense … en dis net daar waar die drama begin het. Teen daai tyd was almal al redelik vrolik, en sommiges sommer net helemal laf. Twee van die lafstes het vir Chucky en sy bruid (of Chucky se fattup suster en mofgat boetie) 😆  geneem vir ‘n dans … maar dit was ‘n rowwe gedoente, iets tussen jive en wals en breakdance – ek dink daar was ‘n leeuloop ook betrokke – en eventually het die hele spulletjie in die swembad opge-eindig.

Eers was almal histeries van die lag, en toe besef ons – die poppe! Die goed is papsopwinterwaternat! En twee jonge dames gaan nie gelukkig wees as hulle moet huistoe gaan met nat maaikies nie.

Toe begin operasie ‘pop droogmaak’. Eers is die arme goed aan die kop en bene beetgekry, en uitgedroog soos afdrooglappe. Dit het nie veel gehelp nie. Volgende is hulle toegedraai in handdoeke, en gedruk sodat die meeste water kan uitkom. Dit het nogal gehelp, maar hulle was nogsteeds nie droog nie. Intussen was die vuur nog so effens aan die gang, en iemand kry toe die blink idee om die tweetjies daar langs die vuur sit te maak sodat hulle kan uitdroog. Sou hulle net so af en toe omdraai. Alles wel, en die party gaan voort.

Erens tussen middernag en 2 uur die volgende oggend, het dit koeler begin word. Toe word daar besluit dis die ideale tyd vir ‘n kampvuur en ‘n song. Maar ons is nat en koud en die vuur is toe nie meer so lekker lewendig nie. En die poppe voel sowaar al mooi droog … maar niemand dink daaraan om hulle weg te vat nie.

Ek weet rerig nie wie dit was wat die bright idee gekry het om weer hout oppie dooie kole te pak en petrol daarop te gooi nie … maar nog voor enigeen kon keer, maak dit net so woooossshhh!!  … en die twee is in ligte laaie …

Almal staan seker vir ‘n goeie 2 minute bewegingloos en staar na die konsternasie voordat iemand hulle gryp en weer inni swembad gooi om die vlamme te blus …

Ek het nie ‘n idee hoe, wat en waarom verduidelik is aan die twee jonge dames nie … maar toe ons die volgende naweek daar kom, pryk die twee inni tuin! 😆

Comments (8) »

Raai raai riepa

Dis alweer Vrydag! En gister was glo Guy Fawkes … ekt skoon vergeet daarvan. Niks gehoor in ons buurt nie. Was daar ‘n geraas by julle?

Gisteraand sit ek en laai foto’s van ‘n memory card af. Dit was nog al die tyd in die ou kamera wat se lens nie wil oop nie, omdat dit vol see-sand is. En ek kom net nie so ver om die ding te gaan ingee erens om reggemaak te word nie.

Anyways, ek ontdek toe ‘n paar vreemde foto’s waarvan ek al vergeet het.  Toe ek hierdie sien, onthou ek hoeveel pret ons gehad het met die wdf issit en please explain the image foto’s. En toe reken ek, hoekom maak ons dit nie ook pret nie?

Verduidelik vir my hierdie – wat dink jy het gebeur? Dan kyk ons wie kom die naaste aan die regte storie – want die ene ken ek! 😆 Jy kan natuurlik ook maar heel simpel wees en jou verbeelding vrye teuels gee … dit moet fun wees afterall!

065

066

067

GO GO GO – en kom maak sommer ‘n draai inni Kroeg vir ‘n loopdop! Geniet die naweek – ruk af jou bra en al daai, en dit wat Demoerin ook altyd sê  !  😆

O ja – en hierdie storie by Die Werf MOET julle gaan lees! Skreeusnaaks!

Comments (20) »

En toe nog …

Ek het my wind uit gelag met die voriges …. julle weet hoe werk dit …

1

1


2

2


alien

3


ballet

4


bread pitt

5


copcar

6


elephant_slide

7


bath

8


evil

9


goat_ftw

10


horse

11


kfc

12


music

13


featherhead

14


hotdog

15


war

16


kids-look-away

17


toilets2

18


fire

19

play dead

20

GO GO GO !!

Net nog een ding – weet iemand wdf is hierdie?

large_4987a56

Comments (56) »

En toe …

Miskien het julle al van hierdie gesien … kom ons maak dit prettig. Jy kies  ene, en verduidelik vir die res van ons hoe daar opge-eindig is op daai kodak moment …

UPDATE:

Ek het Sharpshoot se comments onder elke foto gesit sodat dit makliker is om te lees. Thanx Sharpie – briljant! 😆 Uhm – en voordat ek nou weer beskuldig word van voortrekkery … lees maar self … 😆

bus ride
1

Nommer 1 is heel duidelik wat gebeur as mens jou hare te veel met Organics was. Die groen skynsel is natuurlik van die appel geur af….
Kyk, even daai ou met die bosbaard langs die vrou met die Organics hare is naar….. jy kan sien hy kots in ‘n papiersak – al is sy baard bietjie in die pad.

doritos
2

Nommer 2 – IMO – Doritos is mos ‘n party snack – en die ou wat daai prentjie geteken het is EINTLIK MOERSE clever – en vreeslik bedagsaam;
a) Dit kan beteken dat Doritos so lekker is dat mens Die Riel of die Moemf-Vastrap sal wil dans.
b) Pasop om nie te veel chips te eet as jy suip nie – want dan sal jou pelle jou in die nuts moet skop om die Heimlich the doen as jy verstik.
c) Laaste maar nie die minste nie: As jy te veel van die chips eet gaan jy so dors word dat jy TE veel gaan drink – en dan gaan jy ‘n babbelas hê die volgende oggend wat gaan voel of iemand die HELE vorige aand op jou genitals gedans het.

GERMANY/
3

Nommer 3:
Dis die moderne – “I’ll scratch your back and you scratch mine”
en dit werk so: “I’ll stick my finger down your throat so you can get rid of that last meal, and you do the same for me”
Dis eintlik maar net die supermodelle se skuld…. almal wil nou deesdae plankdun lyfies hê.
Skokkend.

image001
4

Nommer 4 – Dis waar al die fietse wat deur die Bermuda Triangle ingesluk word heen gaan.

chicken man
5

Nommer 5: Dis mos nou vanselfsprekend….. Dis Ko!bus Van die Hoenderman-faam se eerste foto saam met sy pêllie – Harry. Sien hier: http://www.youtube.com/watch?v=V2nNjF8d7gE
Net hierna het hulle Namibië toe getrek.

helmet
6

Nommer 6: Ek het nie gedink die foto het die vuur oorleef nie… Dis een van die bekende Nederlandse Firefighters – Mens kan duidelik die Hard-Hat, Wood-Toe-Shoes en die Brandblusser wat soos per tradisie in die Luipervel Sakkie gebêre moet word.
Ek sê Nederlands want die sokkies gee hom weg….. kan natuurlik Duits ook wees – maar hulle dra eerder hul brandblussers sonder die sakkies.

image012
7

Nommer 7 is ‘n Keeper: Dis die Chinese Briel-susters!
Hea-no Eval, Sea-no Eval en die nimlike Doa-no Eval!
Die sussies het treffers soos “I Ca Do Doa Do A Dear” en “Foo-king ina da Rayn” maar hulle het weghol sukses gesmaak met “I wanna sucka ona ya Lollipop”

explainme
8

Nommr 8 is sommer net simpel – waar in jou lewe het jy al Jellievisse met Baba-gesigte gesien!? Die Japanese vat die Tamgotchi nou daai een stappie te ver!

image002
9

Nommer 9 is China se antwoord of die fenomeen wat so rukkie terug sy kop (lees gat) hier in SA en in verskeie state van Amerika uitgesteek het – jy weet – daai een waar die “Dude/ Homies/ Brothas” hulle boxers so bo die broek laat uitsteek?
Wel, die Chinese girls, wat bekend is daarvoor dat hulle hul oë altyd op ‘n skrefie hou mbt Westerse kultuur het besluit om hul eie spin op daai “Onderklere-Steek-Bo-Die-Klere-Uit” fashion-statement te doen – die foto spreek b(r)oek(ie)dele.

norway - ice
10

Nommer 10: Nou ja – in kru Afrikaans: As jy jags is moet jy ‘n dratie gaan ‘kap” in die sneeu!
Willem het duidelik soos ‘n Feral Animal in heat gepraat en Susan het hom uit gestuur om te gaan afkoel….. Die byl is saam vir ingeval dit ysbeer paar seisoen is – Kap af sy tottie!

11
11

Nommer 11: Die Huilgenoot artikel oor die affair wat die Tooth Fairy en Mary Poppins gehad het is toe al die tyd nie ‘n leuen nie!!! Die foto van Molar Ppoppins (seun van Mnr. T. Fairy en Me. M. Poppins) is geneem by die jaarlikse Cavity Umbrella Race in Supercalifragilisticexpialidocious, Gauteng Oos.
Net na Molar se geboorte het Tooth en Mary weer saamgewerk op die treffer: “A Spoon full of Sugar” – maar Tooth is net daarna uit die Dental Society geskop want alhoewel ‘n “spoon full of sugar” die medisyne laat afgaan – maak dit ook die tande vrot.
Mary is net daarna daar weg met al Tooth se geld – en het haar groot treffer, “The Hills are alive” opgeneem! Mense bespiegel steeds dat sy Tooth se geld aan die einde van die reënboog begrawe het…. Die Polisie ondersoek (steeds) die saak maar Inspekteur Leonard Chuene was nie beskikbaar vir kommentaar nie – hy sluk nog swaar aan die Caster Olie…

image017
12

Nommer 12:
Duidelik kan die gevalle Mnr. en Me. Tand Muis in die foto gesien word – Nadat Mary met Tooth se geld weg is het Tooth ‘n smerige affair met ‘n Muisie genaamd Rot gehad. Voorbehoeding was daar nie – en die Muisie word toe pregnant…. Tooth skree “ek ruik ‘n Rot” en hy is sy tweede vrou en kind in ‘n paar jaar kwyt!
Tand kon nie die vernedering van sy pa se gesuipery en sy ma se cheesy breath hanteer nie – en het verval in ‘n maalkolk van drugs en losbandigheid…. die foto van Tand in Drag is geneem op die 21ste jaarlikse Mice in Drag festival in Svalbard. Let op die tandeborsel…. Dis met daai borsel wat die tandmuis jou besoek as jy suip en dan gaan slaap…. vandaar die kak smaak in jou mond die volgende oggend.

image031
13

Nommer 13: Die ou het duidelik ‘n Boot-fetish….. Of hy het ‘n Boot in die gesig gekry. Dit kan ook ‘n geval van Bootse-Masels wees. Of Water-Bootsies. Dit kan dalk ‘n opvolg op Hoenderman wees – genaamd Boot-man. Oorspronklik.

Dalk is dit net ‘n Boot-koppie met ‘n rubber-nekkie…

image038
14

Nommer 14:
Dis hoe dit lyk as Lewis Hamilton gedrink het die vorige aand – een moerse F1 Race in die drive-way gehou. Of dit kan die Aliens wees…. maar dis f-ed-up – weet hulle dan nie karre like nie van op hul sye slaap nie. Freaks!

private sign
15

Nommer 15: WFT!? To read or not to read!
Lyk daai ou daar agter nie bietjie verdag nie? Dink julle hy is ‘n slawedrywer?
Wat dink julle, sê sy kinders ook vir hulle pêlle: “Bliksem Koos – my pa is ‘n regte slawedrywer!”
Ek sweer dis daai selle etter wat daai “Private sign” daar opgesit het. Is daai Private sign dieselle soos “No Entry – Private Drive-way”?

save surfing
16

Nommer 16: Duidelik is daai hin “Iemand” in hin “Internet-Cafe” wat hin “celeb” is, en nie wil hê mense moet sien hy sit en kyk Porn nie. Of sy asem stink….

Comments (46) »

Dit was nie ‘n piesang nie

Vergroot:

wdf issit 53

Onvergroot:

wdf issit antwoord 53

Comments (7) »

Why woman are crabby

We started to ‘bud’ in our blouses at 9 or 10 years old only to find that anything that came in contact with those tender, blooming buds hurt so bad it brought us to tears. So came the ridiculously uncomfortable training bra contraption that the boys in school would snap until we had calluses on our backs.Next, we get our periods in our early to mid-teens (or sooner). Along with those budding boobs, we bloated, we cramped, we got the hormone crankies, had to wear little mattresses between our legs or insert tubular, packed cotton rods in places we didn’t even know we had.

Our next little rite of passage (premarital or not) was having sex for the first time which was about as much fun as having a ramrod push your uterus through your nostrils (IF he did it right and didn’t end up with his little cart before his horse), leaving us to wonder what all the fuss was about.

Then it’ was off to Motherhood where we learned to live on dry crackers and water for a few months so we didn’t spend the entire day leaning over Brother John. Of course, amazing creatures that we are (and we are), we learned to live with the growing little angels inside us steadily kicking our innards night and day making us wonder if we were preparing to have Rosemary’s Baby.

Our once flat bellies looked like we swallowed a watermelon whole and we pee’d our pants every time we sneezed. When the big moment arrived, the dam in our blessed Nether Regions invariably burst right in the middle of the mall and we had to waddle, with our big cartoon feet, moaning in pain all the way to the ER.

Then it was huff and puff and beg to die while the OB says, ‘Please stop screaming, Mrs. Hearmeroar. Calm down and push. Just one more good push (more like 10),’ warranting a strong, well-deserved impulse to punch the
%*#!* (and hubby) square in the nose for making us cram a wiggling, mushroom-headed 10lb bowling ball through a keyhole.

After that, it was time to raise those angels only to find that when all that ‘cute’ wears off, the beautiful little darlings morphed into walking, jabbering, wet, gooey, snot-blow ing, life-sucking little poop machines.

Then come their ‘Teen Years.’ Need I say more?

When the kids are almost grown, we women hit our voracious sexual prime in our early 40’s – while hubby had his somewhere around his 18th birthday.

So we progress into the grand finale: ‘The Menopause,’ the Grandmother of all womanhood. It’s either take HRT and chance cancer in those now seasoned ‘buds’ or the aforementioned Nether Regions, or, sweat like a hog in July, wash your sheets and pillowcases daily and bite the head off anything that moves.

Now, you ask WHY w omen seem to be more spiteful than men, when men get off so easy, INCLUDING the icing on life’s cake: Being able to pee in the woods without soaking their socks…

So, while I love being a woman, ‘Womanhood’ would make the Great Gandhi a tad crabby. Women are the ‘weaker sex’? Yeah right. Bite me.

So waar né? 😆

Foto vir vandag:

wdf issit 53

En kom kuier bietjie in die Kroeg as jy ‘n kansie kry – dis mos Vrydag.

Comments (19) »

Deurmekaar

Genade, askies tog! Ek dink ek het Woensdag heel gemis hierdie week – want vandag is toe Donderdag. :mrgreen:

Vergroot:

wdf issit 56

Onvergroot:

wdf issit antwoord 56

Ek sal more weer ‘n foto post – die week is effens deurmekaar.

kantoor

Comments (3) »